Een dood, vier voertuie teruggekry op Mosambiek-grens

(Foto: SAPD)

Soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het Dinsdag ʼn man doodgeskiet nadat hulle tydens ʼn roetinepatrollie op vier gesteelde voertuie afgekom het naby die grens tussen Mosambiek en Suid-Afrika.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het gesê die soldate het omstreeks 03:00 die konvooi voertuie gewaar wat na Mosambiek op pad was. ʼn Skietgeveg het uitgebreek nadat die soldate die bestuurders van die voertuie wou voorkeer.

(Foto: SAPD)

ʼn Insittende van een van die voertuie is doodgeskiet terwyl ʼn onbekende aantal verdagtes van die toneel gevlug het.

Daar is op drie Toyota-bakkies en ʼn Toyota Fortuner beslag gelê. Die voertuie is in Gauteng en Mpumalanga as gesteel aangemeld.

Mohlala het gesê die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek begin en dat die oorledene nog nie geïdentifiseer is nie.

ʼn Soektog is na die verdagtes wat gevlug het van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

AndrewL ·

Dit is ongelukkig die enigste taal wat die vlenters verstaan. Hulle het geen ontsag vir lewe of ander se eiendom nie.

Ek hoop net die weermag word nog meer paraat in die grensgebiede waar die voertuie deurgesmokkel word.

Henry ·

Hoe kom daardie motors deur die grens poste.
Dit behoort mos daar gestop te word.

Perdeby ·

Jy verstaan nie, hulle gaan deur GEEN GRENSPOS NIE, donkies sleep die voertuie deur die rivier, en hulle ry deur die bosse oor die grens. Hulle weet al hoe diep rivier op sommige plekke is en waar die sandbanke is, dis hoekom hulle donkies gebruik om die voertuig te sleep deur die rivier.

domheks ·

Daar is BAIE meer plekke on deur te gaan as die grenspos…

Jacob ·

Suid Afrikaanse soldate moet meer tyd op die skietbaan deurbring.

Kokerboom ·

Kla aan vir ekonomiese terrorisme. Beantwoord vuur met vuur.

Waarnemer ·

Soldate skiet slegs 1 dood!!pre ’94 was teiken skiet deel van weermag opleiding en n teiken soveel kleiner as n voertuig dief….stuur daardie soldate terug basis toe vir verdere skiet opleiding e. Gaan soek die diewe wie weggekom het maar gerus in Mosambiek.Met hierdie SA soldate staan ons land nie n kat se kans in n oorlog nie.

Niklaas ·

Net een dief raak geskiet . Het hierdie kastige”soldate” dan met opset mis geskiet , of wou hul nie boeties raakskiet , of is hul net eenvoudig vrot skuts ? Dan moet ons hoop Lesotho of Eswatini sal ons nooit binneval nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.