EFF beplan om ʼn skool vir hulself te stig

Julius Malema by die EFF se volksvergadering Maandagmiddag. (Foto: Twitter)

Die EFF-leier, Julius Malema, het Maandagmiddag ter afsluiting van die EFF se volksvergadering (nasionale kongres) by Nasrec suid van Johannesburg aangekondig dat die EFF binne die volgende jaar ʼn private skool gaan bou en stig – verkieslik in Alexandra, oos van Johannesburg.

Die Winnie Mandela-skool sal volgens Malema oor alle geriewe beskik, maar geen skoolgeld vra nie. Hy sê die beste onderwysers sal gewerf word van oor Afrika om mee te ding met ander top- private skole soos Crawford College en Curro.

Malema het gewaarsku dat 2020 vir magte aan die linkerkant van die politieke spektrum ʼn jaar van aksie sal wees. Die EFF beplan om, saam met simpatieke vakbonde soos Amcu, Eskom se eiendomme te beset ten einde aan te dring op betroubare elektrisiteitstoevoer, asook om privatisering van Eskom teen te staan.

Weens die gebrek aan demokrasie in Swaziland gaan die EFF grensposte tussen Swaziland en Suid-Afrika beset. Die EFF gaan ook ʼn veldtog teen banke en die finansiële sektor van stapel stuur omdat daar volgens Malema te veel mag in hierdie sektor skuil.

Hy het ook ʼn streep getrek deur samesmelting met die ANC nadat pres. Cyril Ramaphosa hom gebel het.

Malema het aan die gehoor van sowat 4 000 gesê Ramaphosa het hom pas tevore gebel: “Hy het my gelukgewens en gesê die ANC kan baie by die EFF leer oor hoe om saamtrekke te organiseer.

“Hy het my gelukgewens daarmee dat ek onbestrede verkies is as EFF-leier, en gesê hy wens dit kan met hom gebeur, maar hy dink nie dit sal nie,” het Malema vertel.

“Ek was bly toe hy aangekondig het sommige van die Fees Must Fall-aktiviste gaan vrygelaat word. Maar hy is nie ons vriend nie, want hy verkoop ons land se bates,” het Malema gesê.

Malema het gesê hoewel die EFF die meeste Afrikatradisies respekteer, moet die tradisie van ukuthwala (waar jong meisies deur mans ontvoer word om met hulle trou) teengestaan word omdat dit die regte van vroue skend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

André André ·

Maar ek lees nou elders die EFF gaan ook ‘n eie radiostasie op die been bring EN ‘n drukpers!

André André ·

Maar ek lees nou elders die EFF gaan ook ‘n eie radiostasie op die been bring EN ‘n drukpers!

legens ·

Moet net nie te hard lag nie . Die wereld het ook gelag vir `n nar en sy bruinhemde . ons moet ons eerder bekommer oor hierdie nar en nie aflag nie . hy is geweldig gevaarlik . sy modus operandi is presies dieselfde .

André André ·

Legens, ek kan nie wag om die planne en tenders vir sy kleuterskool te sien nie!

Hansie slim ·

Malema, in stede van alles te kritiseer en te opponeer, maak voorstelle vir oplossings, oplossings wat vir almal ‘n oplossing sal wees!!… nie net die EFF nie!!
Om Eskom te op te breek, is nie idiaal nie maar wat is jou oplossing…. sonder om vir ‘n paar jaar net beloftes te maak en ‘n groter gemors te maak!!!

Johan ·

Hansie Slim – watter oplossing bied ‘n EFF (giftige politieke) skool vir jou en vir my? Dit kan ‘n gevaarlike situasie wees…. Hulle mikpunt is nie opvoedkundig nie, radikale politiek.

Abe ·

Johan,
Jy het die uitdrukking heeltemal verkeerd: “The proof of the pudding is in the eating.”

Johan ·

We hope you are going to use ” black monopoly capital” !

Tweetie ·

Sy mond is groot, maar hy sê wat die massas wil hoor, en dit maak hom gevaarlik. Wonder nogal wat jy in n dekolonised skool geleer gaan word. Sekerlik nie wiskunde en skeinut nie. Dit is goed dat hy aan bou begin dink. Hy droom groot om vir Afrika te verening , dink nie hy gaan die samewerking van anderAfrika-diktators kry nie, elkeen wil koning kraai op sy eie mishoop. Malema ly aan kleinmannetjie sindroom.

