Drie Pukke geskors, vervolg ná vuisgeveg

‘n Skermgreep uit die beeldmateriaal.

Drie manstudente van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus verskyn weer later vandeesmaand in die hof op die dorp, nadat hulle ná ʼn wilde geveg in hegtenis geneem is.

Enrico Robbertze, Andrew Mc Neill en Ruan van der Heever is aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer ná die bakleiery op 17 Julie buite ʼn kuierplek op die Bult, het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

Die drie is glo inwoners van die Caput-manskoshuis.

Myburgh het gesê die drie mans het reeds verlede Maandag in die hof verskyn en is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat.

Verskeie slagoffers is ernstig beseer in die voorval wat op kringtelevisie opgeneem is. Die beeldmateriaal vorm deel van die polisieondersoek, het Myburgh gesê.

Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het gesê die drie manstudente wat na bewering by die voorval betrokke was, is voorlopig geskors uit die koshuis waar hulle woon, asook vanaf die kampus.

Die skorsing geld tot die ondersoek en die dissiplinêre verhoor rakende die klagtes van wangedrag afgehandel is. Jacobs het gesê die universiteit probeer die proses so vinnig moontlik afhandel.

“Enige wangedrag of optrede deur enige van ons studente, op en vanaf enige van ons kampusse, wat nie strook met die waardes en etos van die NWU nie, word ten sterkste veroordeel. Daar sal ooreenkomstig die dissiplinêre prosesse van die universiteit opgetree word teen studente wat hulle hieraan skuldig maak,” het Jacobs by navraag gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Jaco ·

Ja wel, baie mense maak deesdae BRATS groot en ontwikkel hul n houding van “entitlement”, onderandere jong seuns wat jaag in duur ford bakkies wat ryk ouers vir hul koop en rand weerlose ou mense aan. Ek hoor nou die dag weer in n klerewinkel hoe n tienermeisie op haar ma skree omdat mamma nie vinnig genoeg vir sussie klere kon aandrae terwyl sy sou aanpas nie en toe weer n tantrum want sy wou alles hê wat sy aanpas, want mamma’s is mos deesdae lopende OTM’s en hul persoonlike “momagers”, vir alles wat boetie en sussie tekort kom word daar voor hulp ingeroep, tutors, persoonlike sportsafrigters, sielkundiges ens ens. In my jong dae moes ek op my eie uitstyg en dankie vader ek kon dit maak sonder n entourage vir elke dingetjie waarmee ek sukkel….ek sien nog GROOT ellende vir sulke jonges, wie gaan jou momager wees as jy eendag selfstandig moet wees? Is dit hoekom baie 28 en 29 jariges nog by hul ouers woon?

Mel ·

Hierdie kinders wat nie hulle humeur in toom kan hou nie! Een klein geskil en dit kos hulle hulle toekoms.
So onnodig.

Fanie ·

Jaag hulle weg. Hoop Pukke gaan hulle skors. Hulle mos ouers se geld en is nie ernstig hulle studieveld en toekoms nie.

stoney ·

Pukke doen niks aan die geweld nie. kinders word met messe gesteek en aangerand. selfone en kar sleutels word afgevat. Dan trek kampus securiteit net skouers op. Ek my kind se studies daar gestaak. Hel hole

Yolande Smit ·

Sal graag wil weet waar jou kind nou is. My kind is ook op Potch en as mens na die ander universiteite kyk – dink ek Potch is los hande nog die veiligste.

Niklaas ·

Daar word gesê “brandewyn het nie brieke nie”. Ek is seker hierdie 3 kerels was nie vreeslik nugter nie en die geveg het ontstaan oor ‘n onbenulligheid. Drank maak mens mos slim EN sterk . Maar daar word volwassenheid van volwassenes verwag. Sonie is daar ‘n prys te betaal en hul kanse om daar graad te vang is dalks gering as hul skuldig bevind word.

Katryn ·

Wie het die moeilikheid begin die wat pakgekry het of die wat uit gedeel het

kolla ·

Jy betaal volgens jou vermoë anders moet jy in die tronk sit tot jou verhoor afgehandel is. Moet jy nou in die tronk sit net omdat jy nie borgtog kan bekostig nie, dis mos nie regverdig nie? Almal kry in elk geval hul borggeld terug as hulle aan die borgvoorwaardes voldoen so op die ou end word niemand bo die ander bevoordeel nie.

pieta ·

Goue reel: Bly uit die moeilikheid uit…indien nie, moenie huil as jy in die Tjoekie op eindig nie.

