Eerste internasionale vlug met SAL se nuwe A350

Argieffoto van ‘n vliegtuig se kajuit. Foto: flyingmag.com

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het die eerste internasionale vlug met sy Airbus A350-900 onderneem.

Die SAL het laat Dinsdagaand in ’n verklaring gesê die vliegtuig het vanaf OR Tambo-lughawe in Johannesburg na John F. Kennedy-lughawe in New York gevlieg.

“Dié intreevlug was die eerste vlug wat ons beplan om binnekort op ons internasionale roetes bekend te stel,” sê Zuks Ramasia, waarnemende uitvoerende hoof van die SAL.

Die vliegtuig is een van vier nuwe A350-900-vliegtuie in die SAL se vloot en vervang die Airbus A340-600 wat vantevore gebruik is vir vlugte na en van New York. Dié vliegtuie word nou verkoop.

Maroela Media het vroeër berig die lugdiens het nege vliegtuie in sy vloot op tender te koop aangebied. Voornemende kopers het tot 30 Januarie om aan te dui dat hulle in die vier Airbus A340-600-vliegtuie en vyf Airbus A340-300-vliegtuie belangstel.

Argieffoto

Die advertensie vir die verkoop van die vliegtuie is op 10 Januarie op die nasionale tesourie se webblad vrygestel. Die tydsberekening het vrae laat ontstaan oor óf die verkoop van die vliegtuie deel vorm van ʼn omkeerplan wat die lugredery uit finansiële verknorsing moet red. Buiten die vliegtuie, verkoop die SAL ook vyftien enjins en heelwat onderdele.

Luidens die mees onlangse verklaring bied die Airbus A350-900 ’n stiller kajuit, ’n nuwe vermaakstelsel en bykomende beenspasie vir passasiers in ekonomiese klas. Passasiers in besigheidsklas sal boonop hul stoele heeltemal kan platslaan.

Dié vliegtuie is ook omgewingsvriendelik met beter brandstofdoeltreffendheid en kan verder vlieg as enige ander in kommersiële diens.

“Die gebruik van die A350’s sal ʼn bydrae lewer tot die lugdiens se bedryfsdoeltreffendheid en vorm deel van die vloothernuwing om seker te maak die SAL kan sy klante beter bedien,” het Ramasia vroeër gesê.

Dié aankondiging volg nadat die SAL vroeër Dinsdag verskeie plaaslike en internasionale vlugte saamgevoeg het omdat te min kaartjies vir dié vlugte gekoop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Magda ·

Koop aan – maar julle kan nie eers julle skuld betaal nie OMG – SAL Ja wat kan mens se – ANC in beheer. Dit se alles, wonder wie is die goed gekeurde tender aansoek???

Feite ·

Nuwe vliegtuig of nie, sy vlerke sal mettertyd ook deur sosialisme geknip word.

SjN ·

Hoop die vliegtuig het n diensplan ingesluit met die aankoop aangesien instandhouding en ouderhoud nie bestaan nie.

WiseOwl ·

Dit is net nog n rookskerm.

“You cannot put lipstick on a pig!”

Probeer nou spog met nuwe vliegtuig, maar kan nie eens die wat hulle het vol bespreek nie. Hulle het hulself uit die mark geprys.

“Your chickens are coming home to roost”

Hoe vinniger die deure toe gemaak en sommer toe gemessel word hoe beter vir almal.

Annoniem ·

Daar is nie geld nie en die staat se “blikkie” moet geskud word om rekeninge te betaal…
Verkoop daai Airbus sowel as SAA se hele vloot, sluit SAA se deure permanent en betaal daai “reddings-boei” terug… Daai “skippie” het al lankal gesink.

Erika ·

Ek sal nie my geld waag om te verloor om ‘n kaartjie te koop by SAL nie!

JohanR ·

Wie was op die eerste vlug? Was dit SAL hoes, ministers en uitgesoektes, en die drank het gevlooi?

Susan ·

Verkoop van vliegtuie en onderdele is net nog ‘n manier om geld te verduister sonder dat daar te veel vrae gevra word. Teen die tyd dat dat die waarheid posvat is geld weg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.