Een dood in transito-skietery

Argieffoto

Een persoon is doodgeskiet in ʼn mislukte transitorooftog naby Boschfontein in Mpumalanga.

Die rowers het Donderdagoggend naby die Nkomazi-landdroshof toegeslaan en ʼn skietery het tussen die veiligheidswagte en die rowers uitgebreek, het kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, gesê.

Tydens die skietery is een van die rowers doodgeskiet en ʼn tweede een vermoedelik gewond.

Dié persoon en agt van sy makkers het in verskeie voertuie van die toneel gevlug.

In die oorhaastige wegkommery het die bestuurder van een van die voertuie teen ʼn boom vasgejaag, het Mathe gesê.

Die verdagtes is egter steeds op vrye voet en die voertuig wat in die botsing betrokke was, het vervalste nommerplate opgehad.

Die polisie het intussen die gesondheidsdepartement gevra om op die uitkyk te wees vir ʼn pasiënt met ʼn skietwond wat dalk mediese hulp sal soek.

Lede van die publiek is ook gewaarsku dat dit ʼn strafregtelike oortreding is om ʼn misdadiger te huisves, te versteek of te help.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiewoordvoerder, het die veiligheidsbeamptes vir hulle dapperheid geloof. Hy het ook die polisie se sogenaamde 72 uur-aktiveringsplan in werking gestel sodat hulpbronne beskikbaar gestel kan word om te help in die soektog na die rowers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cherokee ·

Komplimente aan Maroela met ‘n lekkerlees berig. Dit is lekker om te sien die vermeende verdagte woorde is delete in jul woordeskat. Hierdie berig is feitelik geskryf. En ja Charles, komplimente ook aan jou met jou simpatie en goeie wense aan die boom, maar Maroela het ‘n berig geskryf soos ons dit wil lees. Dankie :-)

Ron ·

Dit het nou n lekker laggie op my sad gesig gebring vanoggend . . .

Chris Ws ·

Ek moet saamstem -daai veiligheidswagte verdien ‘n medalje en ‘n goeie bonus van hul werkgewer af.Eintlik moet die publiek gevra word om ‘n bydrae te maak vir hulle.Dink net ,daar kan dalk ‘n miljoen Rand of so ingesamel word vir hulle bravade en ander veiligheids wagte daardeur motiveer om ook soveel rowers dood te skiet as hul kan.

Maljan ·

Die polisie kan mos nie meer vingerafdrukke neem of lees nie. Voertuie word agtergelaat, vuurwapens word gevind maar nooit lei vingerafdrukke tot arrestasie nie.

Madelein ·

Regtig, more hoor ons weer van Nooddienste wat beroof is. Hulle dokter nou hulself

Issabelle ·

My seun is een van die veiligheids wagte wat die skiet werk gedoen het …. !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.