$ ·

Toe ek lees van die skorsing onthou ek die arme pers-gesigmeisies wat destyds geskors is (irrelevant tot hierdie ouens wat rede gehad het tot skorsing); kan iemand onthou of die US hulle ooit om verskoning gevra het vir die trauma waardeur hulle gesit is en die rasse-herrie wat verkeerdelik veroorsaak is? Het reg ooit teenoor daardie meisies geskied; is daar in die openbaar aan hul verskoning aangebied – weet iemand/kan iemand onthou?

Tegniesbreed ·

In my skool dae Moes ek ook my self verdedig. En die Hoof sien dit toe deur venster toe geveg al n minuut aan die gang was en roep ons 2 toe na sy kantoor toe. En omdat die Ander seun in dieselfde Kerk as die Hoof was. En Hoof sy pa goed Ken toe kry ek die skuld en word swaarste gestraf en ek wou nie vrede maak. En die seun lieg toe ook om sy eie bas tered.

Rudolph van Wyk ·

Tronkstraf as ‘n verpligte vonnis, sonder keuse van ‘n boet of opgeskorte vonnis is die mees gepaste straf vir geweldenaars.

Atta ·

Hierdie soort ding is niks nuuts nie. In die 1980’s (en sekerlik ook voor én na daai tyd) het die vuiste gereeld geklap by die Elgro op Potch. Daar was toe net nie kringtelevisiekameras en sosiale media om dit die wêreld in te stuur nie…

Andile ·

Ja, as die manne van 3SAI uit die kamp glip het die Elgro gewwt hulle is in die dorp.
Andile weet.

Oud-PUK ·

Ag aarde – almal is nou in ‘analiese-paraliese’ modus – daar was al sulke (en erger) gevegte vroee tagtigs, wie onthou Elgro en Impala? Die verskil is toe was net Potch Herald daar :)

Swartwolf ·

Was in die army vir basics in 87 daar. Paar keer geboks tussen die Elgro en die ou roadhouse. As dit nie army teen pukke was nie was dit army teen pampoenboere. Blou oe en bloedbekke maar dit was lekker dae……

Liezl ·

Ja, Atta, nes jy daar sê. Met ander woorde mense het maklik met moord weggekom. Dis ‘n bose kringloop. 80’s se jongmense is nou al ouma’s of oupa’s, hulle het ook kinders grootgemaak en mag dalk ook ‘n aandeel hê in hoe hulle kinders vandag reageer. Die jongmense vandag is baie meer blootgestel aan geweld, hetsy by die huis of tussen vriende. Depressie raak erger, siektes raak erger en so die bekommernisse. As jy vandag ‘n moordenaar op ‘n jong ouderdom sien, waar kom dit vandaan? Hy moes tog dit iewers ‘geleer’ het. Dis ons as volwassenes se goddelike plig om eerbare, opgevoede kinders groot te maak. Prys die Here vir wonderlike ma’s en pa’s en ouma’s en oupa’s. Ek salueer julle! Dit raak al minder. Wees op jou hoede hoe jy jou medemens hanteer, dit beinvloed sy/haar lewe nou en dalk vir altyd.

SjN ·

Jan v Riebeeck se skuld, dissipline is vervang met mense regte deur die ja stemmers in 94.

tony ·

Ek weet nie wat hier gebeur het nie, maar ek weet om te baklei as iemand met jou sukkel is reg. ons is geleer om ons self te verdedig. Niks fout daarmee nie. Ons sal nie ge boelie word nie. En ek leer my kinders dieselfde

Devill ·

Laat hulle vroeg al leer dat jy nie so kan te kere gaan nie. Moes al eintlik by die huis dit onder die blad gehad het om soos ‘n beskaafde mens op te tree.
Geen simpatie van my kant af vir hierdie kriminele nie!

magda ·

van daardie seuns is nie daar om te studeer nie hulle is mos sterk … stuur hulle huistoe en moet hulle alle universiteite belet

Nonnie ·

Snaaks darem as die oortreders blank is, word hulle name uitbasuin maar, as dit anderskleurig is, word die name weerhou…………?????

PersHeks ·

My broer se seun is so 2 jaar terug so geslaan in een van die kuierplekke daar in Potch dat my boet hom uit die universiteit moes haal … die 3 wetters het weggekom daarmee!!!! Vandag bly boet se kind weer by sy ouers en doen sy graad deur Unisa na ‘n moeilike paar maande van terapie en medikasie.

Riana ·

Ag kom nou mense vuisgevegte tussen jong mans kom al van die oer tyd af.Niemand ken die storie nie n saak het altyd 2 kante is dit nou nodig om jongmense se toekoms te vernietig as jou seun die appel swaaier was sou jy eers die storie wou hoor of se gooi hom in die tronk. Wonder maar net….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.