Drie vermeende diewe in gebou vasgekeer

Foto: Pheladi Sethusa, @pheladi_s / Twitter

Foto: Pheladi Sethusa, @pheladi_s / Twitter

Die Johannesburgse nooddienste en polisie is op die toneel waar drie mans vasgekeer is nadat ʼn gebou gedeeltelik ineengestort het.

“Die plaaslike soek- en reddingseenheid is tans by die gebou in Power Park in Soweto,” het Nana Radebe, ʼn woordvoerder van die nooddienste, Woensdag gesê.

Sewe mans, wat glo besig was om kabels en metaal te steel, was binne die gebou toe dit ineengestort het. Drie van die sewe kon daarin slaag om te ontsnap. Een persoon is tydens die voorval beseer. Dié persoon het die nooddienste ontbied.

“Nooddienste is omstreeks 07:30 ontbied. Die beseerde man is op die toneel gestabiliseer en na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Radebe bygevoeg.

Die polisie is ook op die toneel en ondersoek die voorval – SAPA

Foto’s verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Belinda ·

Beslis verkeerde tyd op die verkeerde plek………………………:-)

Anoniem ·

Besig om te steel en nou moet die belasting betaler betaal vir hospitaal onkostes. Wat ‘n grap. Een va die dae is daar nie meer piesangbome in banana republic nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.