Dodetal in Jhb-brand styg verder

(Foto: Michele Spatari/AFP)

Minstens 73 mense is in hierdie stadium dood en nog 52 is beseer nadat ʼn brand vroeg Donderdagoggend in ʼn gebou in die Johannesburgse middestad uitgebreek het.

Die dodetal het sedert Maroela Media se aanvanklike berig oor die brand reeds met meer as 50 gestyg namate nooddienswerkers nog verkoolde liggame uit die puin herwin.

(Foto: Twitter/
@Kommander_Josh)

Die vyfverdiepinggebou in Marshalltown het in die vroeë oggendure aan die brand geslaan.

Brandbestryders en nooddienspersoneel is omstreeks 01:30 na die gebou op die hoek van Albert- en Delversstraat ontbied.

Volgens Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddiens, kon brandbestryders vroegoggend diegene wat nog in die gebou vasgekeer was, na veiligheid bring. Onder die oorledenes is minstens een kind van tussen een en twee jaar oud.

Van die beseerdes is vir rookinaseming behandel, terwyl ander ligte beserings opgedoen het.

Mulaudzi het bevestig dat die brand geblus is en dat nooddienswerkers nou met herwinningsbedrywighede begin het.

“In hierdie stadium word die oorsaak van die brand nog ondersoek. Amptenare van Stad Johannesburg se rampbestuur is geaktiveer om hulp vir geraakte gesinne te begin fasiliteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Manie ·

Talle tragedies van die afgelope aantal jare kan vierkantig voor die regering en hulle beleid van agteroor sit gelê word. Die gebou was onwettig betree en bewoon en die owerhede sit hande gevou. Onwettige besetting van geboue is ‘n yslike probleem.

TrueMan ·

Asook die hele houding van alles verniet wil he. As die inwonders wettige verblyf gehad het sou dit ook nie gebeur het nie. Maar nou word groot geboue oorgeneem, op so n mate dat die eienaars van die geboue opgee.

SwartBees ·

Moenie bekommer nie, n paneel sal aangestel word om die oorsaak van die brand te bepaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.