Drie vas oor onwettige drank van R2 miljoen

Van die drank waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

Drie mense is in die suide van KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat onwettige drank ter waarde van R2 miljoen in hul besit gevind is.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die inhegtenisneming het plaasgevind tydens ʼn multidissiplinêre operasie waarby onder meer Port Shepstone se SAPD, doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, personeel van die nasionale drankraad en spesialiste van distilleermaatskappye betrokke was.

“Hulle het wenke opgevolg oor drankwinkels wat onwettige drank verkoop,” het Zwane gesê.

Drie drankwinkels is deursoek en drie verdagtes is in hegtenis geneem omdat hulle verskeie soorte onwettige drank in hul besit gehad het. Die drank was bestem om slegs vir uitvoer gebruik te word, maar was by hierdie spesifieke drankwinkels onwettig verkoop.

Die etikette op die bottels is verwyder en vervang met vervalste etikette waar die bewoording “export only” verwyder is. Die inskripsie op die glasbottels wat lees “export only” is met ʼn masjien verwyder.

“Die waarde van die drank waarop beslag gelê is, is meer as R2 miljoen. Die drie verdagtes, tussen 34 en 40 jaar oud, word aangekla vir besit van vervalste goedere. Die polisie se ondersoek duur voort,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stan ·

Wonder hoekom was hierdie drank net vir uitvoer bedoel? Hoe het die skelms dit in die hande gekry?

Diefie ·

Drank is DIE belagrikste “person” in die land. Die kriminele word vinniger vasgetrek as die verkragters en moordenaars.

Koester jou perlemoentjies ·

Perlemoen is strawwe kompetisie, ten minste ‘n nabye tweede.

Vat ·

Die trokke wat beroof of gekaap word, se vrag moet iewers verkoop word!

ne ·

Hier in Gauteng was dit Chinese wat ook die plakkers verwyder het. Sommer uit ‘n woonplek. Fotos was op Facebook.

Michelle ·

R2 miljoen se drank wonder nou maar net waarheen gaan al daardie drank nou heen polisie moet nou net nie vir my kom vertel hul gaan daardie drank uitgooi nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.