Drie aanvalle op Eskom-werkers in drie dae

Foto ter illustrasie (Foto: Eskom)

Drie gewapende rowers het Eskom-tegnici Dinsdag aangeval en beroof terwyl hulle kragmeters in Mabopane, Tshwane, nagegaan het. Dit is die derde aanval in drie dae op Eskom-werkers in Gauteng.

Volgens ʼn verklaring deur Eskom het die aanvallers Dinsdag geëis dat die werkers hul beursies en selfone oorhandig en is toe daar weg in ʼn voertuig sonder ʼn registrasienommer.

In ʼn afsonderlike voorval dieselfde dag is Eskom-werkers van hul selfone en kontant beroof terwyl hulle aan ʼn substasie in dieselfde gebied gewerk het. Woensdag is ʼn tegnikus van Eskom met ʼn skerp voorwerp gesteek terwyl hy en ʼn kollega elektrisiteitmeters in Soweto geïnstalleer het. “Die tegnikus is in die gesig en bors gesteek. Hy het mediese behandeling ontvang en sterk tans tuis aan,” lui die verklaring.

Eskom het gesê hy verdoem enige voorvalle van geweld teenoor sy werknemers in Gauteng ten sterkste. Volgens die kragvoorsiener word sy werkers dikwels hier aangerand, geïntimideer of selfs gevange gehou deur lede van die gemeenskap. “Dit het dikwels tot gevolg dat ons werknemers angs, posttraumatiese stressindroom en depressie ontwikkel,” het Kith Maitisa, ʼn Eskom-bestuurder in Gauteng, gesê. “Dit veroorsaak ook ʼn vertraging in die herstel van kragnetwerke, wat beteken dat inwoners langer sonder krag sit.”

Hy sê Eskom het reeds die voorvalle by die polisie aangemeld en sal sy volle samewerking gee in die ondersoek na dié misdade.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Deon ·

En wat doen julle om die veiligheid van die werkers te verseker eskom? Arbeids departement, julle sien mos hier is mense wat seerkry wat verhoed kon word, wat doen julle om werkers te beskerm?….. Die arbeidswet vereis dat gevare in die werkplek verwyder moet word, indien dit nie verwyder kan word nie maak gebruik van toepaslike PPE en prosedures om die risiko te verminder…. In hierdie geval sal ek se, aangesien julle weet daar is n gevaar dat die bg kan gebeur, stuur die polisie saam met die mense om hulle te beskerm… Julle WEET dit is n gevaarlike area, maar julle stel julle werknemers bloot aan daardie risiko sonder beskerming, die gevalle is op julle, volg die arbeidswet en die risiko is dadelik minder, in pleks daarvan om lukraak julle werkers se lewens te waag.. Sies man

Pieter ·

Die Popo gaan dan ook die bogenoemde probleme ervaar… Onthou daar is ook net 3 Vans, so wie gaan hulp kry? Wie gaan hulle beskerm?
En sodra hulle weg is dan word daar maar net weer gepeter.

Hierdie is ‘n kultuur probleem wat gekep is. Ek se, sny die hele area se krag tot hulle luister. Die deler is so goed soos die steler.

Laat hulle mekaar uit sort want dis mos wat hulle wil he. Hulle weet Goed wat daar gebeur en neem selfs deel daaraan.

Hierdie is ‘n baie goeie voorbeeld van dinge lank terug, wat vandag na baie jare steeds gebeur… Maar nou is dit almal se probleem en ook nie almal nie. Verskil is net dat daar nie nou kamaras is en dit wereld nuus haal omdat een groep probeer ‘n ander groep onderdruk, of eerder die regte ding doen…

Samuel ·

Jy is beledigend!! Om die gevare uit die werksomgewing te verwyder, beteken die swart inwoners moet verwyder word. Die polisie is ook nie gebore in staat om oral Eskom werkers te beskerm nie. Aanvaar dit. Ons woon in donker Afrika. In ‘n onderontwikkelde land.

Elma ·

Gebruik asb hierdie as die volgende “rede” vir beurtkrag….

Dup ·

NIKS sal ooit weer NORMAAL wees in hierdie ABNORMALE land nie.Alles word verwoes,afgebreek en gesaboteer.Dit is seker wat bedoel word met TRANSFORMASIE. Alle verbeteringe moet vernietig word sodat daar niks oorbly.Geen krag,geen water en geen rioolstelsel nie.

Jacobus ·

Sny die hele area se krag af dat die inwoners eers die vrot appels uitsorteer.

Lillian ·

so, kry dan gewapende sekuriteit omhul te beskerm, jul gebruik buitendien sekuriteitsfirmas om oral die elektriese kabels op te pas.

Swerwer ·

Ja en so sal dit wees terwyl die ANC Regeer. Oom Cele dra oogklappe , dit is gemaklik en pas hom goed.

JohanR ·

Gee vir die werkers almal Tazers en stel die Tazer op “broek vuil maak!”

Casper ·

Dan bollie,kerm en toy toy hulle oor beurtkrag of as hulle krag af is maar laat nie mense toe om hulle werk te doen nie.My oplossing aan eskom is laat die werkers staak en kyk wat gaan Rampie dan doen

Pieter ·

Dis maklik, maak daardie area se elek eenhede duurder en step werk om die infrastruktuur te beskerm en maak plan lang termyn om dit so te doen sonder mense. Dus sal hulle voel in hulle sakke en dus sal die area afgradeer. So sal hulle luister. Maar ja, hulle kry elkgeval hulle krag ens reeds meer as die helfte goedkoper as ander areas. Get it for free, expect it for free forever ne…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.