Drie immigrasiebeamptes vas vir korrupsie

Die drie amptenare word in hegtenis geneem. (Foto: Verskaf)

Drie amptenare van die departement van binnelandse sake in Limpopo is in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes is Dinsdag in Jane Furse vasgetrek.

“Die verdagtes, wat ʼn immigrasiebeampte van die departement van binnelandse sake in Nebo en  twee immigrasiebeamptes van Jane Furse insluit, het na bewering ʼn roetine-inspeksie by ’n winkel van buitelanders gedoen en op ʼn immigrant sonder die nodige dokumente afgekom.”

Die drie amptenare het egter nie die immigrant in hegtenis laat neem nie, maar wel op R10 000 se omkoopgeld aangedring. “Die bedrag is glo tot R4 000 verminder en deur die slagoffer aan die verdagtes betaal.”

Die voorval is later by die Valke aangemeld waarna die verdagtes in hegtenis geneem is.

Die verdagtes, almal tussen die ouderdom van 30 en 42, sal na verwagting vandag in die Motetema-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wielspore ·

Hierdie tipe optrede van werknemers gaan my verstand te bowe. Dat drie staats amptenare die teenoorgestelde doen as waarvoor hulle aangestel. Gaan doelbewus uit om omkoopgeld te soek.
Basta met die ANC en hulle vrot en skelm regerings beamptes.

Jaco ·

Kan ek dalk die teenoorgestelde doen: betaal omkoopgeld aan binnelandse sake sodat hulle my kan deporteer na ‘n land SONDER:
Beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Swak onderwys waar leerders onderwysers mag aanrand
Regstellende aksie
Swak of geen munisipale dienslewering

Casper ·

Jaco, hoe lekker lag ek nou.Dit is nie net vir deporteer nie gaan die land waarheen jy gedeporteer word jou aanvaar.Ek was self vir 37 jaar ‘n immigrasiebeamote en is met ‘n skoon rekord met pension.In daardie tyd het baie immigrasiebeamptes hulke teen die gereg vasgeloop.In een geval het ‘n vrou die minister uit haar kantoor uitgejaag en die korrupsiegeld van R 10.000 in haar laai gesit.Die valke het haar op kamera vasgelê en gearresteer.Sy beweer in die hof sy sou dit nie gedoen het as sy geweet het dit is die minister nie.

Jaco ·

Deporteer die wit mense na Europa, Amerika, Kanada en Australië met ‘n groot rooi stempel in elke paspoort wat sê “It is forbidden for this passport holder to return to South Africa”. Dan is daardie lande gedwing om ons in te neem.

Cecilia ·

Maak my SIEK! D kaders het geen integriteit nie. Hulle kan net nie n oomblik laat verbygaan sonder om omkoop geld te vrae nie. En ek kan jou verseker dis nie d 1ste of enigste keer nie. Dis net d keer het d onwettige immigrant d moed gehad om dit te rapporteer. Dis hkm ons land oorloop v onwettiges.
Ekt self vir DHA gewerk in 1993 as Immigrasie. Ekt nooit eers daaraan gedink om n extra geldjie te maak nie en my salaris was n skamel R1900 pm. Hierdie klomp verdien vet salarisse maar wil dit aanvul met omkopery en bedrog.
Hoop hulle gasn summier afbetaal word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.