‘Drakoniese’ regulasies oor kwarantyn moet gewysig word

Die Nababeep-kwarantynfasiliteit in die Noord-Kaap.

Drakoniese regulasies wat bepaal dat Suid-Afrikaners wat vanaf buurlande en die buiteland gerepatrieer word vir 14 dae in kwarantyn geplaas word, moet sodanig gewysig word dat mense die keuse het om, indien hulle dit kan doen en bewys daarvan kan lewer, selfkwarantyn toe te pas.

Philip van Staden, die VF Plus se woordvoerder oor gesondheid, sê Suid-Afrikaners wat gerepatrieer word, het sedert die aanvang van die staat van inperking telkens by geriewe opgedaag wat nie geskik is vir mense of aan gesondheidstandaarde voldoen nie.

“Die jongste voorval by die Mercure-hotel in Nelspruit waar mense nie toegelaat word om deur private instellings vir Covid-19 getoets te word nie, is ʼn voorbeeld van die ANC-regering se magsugtige regulasies. Die VF Plus het reeds die afgelope Maandag die voorval onder die departement van gesondheid se aandag gebring en daar word tans deur die departement met die provinsiale regering van Mpumalanga oor die aangeleentheid geskakel,” het Van Staden gesê.

“Mense kan nie vir 14 dae aangehou en private toetsing geweier word nie. Sodra mense by grensposte aankom, moet hul temperatuur geneem word en sodra hulle by die betrokke geriewe opdaag, moet hulle getoets word. Indien hulle negatief toets, moet die dokter by die gerief hul vrylatingsdokumente uitreik en onderteken. Om mense aan te hou en weier dat hulle getoets word, hetsy deur die staat of privaat, is ʼn gruwelike skending van menseregte.”

Van Staden sê diegene wat self kan isoleer of kwarantyn kan toepas, moet toegelaat word om dit te doen. Diegene wat nie kan nie, moet by instellings geplaas word wat nie hul menseregte skend nie.

Die Zithabiseni-kwarantynkamp.

“Om mense in ontoereikende geriewe te plaas, hulle soos gevangenes te behandel, hul medikasie te weier of oneetbare voedsel aan hulle te verskaf, maak die deur oop dat die regering hom weer ʼn  keer kan vasloop teen die gereg net soos in die Zithabiseni-geval, ook in Mpumalanga, waar die hof die gerief gesluit het.”

Van Staden het gesê die manier waarop die Suid-Afrikaanse regering mense behandel wat gerepatrieer word, is skandalig.

Die burgerregtegroep AfriForum se dringende aansoek dat die kwarantynregulasies wat selfisolasie verbied, opgeskort word, is vroeër vandeesmaand toegestaan. Diegene wat dus doeltreffende kwarantynmaatreëls vir hulself kan tref as hulle positief vir Covid-19 toets, word nou toegelaat om dit te doen.

Dit geld egter net vir mense wat nog heeltyd in Suid-Afrika was en dan positief vir Covid-19 toets.

AfriForum het ook met regstappe begin om oplossings te probeer vind vir diegene wat van die buiteland na Suid-Afrika terugkeer en verplig word om die 14 dae in kwarantyn in ʼn staatsfasiliteit deur te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Burgermeester ·

Ek het gisteraand na squirrel se toespraak geluister en geglimlag toe hy só spog dat daar iets soos ‘n duisend kwarantynfasiliteite is. Ongelukkig het hy nagelaat om te sê dat dié fasiliteite nie aan gesondheidstandaarde voldoen nie.

Anel ·

Dit is net om ons te wys dat ons onder komunistiese bestel is. Ons sal maak soos hulle sê. Ons het geen regte meer nie.

OW ·

Nee my niggie,ons het nog baie regte,al moet ons dit dan afdwing.Ons kan net dankie sê dat ons nog intellektule kapitaal het wat die regering kan dwing om wanpraktyke aan die lig te bring.

Mallie ·

Dit is tyd dat ons begin om op te staan vir die behoud van ons en ons kinders.

Michael ·

Mallie ek hoop nie jy verwys na wit mense nie, die meerderheid van hulle dink rampokker is hul verlosser-so daai tyd gaan nooit aanbreek nie-en dit gaan nog te goed om nou al saam te staan. Ons plaaslike polisie het persoonlik aan my gese ons moet oppas vir ons wit bure-die meeste klagtes oor die verbreking van die kommunistiese regulasies kom van witmense wat ander verraai.

Oujongvrou ·

Mallie ek hoop nie jy verwys na witmense nie. Hulle kan net saamstaan as hulle op mekaar kan spioeneer en klik. Vertrou maar liewer nie jou bure nie. Jy kan hulle nie vertrou om saam te staan vir niks nie. In die rug steek dalk.

Genis ·

Hulle het nie n benul nie.. Hulle is moeswillig, aspris en korrup… Nie eers praat van onbevoeg nie.. Alles waaraan hulle vat, verander in bollie

J ·

In Malawi het 400 ‘geinterneerdes’ (vanaf SA) uit die regering se isloasie fasiliteit ‘ontsnap’. Sonder dat hulle getoets is. Daardie potensiële virus draers is sedertdien onopspoorbaar.

Met swak fasiliteite en slegte behandeling (soos bó berig word) gaan mense die staat se maatreëls ONTDUIK … en die VIRUS versprei!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.