Drie vroue sterf in botsing

Die wrak van die Toyota Fortuner. (Foto: Verskaf)

Drie vroue is vanoggend (Vrydag) op die R40 tussen Nelspruit (Mbombela) en Umjindi in Mpumalanga dood toe twee motors gebots, die pad verlaat en van ’n brug af gery het.

Martin Jeffrey, bedryfsbestuurder van Emer-G-Med in Nelspruit, het aan Maroela Media gesê ’n wit Toyota Fortuner gevolg deur ’n rooi Nissan-voertuig het net na 04:00 in die rigting van Barberton gery toe die Nissan teen die Fortuner vasgery het.

“Die bestuurders van die onderskeie voertuie het toe beheer verloor en is van ’n brug af,” het Jeffrey verduidelik.

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het die een voertuig vermoedelik die ander een probeer verbysteek toe die botsing plaasgevind het.

Drie vroue, twee vermoedelik in hul 20’s en die ander een in haar 30’s, het in die voorval gesterf, het Jeffrey gesê.

Die bestuurder van die Fortuner is in die voorval beseer en is na ʼn hospitaal in Nelspruit gehaas hoewel die bestuurder van die Nissan van die ongelukstoneel verdwyn het.

Die toepaslike owerhede was vroegoggend op die toneel om ondersoek in te stel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

WitBlits ·

Ironies dat die Nissan bestuurder van die toneel verdwyn en nou wonder ek of die persoon iets het om weg te steek.
Dalk moet wetgewing verander om ‘n bestuurder wat VLUG van ‘n ongelukstoneel outomaties vir strafbare manslag (indien daar oorledenes is) of roekelose & nalatigge bestuur aangekla word.
Die beginsel moet tog wees dat ‘n bestuurder nie net kan verdwyn sonder om omtesien na beseerdes nie.

Martie ·

Dit moet die beginsel wees maar moet ook die menslike ding wees om te doen.

So jammer vir die oorledenes se families.

kolla ·

Kan skok wees. Dit gebeur soms dat mense in groot ongelukke “vlug” van die toneel en hulself later aanmeld.

Marietjie ·

Ek stem 100% saam dat mense, ongeag wie hulle is, en watter posissies hulle beklee, ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE die toneel moet verlaat of hul voertuig moet verwyder vanaf die oorspronklike plek waar die ongeluk plaasgevind het nie. Jy mag nie n tree verder ry met daardie voertuig nie. Nie eens om 2 km verder te gaan stilhou of om die draai buite sig nie. Dit moet geproklameer word as TREF EN TRAP.

Nelda Opperman ·

Die ongelooflike hartseer wat die lafaard vlugteling agtergelaat het, is onmoontlik om te beskryf. Manslag- NEE! Moord.

Iggie ·

Wonder of spoed, alkohol of nalatigheid hier betrokke was? Weereens arme onskuldige mense se lewens wat geneem is. Dalk was die persoon onder die invloed wat weggehardloop het. Jou can run but cannot hide!!

Grens ·

Lyk na dubbele sperstreep. Ek dink die vlugteling se skok om te vlug is dat hy weet hy is in groot moeilikheid.

Marcel ·

Ek was die persoon eerste op toneel Dit was ER24 wat die mense gehelp het en dit was nie n Nissan nie dit wad n toyota RunX
Met inbraak middels en n vuurwapen wat gevuil was gevind!

Yankee ·

Ag nonsens. Om die ‘pad te vat’ het niks met skok te doen. Daar is ander redes wat ek liefs nie wil noem.

Ds. Thys Müller ·

Innige simpatie met die agterblywende families met julle groot verlies! Mag die mooi herinneringe en hulle christelike lewenswandel julle altyd bybly!!! Sy Troos julle toegebid!

Boesman ·

Ai, is altyd tragies om sulke berigte te lees. As ons ou mensdom net kan hou by padreëls en disipline sal daar baie, baie minder ongelukke plaasvind. Sterkte aan die familie vd oorledenes en bid vir julle vir krag en vertroosting.

chrisjan ·

As jy van agter in die voertuig voor jou vas ry is JY skuldig.Dis wet.As jy weghardloop van die ongelukstoneel wat JY veroorsaak het en daar is mense dood is dit so goed soos moord en jy hoord vir moord aangekla te word en NIE strafbare manslag nie.
Simpatie met die naasbestaandes van die oorledenes se naasbestaandes.

Se net. ·

Dit is baie tragies om tesien en lees. Oky hul se die bestuurder is weg. Wie se hy of n sy het nie dalk uitgeval en hul spoor hom nou nie op nie. Nou dink hul hy het verdyn. Se maar net. En wonder ook maar net.

Wonder ·

Dalk wou die een die ander van die pad afdruk en is toe saam oor die brug. Alkohol mag dalk ‘n rol gespeel het. Beter om weg te vlug en sober te raak en dan later oor te gee?

cb ·

Dit is wat ook gebeur het toe ons in ongeluk betrokke was, die bestuurder los sy vrou en kind in voertuig en vlug, nou wat nou……..

Maritha ·

Ek het Marcel se kommentaar gelees en komende uit die “perd se bek” my eie gevolgtrekkings gemaak…..hijack attempt wat lelik skeef geloop het. Innige simpatie met die oorledenes se naasbestaandes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.