Drie hooggeplaastes in hof oor ‘tenderbedrog’

hof-hamer

Argieffoto

Drie hooggeplaaste staatsamptenare sal Dinsdagoggend in die Durbanse handelsmisdaadhof verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie en rampokkery.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het bevestig drie amptenare verbonde aan die Ethekwini-metromunisipaliteit sal saam in die beskuldigdebank wees. Die aanklagte hou verband met ʼn twyfelagtige R208 miljoen-tender in Durban se departement vir vaste afval waardeur diensverskaffers na bewering groot bedrae geld betaal is, maar geen dienste gelewer is nie.

Vroeër vandeesmaand is nege mense, onder wie die departement se adjunkhoof, Robert Abbu (62), en die stad se verskaffingskettingbestuurder, Sandile Ngcobo (41), in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog in verband met dieselfde tender.

Hulle het reeds in die handelsmisdaadhof verskyn. Die ander beskuldigdes in die saak is diensverskaffers.

Die drie amptenare sal na verwagting om 09:00 verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Neels ·

Goei werk maar wat ek nie kan verstaan nie is dat al hierdie kaders word gevang , kom voor die hof, dan kry hulle borg en die saak word uitgestel vir verdere ondersoek en dit is die laaste sien van die blikkantien. Mens hoor net nooit weer daar van nie. So sal dit ook gaan met die sogenaamde staatskaoer sake, alles sterf n stille dood

Elna ·

Dis waar Neels. Dis hoekom die meerderheid mense in Suid Afrika kripeer van ellende agv al die korupsie

Louis leeu ·

Wat help dit,hulle word voor die hof gedaag en die saak word elke keer uitgestel of hulle word op borgtog vrygelaat en lewe nog steeds lekker met die tender bedrog geld

Gert van Wierdapark ·

Dis mos maar “normaal” wanneer regstelende aksie aan die gebeur is!

Anoniem ·

En dan word hulle met volle betaling geskors. Hulle gee nie om nie

Bietjie baie ·

Wees vir eenkeer positief en vertrou hulle gaan vervolg word.
Reg moet begin geskied. Daar moet maar weer n hofsaak wees soos met alle sake. Die feit dat sy R50k borgtog moes betaal en dat dit Commercial Crimes is, klink goed. Ek glo daar gaan n voorbeeld gestel word nou na die verkiesing.

Thinus ·

ANC is korrup en nog steeds word hulle ingestem. Kan hiedie mense nie vir hulself dink nie? Waar is hul logika?

JohanL ·

Neels stem saam. Ek wonder ook of sulke sake net “doodloop” en of die sake wel aangaan, maar die media berig nie meer daaroor nie.

Net so wonder ek oor die MRK en hul ondersoek en bevindings na die Schweizer-Reneke onderwyseres. Die MRK het ook ‘n onderoek geloods en ons het nog niks gehoor oor hul bevindings nie. Vat ‘n ondersoek so lank? Kan MM dalk bietjie hoor by MRk wat die situasie daar is asb.

De Villiers ·

Jy is doodreg @JohanL. Daar het toe niks van die Elana Barkhuizen-saak geword nie. Ook seker omdat dit verkiesingsjaar is wat die ANC in ‘n slegte lig sou stel as hulle moes om verskoning vra.
Net so wonder ek ook oor Shabir Schaik wat nou al wonderbaarlik vir 10 jaar op mediese parool is omdat hy glo terminaal siek is, en destyds, volgens sy regsverteenwoordiger, in rus en vrede by sy huis kan sterf. Geen terugvoering oor sy huidige mediese toestand word verskaf nie, en hy moet gholf speel om gesond te bly. Dit terwyl Clive Derby-Lewis mediese parool vir lank geweier is weens sy kanker, en hy letterlik eers op sy einde parool gekry het. Dubbele standaarde!!

Ek dink Maroela Media kan bietjie oor dié twee sake opvolg en berig.

Jacques ·

Ek werk myself in n ander bloedgroep in om die kaders te bevonds vir hulle gemaklike lewe , is dit hoe dit werk ? My vraag is wat het dit met apartheid te doen , want dit sal seker een van die verskonings wees hoekom hulle dit gedoen het ?? Julle is die naam leier nie eers werd nie , en julle ondersteners die armste van die armste keur dit goed , regtig ???

Ellisras ·

Help my asb reg. Maar ek het nog NIKS gesien wat die “nuwe” vervolgingsgesag reg gekry het nie.

En nou? ·

Vanaf ’94 kan mense stem net vir wie hulle wil.
Vanaf ’94 het al die land se dienste afgeneem.
Dis nou 2019 – Dis korrek, 25 jaar later!
Weereens sal die party wat in ’94 gewen het, vanjaar se verkiesing wen.
So maats, wat se dit vir ons?

Die meeste mense wat stem is dom en leef in ontkenning!

honourable member ·

Dit sal so gaan hulle skep waar hulle kan want in hulle kultuur sien hulle niks verkeerd met korrupsie nie. Dit sal nooit stop nie.

Root ·

Self hierdie week gewonder oor ‘n paar ou stories wat stil geword het… soos die stock rotation van ons ru olie reserwes deur ou Joemat Peterson…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.