Rm ·

Daar sal hulle sekere die fyner kunsies geleer word van plaasaanvalle, besetting en diefstal

Hans ·

Wonder net hoe gaan die onderwysers se betaal word-klink nie of dit ‘n staatsondersteunde skool wees nie.

HV ·

Ek gee hom n brief dit gaan een groot gemors en n mislukking wees as dit ooit gaan gebeur.

ZeldA ·

Asseblief bou sommer nog… Dan kan ons kinders in vrede skool gaan.

Andre Stander ·

Laat vir ons weet hoe dit vir jou uitwerk hoor !?!!

Haa Haa Ha!!

AmY ·

Wie gaan die onderwysers betaal as alles gratis en verniet gaan wees? En die water en ligte?

Shantle ·

Geen skoolfooie? Beste onderwysers?? Magtig.. Dit is die beste grap wat ek al gehoor het. Wie gaan betaal vir die onderwysers, boeke ens

Se maar net ·

Vir geen ander rede as geldwassery begin hul die skool nie…..

Proppie ·

Ek hoop nie malema is die hoof nie Dan gaan daar seker nie houdwerk wees nie

Nelia van Zyl ·

Nè! Nogal die Winnie Mandela- skool! Wat van die Stompie Sepei-skool? Of vergeet jy gerieflikheidshalwe, mnr. Malema? Ek stel ook voor jy win eers kennis in voor jy jou onkunde oor skole en onderwys so blatant uitblaker. Gratis nogal?! En met watter geld gaan jy die sg. beste onderwysers betaal? En die water en ligte? En die leermateriaal? En die instandhouding en telefoonrekening? Tegnologie en laboratoriums? En die buitemuurs? En musiekdepartement? En so kan ek aangaan. Vind ook sommer uit aan wie meet ‘n mens jou akademiese standaarde regtig, want jy leef in ‘n dwaal.

Markus ·

As die Ramaposa storie waar is dan is hy net so groot nar soos malema.

JP ·

Die maneer het weer ‘n beplande vuil agenda wat agter die skooltjie skuil

Johanna Botha ·

Met vbs geld gaan die skool gebou word met die gogo se geld wat aanhou vir hom stem …..

Boerin ·

Dis die beste nuus wat ek in n lang tyd gehoor het. Hoop dis n BAIE groot skool, want hy gaan uit sy mate bars!!!! Ek sal vir julle studente aanstuur!!!

Asjas ·

Terwyl ek WEET hierdie is nou weer net groot pratery, hoop ek dat hy tog sy skooltjie kry. Dan kan hy eerstehands ondervind hoe dit voel om te stoei met mense wat nie wil werk nie, studente wat nie wil leer nie en geboue wat sonder geld net eenvoudig nie wil heel bly nie. Onderwysers en leerders gaan begin betoog en af brand en dan gaan Malema sien en voel hoe dit lyk wanneer jou harde werk in vlamme opgaan.

Adriaan van Tonder ·

Dan kan hy sy eie skool afbrand as sy leerders nie eksamens deurkom nie.

EO ·

Ek wonder wat sal hulle doen as ek net vir die grap daar opdaag en sê ek wil my kind inskryf?? Die “top”onderwysers gaan seker verniet skoolhou, want hoe gaan die salarisse betaal word as die skoolgelde gratis gaan wees?? Die AAP!!!!!!!!!!!! Probeer ook enige iets doen om aandag te trek!! Regte ou peanut!!!

CJ ·

Ek soek juis na n onderwerp vir my PhD. Dalk kan ek hierdie skoolmodel bestudeer. My kommer is egter of dit oor drie jaar nog sal bestaan wanneer my studie voltooi is.

Anoniem ·

EFF: Everything For Free. Ons sal seker nog meer vir belasting moet opdok.

AndrewL ·

Is dit waar van die nuwe sirkus skool waar almal rooi gaan dra?

