Drie monnike by kerk in Cullinan vermoor

(Foto: Facebook/Coptic Orthodox Church, Archdiocese of South Africa)

ʼn 35-jarige man is Woensdag in verband met die moord op drie Egiptiese Kopties-Ortodokse monnike in hegtenis geneem.

Volgens kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, is Hegumen Takla El-Samuely, Yostos Ava Markos en Mina Ava Markos Dinsdag met steekwonde by ʼn kerk in Cullinan aangetref.

“ʼn Vierde slagoffer wat die aanval oorleef het, voer aan dat hy deur ʼn ysterstaaf op sy hand getref is voordat hy daarin kon slaag om te vlug en in een van die kamers weg te kruip.

“Die verdagte het glo van die toneel gevlug sonder om iets te steel en die motief vir die moord is steeds onduidelik,” sê Nevhuhulwi.

Hy sal na verwagting Donderdag in die Cullinan-landdroshof verskyn.

Die Kopties-Ortodokse Kerk van Suid-Afrika het in ʼn plasing op Facebook sy “smart oor die tragiese voorval” betuig.

“Dit is uiters hartseer om te hoor dat drie van ons geliefde monnike vermoor is. Mag die Here vir ons veg,” lui die plasing.

Egipte se ministerie van buitelandse sake sê hy sal die ondersoeke na die moord op die drie monnike noukeurig saam met die land se ambassade in Pretoria dophou. Hy het ook sy meegevoel met die families van die oorledenes betuig.

Die Egiptiese ambassadeur sê hy hoop die ondersoek sal die omstandighede van die voorval en die identiteit van die oortreder(s) ontbloot sodat hulle aanspreeklik gehou sal word.

Volgens die kerk se webwerf bestaan die Kopties-Ortodokse gemeenskap in Suid-Afrika ​​uit sowat 4 500 gesinne.

What a sad day to begin the day and Great Lent Fast to learn that our beloved Fathers were killed. Going to the…

Posted by Coptic Orthodox Church, Archdiocese of South Africa on Monday, March 11, 2024

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JohanR ·

Welkom in die ANC se Suid Afrika! Nie eers kerke is meer veilig nie. Jy gaan sit Sondag in die kerk en die volgende oomblik is die vuilegoed daar met messe en gewere en uis jou beursie en selfoon!

Cherokee ·

Onduidelik geskryf ‘die verdagte het van die toneel gevlug… en die volgende paragraaf sê hy sal Donderdag in die hof verskyn. Dit lyk asof dit die oorlewende is waarvan gepraat word. Dit is logies, maar onduidelik geskryf.

Karoo ·

Simpatie aan die Familie en Vriende, mag daar geregtigheid geskiet.

Piet Snot ·

Die Kopte was al Christene toe ons voorvaders nog in die bosse van Europa rondgehol en bome en die maan aanbid het.

Blikke ·

@JohanR….dis nie sommer net vir EIS nie….by ons kerk gaan hulle die redelike toets met Lof dop….ons is gereed…

Alta Alleman ·

Die verdagte het weggehardloopaar gaan Donferdag in die hof verskyn?

Johann ·

Kerke is voorbereid vir die goed wat kerke as sagte teikens sien. Jy gaan hande opgelê word sonder gebed.

Lettie ·

Lees die inleidende paragraaf eerste en hou dit ingedagte met lees van die berig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.