EFF, Malema moet weer opdok aan AfriForum

EFF-leier Julius Malema. Foto: EFF

AfriForum het die EFF en sy leier Julius Malema op terme geplaas om voor eerskomende Vrydag ’n verdere bedrag van R109 098,30 vir ’n uitstaande kostebevel aan dié organisasie te betaal.

Indien die geld nie teen dié datum betaal is nie, sal AfriForum weer ’n proses begin om op die EFF se bates beslag te lê.

Dié geld hou verband met die kostebevel wat AfriForum op 14 November 2018 teen die EFF en Malema bekom het nadat die EFF en Malema se poging om ’n dringende hofbevel te bekom – om te verhoed dat AfriForum die EFF se eiendom verwyder en op ’n veiling verkoop – misluk het. Dié regsrekening is reeds getakseer en daarom kan AfriForum die betaling daarvan nou afdwing.

Die kostebevel wat AfriForum op 18 November 2018 bekom het, is een van vyf kostebevele wat dié organisasie reeds teen Malema en die EFF bekom het. Van die vyf kostebevele het Malema en die EFF reeds twee betaal, wat ’n bedrag van R235 000 beloop.

Met die betaling van die derde afdwingbare kostebevel sal daar nog twee uitstaande kostebevele wees. Die afdwinging van laasgenoemde word teruggehou omdat een nog getakseer moet word en die EFF appèl teen die ander een aangeteken het. Na raming sal die gesamentlike bedrag van die vyf kostebevele sowat R550 000 beloop.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gaan Malema en die EFF se betalings aan AfriForum aangewend word om pogings om die land se Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, in die howe te beveg. “Ons gaan Malema en die EFF met hul eie geld beveg,” sê Kriel.

Die betrokke vyf kostebevele spruit voort uit ’n hofgeding sedert Maart 2017, toe AfriForum ’n interdik teen Malema en die EFF bekom het wat hulle verbied om mense aan te hits om grond onwettig te beset of betree.

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het in AfriForum se guns beslis en die interdik met koste toegestaan. Malema en die EFF het daarna ’n tersydestellingsaansoek teen die interdik gebring, wat op 12 September 2017 aangehoor sou word. Die hof moes dié saak egter uitstel nadat Malema en die EFF se betoogshoofde in hul eie saak laat ingedien is.

Die regter het gevolglik ’n bestraffende kostebevel teen Malema en die EFF uitgereik. Met die hervatting van dié saak op 18 Februarie 2018 het Malema en die EFF se regsverteenwoordigers nie opgedaag nie en is die saak in AfriForum se guns beslis met die afwysing van die tersydestellingsaansoek, en ’n verdere kostebevel is teen Malema en die EFF uitgereik.

Die ander twee kostebevele is albei op 14 November 2018 in twee afsonderlike sake teen Malema en die EFF in die Noord-Gautengse hooggeregshof in AfriForum se guns uitgereik. Die eerste bevel hou verband met ’n saak van minagting van die hof, wat AfriForum teen Malema en die EFF aanhangig gemaak het.

Dít volg nadat Malema en die EFF voortgegaan het om grondgrype aan te moedig, ondanks ’n staande interdik wat AfriForum bekom het om hulle te verbied om mense aan te hits om grond te beset. Die EFF en Malema se regspan het nie betyds hul betooghoofde ingedien nie, wat beteken dat die saak later aangehoor sal moet word. Daarmee het die EFF en Malema hulself nóg ’n kostebevel op die hals gehaal.

In die ander saak het die EFF en Malema probeer om ’n dringende hofbevel te bekom wat verhoed dat AfriForum die EFF se eiendom verwyder en op ’n veiling verkoop om regskoste te verhaal. Die hof het beslis dat die EFF en Malema se saak nie dringend was nie en het gevolglik ’n vyfde kostebevel teen Malema en die EFF gegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jan ·

‘n Bewys dat die regstelsel in die land werk en sy prosesse geïmplimenteer word.

HPV ·

Baie Afrika lande is ashope gelaat, menseslagtings het plaasgevind en burgerooloë woed al jare, en dit is veroorsaak deur opruiende mense soos malema. die man moet internasionaal aangekla en vervolg word.

Andreas ·

Ek het ‘n voorstel: Kom ons almal stem EFF, ons raak dan die meerderheid, met die verkiesing van die leiers stem ons vir Julius en die top tien uit en vervang hulle met ons eie kaders …. almal Afrikaans en leliewit!

Nick ·

Jip , julle wen geld en ons boeere en mense word verder vermoor uit wraak vir al hierdie probleme. Doen eerder iets vir die boere met die geld!!!!

John ·

Het ons nie ‘n regering, met ‘n weermag en polisie nie? Maar CR staan breèbors aan Malema se sy en… lag vrolik vir die kamera…en duskant wroeg Afriforum en sy regslui om te keer dat die EFF mense opstook. So die klein groepie wil die massa ‘n lessie leer en keer dat die damwal breek. Eerlikwaar… julle por juis moeilikheid aan. CR keer nie eers vir Lesufi wat skole beset nie. Hoop Kallie om baie fondse te in om meer paaie reg te maak na die plase wat beset wil word. Meng jou met die semels dan snel die regering jou te hulp? Die VF+ het BLF aangevat en die groep het uitgeval, maar nou sit die boere met groot haters. Dink ‘n slag.

???? leser ·

@hpv
nie net moet mal-emmer aangekla word in die internasionale strafhof nie, maar “stir-all” ook vir sy aandeel aan die mense (wit) slagting in suid afrika
indien afriforum se mense die kommentaar lees, maak ‘n plan hiermee

Ja Nee ·

Mense mag miskien nie hou van Afriforum nie maar hulle is waarlik n doring in die vlees van die eff en dit maak my bly.
Mooi gedaan Afriforum!

johanII ·

Eks met jul Willem en Dries…ons moet ons kinders maar help waar ons kan…. Soos daai ouetehuus insident, waar is die wit werkers? Hoekom stel niemand wit werkers aan nie, sekerlik is daar sulke mense?

Moppy ·

Dis goeie nuus dat hy en sy party moet betaal ek hoop hou so aan dat as hy dinge se laat hul maar aan hul sakke voel

Niccy ·

LEKKKKEERRRRR!!! Die wet van Transvaal. SA se aktrise wat nou oorsee is borg mos vir JM so sy sal maar weer moet opdok! Sorry Charlene T maar jy moet maar weer moet betaal. Jou boetie weet mos nie om sy bek te hou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.