HA HA HA HA HA HA HA HAHA HA HA HAHA ·

ha ha ha ha ha ha haha haha ha ha

vak 1 = hoe om witmense te haat
vak 2 = hoe om te glo jy kan al KAN JY NIE
vak 3 = Hoe om te glo die wereld skuld jou iets
vak 4 = jou gedrag is ok!

ha ha ha ha ha ha ha ha haha haha maak my dag

TDW ·

Ek dink dis ‘n fantastiese idee. Dit sal goed wees om te sien hoe die eff iets bou ipv breek.
Dit sal vir die eff ook ‘n goeie leerskool(vergewe die woordspeling) wees om te sien niks is verniet nie, die geld moet van êrens af kom.

Nel ·

Ek maak solank coke proppies bymekaar om te stuur vir die skouer-pips – a la Idi Amin styl. Ek twyfel ook sterk daaraan of dit ‘n gewone skool met gewone onderwysers en gewone vakaanbieding gaan wees. Hulle sal fyn dop gehou moet word.

WMirabillis ·

Ou rooie, onthou ”an original is always worth more than a copy” – jammer om te sê maar jy en jou luitenante het dit nie in julle om iets konstruktiefs op te rig nie en dan wil julle nogals met die Curro-skole meeding…LOL.

ano ·

Beste onderwyers uit AFRIKA? So, hy gaan nie vir sy eie landsgenote werk gee nie?

Sarel P ·

Hi Mal Emma,
Indien jy ernstig is en glo in wat jy wil doen wonder ek waar die tydraamwerk vir begin en voltooiing is. Weer net n belofte wat tot niks sal uitloop nie.
Indien jy ernstig is en jou doel behaal met behoorlike akkademiese prestasies op n eerlike manier sal ek die eerste wees om jou geluk te wens. Dit sal n eerste wees waar daar voor gewerk en nie net oorgeneem is nie.

John ·

Ons is so gewoond aan dwarrels dat ons nie meer wonder waar die nes is nie: Marx en Engels se kommunistiese manifesto oor die proletariaat, die arme massa, en die bourgeoisie, die burgery/ middelklas wat glo die armes uitbuit om winste/mag te bekom (met die adel on top) en wat uitgewis moet word. (Die groen draak kan met die idee saamleef.) Hiervolgens word alle eienaarskap verdoen, gesinne bloot staatsentiteite en onderwys die breinspoeler van die proletariaat. Dit is wat in ons land broei. Net… Ace en Julius en Zuma en Cyril en die KP en BLF en… en… wil baas wees. Amper ‘n soort kokkedoor-kompetisie wat bloeddorstiger raak. Afrikaners is hiervolgens die gehate bourgeoisie. Dis hoekom die wind so waai…

Vonkprop ·

Kom ons begin by die begin. Het hy al grond vir hierdie skool projekkie van hom of gaan hy ‘n stuk grond beset en onwettig begin bou? Het die EFF ook nie ‘n tyd terug ‘n huis vir iemand in Nkandla gebou en na ‘n paar maande val die plek amper inmekaar van swak bouwerk nie? Wonder net hoe veilig sal die skooltjie wees.

Rubber ·

Moenie te hard lag nie. Malema se hanteerder in London haat die, Afrikaner en sal saam met die NWO hard werk om met politieke indoktrinasie haat te saai teen ons.

Gert, Greyling ·

Lesufi Sal sien dat die sex education gedoen word want dit Sal een van die hoof vakke wees

JohanR ·

EFF gaan skool toe……. 90% van julle het skool brood nodig!

Andre ·

Ek kan net hoop sy ” followers” besef hulle is net daar om hom en sy ” friends” in die goue stoel te hou sodat hulle kan ryk word…..hy se net wat hulle wil hoor en lag agter sy hand vir hulle. Daardie dag gaan die wereld vir hulle te klein wees…

A Mac ·

Dis reg so, begin jou eie skool, dan is jy ook daar die CEO, en nog ‘n plek waar jy jouself en jou comrades kan verryk met ander se gelde. Sien is glo en hier sal ek eers glo as ek die resultate van die skool sien. Maar dan, ons is almal geregtig op ons drome en idees, hoe idioties en onhaalbaar, maar ons praat nie daaroor nie, geniet dit net so in die stilligheid by onsself, anders as party ander mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.