‘Dronkbestuurder’ eersdaags verhoor

(Argieffoto: pixabay)

’n Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy ’n noodlottige ongeluk onder die invloed van drank veroorsaak het, sal na verwagting van 6 tot 8 Desember in die Middelburg-streekhof in Mpumalanga verhoor word.

Alet Herbst (75) en Lina Lukele (51) het in Oktober 2018 in dié ongeluk omgekom. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het egter eers besluit om vervolging in te stel nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid in Augustus verlede jaar navraag gedoen het oor waarom niemand tot op daardie stadium vir hul dood vervolg is nie.

Herbst en Lukele is destyds in Walter Sisulustraat in Middelburg dood toe Tasmin Wells se motor vanuit die aankomende baan voor hulle ingeswaai en die ongeluk veroorsaak het.

Albei vroue is op slag dood en Herbst se liggaam is as gevolg van die impak uit die voertuig geslinger.

“Hoewel die voorval reeds in 2018 plaasgevind het, was daar geen vordering met die saak nie totdat die privaatvervolgingseenheid namens Pikkie Fourie, Herbst se dogter, betrokke geraak het,” sê Natasha Venter, adviseur by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Volgens Venter dui weergawes wat aan die lig gekom het daarop dat Wells vermoedelik onder die invloed van alkohol was toe sy die ongeluk veroorsaak het.

Daar is ook bewerings dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanvanklik versuim het om ooggetuies se weergawes in te win en die voorval behoorlik te ondersoek.

“Dit is jammer dat dit so lank geneem het om die beskuldigde in ’n eenvoudige saak soos hierdie te vervolg.

“Nietemin verwelkom ons die vervolging van die beskuldigde en hoop dat dit berusting vir die geliefdes van die slagoffers sal bring. Gevalle soos hierdie beklemtoon weer eens die privaatvervolgingseenheid se rol om druk toe te pas om te verseker dat beskuldigdes vervolg word,” sê Venter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

JM ·

As Afriforum nie ingegryp het nie, sou hierdie saak doodgeloop het. ‘n Mens het nie meer woorde om hierdie patetiese polisiediens te beskryf nie!

Sean ·

Swak joernalisme Wie is die drywer Iewers praat jy van Wells

Pitbul ·

Volgens Venter dui weergawes wat aan die lig gekom het daarop dat Wells vermoedelik onder die invloed van alkohol was toe sy die ongeluk veroorsaak het.

Christel Cornelissen ·

Dagsê Sean
Baie dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die oorsig en het die berig reggestel.
Groetnis
Christel
nms. Maroela Media

Fae Fubar ·

Sean, jy neem die woorde so uit my mond. Ek het die berig drie keer gelees om te sien waar ek die beskukdigde se naam gemis het

Shakespeare ·

25 jaar gelede het ek na die SAP toe gegaan vir beskerming en hulp. Nou is ek uiters versigtig en onwillig om die SAP te nader. Ek die aanklaer kan maklik verander na die aangeklaagde.

Perdeby ·

En as hulle nie ‘n bloedmonster geneem het nie het julle geen voet om op te staan nie, want hoor se gaan ongelukkig nie werk nie. sy kan net aangekla word vir roekeloos nalatig.

Jan Nel ·

Natuurlik het hulle ‘n voet om op te staan. As hulle suksesvol nalatigheid kan bewys, dan skop strafbare manslag in wat in effek ‘n baie groter straf sal behels as bloot dronkbestuur.

Pablo ·

Dis net verstommend hoe nutteloos die polisie en ander staats eenhede geraak het. Daar gaan geen verandering kom nie.

gatgogga ·

En wanneer word die dronk regter, wat ook ‘n ongeluk gemaak het, en toe boonop nog rassistiese opmerkings op die toneel gemaak het, vervolg?

Cabytheron ·

Die joernalis noem wel die vrou se naam! Haar naam is Tamsin Wells.
Wat ‘n tragedie. Ek sien elke dag hoe onverskillig mense hier aan die Suidkus van Natal, op ons paaie bestuur! Sluit die skuldiges toe vir baie lank, asseblief!

Hasie ·

Die persoon gaan lank verhoor word ….hoop hul kry darem ete breuke en slaaptyd ….

Waarnemer ·

Ek vertrou daar is bloedmonsters wat direk na die ongeluk geneem is beskikbaar andersn het julle maar n swak saak om te bewys….Sterkte

Nelius ·

Net hartseer dat geregtigheid weens n negatiewe motivering, pyn en verlies moet geskied.

Niklaas ·

As die owerhede in hierdie en ander soortgelyke gevalle net hul werk behoorlik wil doen en minder traag voorkom, sal sulke nalatige bestuurders wat skynbaar onder die invloed was, die nodige strawwe kry. Dit mag selfs dien as afskrik middel of mens hoop so.

Jaco ·

Een slagoffer was swart en die dronk bestuurder is wit, maar die NVG vervolg nie. Hoe dan nou? Wat dan nou van Black lives matter en human rights en ubuntu en bevegting van wit rassisme?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.