Dringende aanmaning aan Rand Water oor verminderde water

(Argieffoto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ʼn dringende aanmaning aan Rand Water gestuur nadat hy watervoorsiening na verskeie munisipaliteite weens agterstallige skuld verminder het. Rand Water dreig nou glo ook om watervoorsiening selfs verder te verminder tensy die agterstallige skuld – wat gesamentlik sowat R3 miljard beloop – vereffen word of betalingsooreenkomste nagekom word.

Die munisipaliteite wat geraak word, is onder meer die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit en die Lesedi- plaaslike munisipaliteit in die Sedibeng-distriksmunisipaliteit in Gauteng; Rand West City- plaaslike munisipaliteit, die Merafong City- plaaslike munisipaliteit in die Wes Rand-distriksmunisipaliteit in Gauteng; asook die Govan Mbeki- plaaslike munisipaliteit  in Mpumalanga.

AfriForum sê sy regspan het die dringende aanmaning gestuur sodat die “wanpraktyk” gestaak word en inwoners die nodige water ontvang. Die organisasie sê in die meeste gevalle betaal inwoners boonop getrou hul waterrekeninge aan die munisipaliteit, maar dié plaaslike owerhede versuim om dit aan Rand Water oor te betaal.

“Toegang tot skoon water is ’n grondwetlike reg soos voorgeskryf in artikel 27 van die Grondwet en hierdie wanpraktyk van Rand Water dreig om hierdie reg te skend. AfriForum het reeds in 2023 ’n hofbevel in die hooggeregshof in Pretoria gekry wat soortgelyke skuldinvordering deur Rand Water onwettig en ongrondwetlik verklaar.

“Ons is daarom baie verbaas dat ’n soortgelyke strategie nou gevolg word en sal nie skroom om die hof te nader om die huidige praktyk van waterbesnoeiings wat Rand Water toepas, ter syde te stel nie,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se raadgewer vir plaaslikeregeringsake.

Morné Mostert, AfriForum se bestuurder vir plaaslikeregeringsake, sê Rand Water kan nie agter ’n kontraktuele remedie skuil en ’n onbillike proses volg deur sy besluit om watervoorsiening te verminder nie.

“Rand Water neem dié besluit – wat grootskaalse skade aan gemeenskappe kan aanrig – in die afwesigheid van enige openbaredeelnameproses.”

Mostert bestempel die proses as ongrondwetlik en sê dit voldoen nie eens aan die standaarde van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid nie.

Coetzee sê ook daar mag nie toegelaat word dat geskille tussen staatsorgane gewone burgers negatief beïnvloed nie.

“Munisipaliteite veroorsaak hierdie probleem weens wanbetaling, maar remedies en meganismes moet egter gebruik word om skuld in te vorder wat nie mense se grondwetlike regte skend nie.

“AfriForum sal al sy opsies oorweeg om te verseker dat hierdie wanpraktyk gestaak word,” sê Coetzee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Jammer, geen betaling, geen water en krag. Hierdie sosialistiese gedrag grief my. Op hierdie trajek word geen verantwoordelikheid gekweek nie. Dit versnel die roete na ‘n mislukte staat.

Anel ·

As ek R 10.00 agterstallig os op my rekening, word my krag of water gesny. Hoe kry munisipaliteite dit reg om miljarde agterstallig te raak en dan skrik iemand skielik wakker!!!!

Andries ·

Merafong se water toevoer is sedert vrydag verlaag na 30 %. Diè beskikbare water word deur die muni herlei na die nie – betalendes se opgaartenk. Die muni het die watertoevoer na die betalende dorp se water verder verminder.

domheks ·

cANCer het mos beloftes vir GRATIS WATER & ELEKTRISITEIT vir sekere mense goedgekeur. Nou moet cANCer maar sien om die betalings te doen. Dit beloop nou miljarde a.g.v. SWAK cANCer bestuurders in top poste.

Jandup ·

Govan Mbeki munispaliteit het nie geld om Eand Water te betaal nie. Ook nie Eskom nie.
Hulle wil egter nou ‘n nuwe ryding aanskaf vir die burgemeester van R700 000. Die somme maak nie sin nie

Casper ·

Laat die a n c inwoners weerhou van water en die land gaan brand.Jy kan nie sonder water en elektrisiteit klaar kom nie.Die verkiesing is op hande.

koos ·

Ek bly in lesedi. Alles is waar in die berig, useless en korrupte munisipaliteit. Wat my nog meer grief is dat die amptelike opposisie in die stadsraad, die befaamde DA, missing in action is. Wat ‘n teleurstelling, miskien werk die DA hier vir die fw de klerk-stigting?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.