Drie dood, een beseer in Alberton-skietery

(Argieffoto: ER24)

Drie mense is dood en een ernstig beseer toe ʼn skietery Sondagaand op die N3-snelweg in Alberton, Gauteng, uitgebreek het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is omstreeks 21:30 na die toneel ontbied waar hulle die plaaslike polisie en lede van AfriForum se noodspan aangetref het. Die polisie het reeds die snelweg vir motoriste gesluit en die verkeer herlei.

“ʼn Ligte motorvoertuig is teen die versperrings op die snelweg se vinnige baan aangetref. Twee mans was in die voertuig terwyl een in die pad gelê het. ʼn Vierde man is aan die oorkant van die pad aangetref. Hulle het almal talle skietwonde gehad,” sê Meiring.

Volgens Meiring is die twee mans in die motor op die toneel dood verklaar. Die ander twee mans was in ʼn kritieke toestand en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

“Een van die beseerde mans is by sy aankoms by die hospitaal ook weens sy skietwonde dood.”

Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Misky ·

Ja, so sal dit gaan as kriminele meer regte as wetsgehoorsame burgers het

Persheks Adri ·

Cele, sien jy nou hoekom jy die onwettige wapens moet soek? Onskuldige mense word dood geskiet!!!

Kathleen ·

iemand het sy cool verloor vir ‘n mede padgebruiker en die sneller getrek !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.