Drie kinders verdrink in dam

Argieffoto

Drie kinders van die Maunatlala-nedersetting buite Tzaneen in Limpopo, het verdrink nadat hulle saam met ʼn groep vriende in ʼn plaaslike dam gaan swem het.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder vir Limpopo, het die insident Vrydag om 16:30 plaasgevind.

“Die oorledenes, ʼn 8-jarige meisie, haar 5-jarige broer en ʼn ander 5-jarige familielid het na wat verneem word saam met vriende gaan swem, toe hulle verdrink het. Die ander kinders in die groep het huis toe gehardloop om hul ouers te roep. Lede van die gemeenskap het hulle na die dam gehaas en kon die drie uit die water haal,” sê Mojapelo.

Lede van die gemeenskap het die polisie in kennis gestel en met hul aankoms is die drie kinders langs die dam aangetref. “Hulle is na die Kgapane-hospitaal geneem, waar hulle dood verklaar is,” sê Mojapelo.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het ouers gemaan om altyd seker te wees waar hul kinders hulle bevind sodat dié tipe insident vermy kan word.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word nou gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anel ·

Dis tragies maar wie gaan hulle nou vervolg. Die eienaar van die dam?

Lorna ·

Anel

Sorry ek ook gewonder
Seker mafusie sal erens n persoon kry om skuld voor te gee

Pieter J ·

Ja Lorna ek dink ook hulle moet vir Lesufi vra om vas te stel wie skuldig is. Hy is blykbaar ń kenner op die gebied en daar moet glo in alle gevalle ń skuldige wees.

Pieter J ·

Stem saam met jou Lorna maar ongelukkig het my antwoord op jou kommentaar iewers langs die pad verdwyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.