ʼn Polisiebeampte van Johannesburg is Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat hy glo sy kollega se 13-jarige dogter verkrag het terwyl hy “hoogs besope” was.
Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het Woensdag aan Maroela Media gesê die beweerde verkragting het omstreeks 17:00 in Vosloorus aan die Oos-Rand plaasgevind.
“Die beampte en sy kollega, wie se dogter glo verkrag is, is albei by die Mondeor-polisiestasie gestasioneer,” het Langa gesê. “Die verdagte en sy kollega is bure en die kollega se gesin het hom bygestaan aangesien sy vrou hom glo verlaat het weens gesinsgeweld.”
Langa het gesê die kollega se vrou het die verdagte, ʼn 46 jarige adjudant-offisier, se hemp gestryk en hul dogter het die hemp na sy huis geneem toe die voorval glo plaasgevind het.
“Hy was hoogs besope en het die tienermeisie glo in die slaapkamer van sy huis ingedwing en verkrag. Die meisie het die verkragting dadelik aangemeld en die beampte is omstreeks 19:00 in hegtenis geneem.”
Sy het gesê die beampte was te dronk om ʼn verklaring af te lê en sal na verwagting Woensdag ondervra word wanneer hy nugter is. Sy het gesê die nodige bloedmonsters en DNS-toetse is reeds gedoen. “Verdere ondersoek sal Woensdag gedoen word oor die verdagte se beweerde geskiedenis van gesinsgeweld,” het sy bygevoeg.
Die beampte sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn op aanklag van verkragting.
Dit kon moontlik so gebeur het – as die ou dan nou so besope was, kon sy nie wegkom van hom nie, iets is nie lekker hier nie.
Dronk mans is nie minder sterk nie. Glo my, ek weet.
Rerig Ben?? Dis ‘n dronk man en sy ‘n meisiekind van 13! Natuurlik kon sy nie weg kom nie, enige man dronk of nugter is gewoonlik sterker as ons vrouens veral as hulle aggresief is. Die arme kind het nie ‘n kans gestaan nie
Die verdagte se vrou het hom verlaat agv gesinsgeweld en nou verkrag hy… ‘n Persoon met ‘n AO rang behoort geleerd te wees, ag nee wat, slegte gewoontes en slegte drange, tronk toe met jou, net jammer doodstraf kan nie toegepas word want dit sou meer van pas gewees het.
Kon nie n verklaring afle want hys te dronk?? So hy kan eintlik niks in n verklaring se nie behalwe “Ek is n vark”En dis nou die tipe mens na wie toe ek moet gaan as die nood op sy hoogste is vir hulp. I think not.
n Saak het 3 kante, myne, joune en die regte kant, iets ruim nie in die storie nie
Scalla en Ben, met respek, as dit een van julle se 13 jarige dogter was, sou die kommentaar dieselfde gewees het? ek glo nie.
Dalk het Scalla nie ‘n dogter/tjie nie, dus weet hy nie hoe ‘n Pa (en Ma) stres oor hul dogter/s nie.
Stem Andre, dit maak my sommer naar dat mense so kan wees. Het julle ooit kinders? Of is julle van daai wat dink die vrou of kind het dit gesoek??? Wonder maar net . .
Scalla, jou kommentaar is belaglik!
Andre ek stem 100% saam met jou kommentaar maar wat Scalla en Ben moet onthou is die AO word weer nigter en gaan natuurlik sê hy kan niks onthou nie maar die arme kind moet met dit saamleef vir die res van haar lewe