Drie binne ure vas ná plaasaanval

Die verdagtes het ‘n sitkamerstel gesteel (Foto: Verskaf)

Drie verdagtes is blitsig aangekeer ná ʼn plaasaanval wat Donderdag vroegoggend op ʼn plaas naby Bronkhorstspruit, Gauteng, plaasgevind het. ʼn 84-jarige vrou is tydens die aanval glo gemartel en met ʼn blaasvlam gebrand.

Die polisie op Bronkhorstspruit het drie verdagtes etlike ure ná die aanval in hegtenis geneem en die meeste van die gesteelde goedere teruggevind.

Volgens konst. Munyadziwa Ramovha, polisiewoordvoerder, het die bejaarde vrou omstreeks 00:30 wakker geword toe ʼn flitslig in haar oë geskyn het.

ʼn Groep van tussen ses tot agt verdagtes het haar huis op die plaas, genaamd Schietpoort, binnegegaan.

Hulle het eers die plaaswerkers in hul huise vasgebind en daarna met ʼn boutknipper die plaashuis se diefwering afgeknip en só betree.

Van die gesteelde goedere wat gevind is (Foto: Verskaf)

“Die verdagtes het die bejaarde uit haar bed gesleep en haar hande en voete met ʼn blaasvlam gebrand,” bevestig Ramovha.

“Hulle het haar in die badkamer gelos en die deur gesluit. Hulle het die huis daarna op sy kop gekeer, op soek na waardevolle items om te steel.”

Die verdagtes het die gesteelde goedere in die vrou se silwer Ford Ranger gelaai en laat spaander.

Volgens Ramovha is die polisie op Bronkhorstspruit tussen 04:30 en 05:00 van die voorval in kennis gestel en die nodige rolspelers is na die toneel ontbied.

“Die vrou is hospitaal toe gehaas vir verdere mediese behandeling.”

Ramovha sê drie verdagtes, onder wie twee mans en een vrou, is omstreeks 09:35 in hegtenis geneem.

Die polisie het die gesteelde sitkamerstel, twee vrieskaste, ʼn eetkamerstel, drie skootrekenaars, drie selfone, een televisiestel, een mikrogolfoond, twee radio’s en een wasmasjien in die Rethabiseng-nedersetting teruggekry.

Die Ford Ranger is ʼn rukkie later in die Ekangala-nedersetting gevind.

Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die oorblywende verdagtes kan lei, kan die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Andrew ·

Die raaisel kan maklik opgelos word, maar dit mag nie genoem word nie so die probleem sal nie opgelos word nie.

Harley Davidson ·

Dieselfde met die land se probleme hoe los jy dit op as jy dit nie kan noem nie.

Biker mice ·

“Inside job” hoe weet hulle wat is wat op die Tannie se plaas???? En dan is dit nog 6-8 van die gemors om so arme tannie aan te vat, dankie tog sy het dit oorleef….sterkte tannie, word gou gesond!!!!

JohanR ·

Vat hulle nou terug na die huis toe en brand hulle met die blaasvlam….eye for an eye! Beter nog laat die vrou dit doen!

Suzette ·

Eish Johan dan gaan sit die arme tannie in die tronk en nes al die ander boere, kry nie borg nie. Die gemors is laer as addergespuis. Dankie tog die polisie het die keer iemand gevang. Hoedman interview hulle seker nou. Shame julle weet mos hulle verpestelike “mense regte”……

Moedeloos ·

Sjoe lekker shopping gedoen nè. Hoop die aanvaller herstel vinnig van haar beserings.

Annelize ·

Span daardie einste blaasvlam in om die “whereabouts” van hulle makkers uit die gearresteerdes uit te brand, ek sou mos nou reken dis net regverdig.

Lockdownfountain ·

Nou is die vraag ,hoe lank voor hulle borgtog kry .As n mens net die rede kan kry hoekom hulle soveel moeite sal doen om iemand so te martel .Die motief is duidelik nie diefstal of inbraak nie maar eerder om n skrikbewin te voer onder die plase en Suid Afrikaners .Gelukkig is hulle gevang ongelukkig more weer uit op straat.

Blikkantien ·

Ja, die plaaswerkers is slegs vasgebind en nie ook gemartel nie.

SlinkseKoljander ·

Nedersetting…. hoekom is dit altyd dieselfde ras?
Berig die feite!
Drie swart mans vas ure na plaasaanval.

Shakespeare ·

Hulle gaan verhoor word en sal ten minste moet leef vir ‘n week sonder Kentucky. RSA regstelsel.

david ·

6 tot 8 verdagtes teen EEN OU DAME van 80 jaar oud !!

Maar net nog ‘n swart-op-wit aaanval…

Maar dis net in navolging van Operation Mayebuye van 1963–
“shamelessly attack the weak, and shamelessly flee from the strong..”

Viva julle helde van die rewolusie…!! Dapper krygsmanne….Tsjaka sou
trots op julle gewees het….!

FC ·

Daar moet `n wet kom wat skrywers dwing om die oortreder se velkleur te noem. Dalk sal iemand dit raaksien en begin skaamkry en dan teen plaasaanvalle op te tree. Dalk hoekom dit nou nie genoem word is omrede iemand alreeds skaamkry maar nie teen die mense wil praat nie.

Nico ·

Wie gaan betaal vir die tannie mediese on kostes, seker syself, die regering sal nie help nie, wat baie onregverdig is, dit is altyd die rassekaart wat gespeel word. Dit is net ‘n klomp babare wat so optree.

Afriperd ·

Eks bly die polisie het so goed gedoen, so die werkers op die plaas word net vas gebind en die arme bejaarde vrou word gemartel, rassisties?? Hoekom iemand van 84 martel!!

Yvonne ·

Hierdie dame is 84….die trauma is al genoeg wat nog van die gruwelike mishandeling…..hierdie mense is die boosheid self

Swerwer ·

Gewetenlose skurke. Tien teen een weer iemand wat daar werk of gewerk het wat agter dit sit.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Dankie SAPD.
Suid-Afrika met sy sonskyn en wonderlike klimaat en diversiteit in omgewing, fona en flora en bevolking is enig in sy soort. Wat ‘n wonderlike land wat bevark word met besoedeling, stroping van die omgewing en natuur, stroping van infrastruktuur en gierigheid en wetteloosheid en gebrek aan naasteliefde! SIES! Ek is skaam om ‘n Suid-Afrikaner genoem te word. Maar ons het die vrotsige leierskap wat ons verdien. SIES! Ga-ga.

Waarnemer ·

En wat gaan van die arme drie bloedjies word?Rand n 84 jarige vrou aan met n blaas vlam en hulle gaan vir so drie weke op staatsrekening getrakteer word,voor die hof gebring word en gewaarsku word om nooit weer so stout te wees nie.

Frank John ·

O’ en oor ‘n week sal hulle aansoek doen vir borgtog. Werk mos so in dié land.

christo ·

Hierdie huisroof is lank vooraf beplan. Die inligting en voorbereiding was nie net ‘n terloopse huisroof nie. Weerwraak of ‘n duidelike boodskap om die weerlose tannie van haar grond af te kry. Daar is net te veel onbeantwoorde vrae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.