EFF skenk ook salarisse vir Covid-19-fonds

(Foto: Brian Inganga/AP)

Lede van die EFF se bestuur en openbare verteenwoordigers het ook onderneem om vir die volgende drie maande ʼn derde van hul salarisse aan die regering se Solidarity Fund te skenk. Dié fonds moet onder meer sakeondernemings bystaan wat swaar trek tydens die tydperk van algehele inperking.

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand gesê dat hy, die adjunkpresident, ministers en adjunkministers elkeen ʼn derde van hul salarisse sal afstaan vir die volgende drie maande. Hierdie deel van hul salarisse sal aan die Solidarity Fund geskenk word.

“As deel van die EFF se bydrae tot die stryd teen Covid-19 sal ons parlementêre lede, lede van die provinsiale wetgewer en raadslede ook ʼn derde van hul salaris aan die Solidarity Fund skenk,” lui ʼn verklaring Vrydag deur die EFF. “Ons doen ook ʼn beroep op alle verteenwoordigers in alle sfere van die regering en alle Suid-Afrikaners wat tans werk het en dit kan bekostig, om dieselfde te doen sodat ons genoeg hulpbronne het om die verspreiding van die virus te beveg,” lui die verklaring.

Die burgemeester van Ekurhuleni, Mzwandile Masina, het ook aangekondig dat hy, die stad se bestuurder, lede van die burgemeesterskomitee en finansiële hoof óók ʼn deel van hul salaris sal skenk.

Hierop het Samwu, die vakbond vir munisipale werkers, dit duidelik gemaak dat geen van sy lede bereid is om ʼn deel van hul salarisse prys te gee nie. “Munisipale werkers het nie geld wat rondlê soos wat politici het nie. Ons sal daarom hierdie uitdaging aan politici oorlaat en is nie bereid om die werkgewers se bedrywighede te subsidieer nie.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Anel ·

Die hoof van die rooi brigade is maar ar stil! Besluit seker nog of hy gaan afstand doen van sy swaar verdiende geld!

Jan Nel ·

Ek sal ook ‘n derde van my inkomste vir hierdie maand skenk. In watter rekening kan ek die R10,00 in betaal?

Michael 1 ·

Dit was so rustig sonder om iets van hom en sy bende te hoor ,hoekom kon dit nie aanhou nie?

Erik ·

Ek wonder of Ace ook die groot meneer se voorbeeld gaan volg. Hy is maar tjoepstil…

Rodger17 ·

Wees verseker daar is n slang in die gras met al hierdie skenkings.Hul verdien elk geval só baie hul voel dit nie eers nie,en gló my,vorentoe gaan hul iets in ruil soek daarvoor.Elk geval die belastingbetalers se eie geld wat hul insit vir hul eie mense nie vir blankes beslis nie

Die Wolf ·

Hulle gee niks. Betaal net die VBS bank se lenings terug.

Eerlik ·

Beslis n slang in die gras, ANC wen weer stemme met al die extras wat vir “our people” gedoen word in hierdie tyd. Die EFF doen niks sonder n motief nie.

Nell ·

Nee wat ek sal maar verby hou. Ek onderhou in elk geval my huishulp en haar hele gesin vir die inperkingstydperk en help in my gemeenskap waar en hoe ek kan. Ongelukkig het die verlede bewys dat sommiges nie met geld/skenkings vertrou kan word nie.

msp ·

As ek geld het wat ek kan gee sal dit net vir Solidariteit, Afriforum of Boeredroogtesa wees. Hulle het gelukkig nie daai beleit van jou besigheid moet 51 % swart wees nie.

Gawie ·

Interresssant dat die RooiKepse so stil was die laaste ruk. En nou dat hulle vir die eerste keer iets sê, praat hulle vir ‘n slag nié ‘n klomp twak nie! Mooi so Julius!

Cherokee ·

Skielik is ‘Julius’, nie Malema, maar ‘Julius’, jou held. Dit is lekker vir mense wat tussen die lyne kan lees, om op te let hoe deursigtig julle is.

Fedup ·

Sies samwu. Have you no shame. Geluk aan al die ou politieke leiertjies. As ek weer eendag koekies kan bekostig, en julle belowe om daai geldjies te gebruik om alle suid afrikaners te help, gee ek vir elkeen een. Promise.

Zacahara ·

Mmm, ek as lid van IMATU stem saam met my “comrades” van SAMWU. Gemeet aan ons misluktepaliteit, wat sekerlik verteenwoordigend is van alle misluktepaliteite, is dit hoofsaaklik die bestuur & politici wat nie hulle handjies uit die koekblik kan uithou nie!!! Neewat, laat hulle maar opdok. As iemand regtig wil (& kan) bydra, ondersteun jou plaaslike NWO. Meeste regerings-inisiatiewe draai korrup uit…!!! Viva SAMWU!!!

Praatsaam ·

Stefan, ek werk in hierdie tyd as essensiele werker. Ek maak ook maar my paar rand bymekaar om vir die hele familie te sorg wat hier afgepak het vir die lock down. As jy dink ek het geld om rond te gooi kan jy maar 2 keer dink. Maar dan kom buite mense soos jy, wat geen feite het oor ons salaris, en kom besluit vir my of ek minder geld moet verdien. Kom verklaar wat jy verdien hier in die openbaar dan verklaar ek myne.

Ivana ·

Ja hulle kry so hengse salaris, hulle kan die helfte skenk dan kry hulle per mnd nog steeds meer as wat ek in 5jr verdien

Pieter ·

Die EFF en ander politieke verleiers kan maar 100% van hul salarisse skenk wat hulle kry. Met die politieke ekonomiese beleide wat ons tot rommelstatus gebring het en swak ekonomiese vooruitsigte na 1 Mei verdien hulle nie ‘n sent van ons belastinggeld nie. Daarby is die fonds diskriminerend teen blankes. Dit is beter om jou geld in ‘n fonds te plaas ten bate van ons mense of spandeer die geld self aan ons eie behoeftiges. Bowendien, enige regeringsfonds is oop aan bedrog, iets waarin hulle uitblink en uitstyg.

Lorna ·

Wie het n helk oopgelos of het hy onder deur die draad gekom

Eerlik ·

Dis inelkgeval ons wat die lot se salarisse betaal. As jy wil munt slaan uit SA belasting betalers stig jy net n politieke party.

Lynette ·

Terwyl ek nie soveel van my salaris kan afstaan nie, dink ek ons wat in die staatsdiens werk, vanjaar ons verhogings moet prysgee. Ek besef Ek gooi nou n vuurwarm klip in die bos,maar Ek wil ook graag help. Al wat Ek vra is dat die geld op die regte plek uitkom en dat wat ons gee mense sal help en Nie fat cats nog vetter sal maak Nie.

Cherokee ·

Ek sal nie agterbly nie. Ek is ook bereid om ten minste ⅓ van my verliese vir die isolasie-tydperk oor te dra.

Steady Eddie ·

Daar is ‘n Engelse gesegde wat lees “Monkey see, Monkey do !!!”
Ironies dat dit nou weer in my gedagtes moet wees …
Dr. Anton Rupert se leuse jare terug was “As jy nie 1ste is nie, moet jy die teikenmark so oorlaai dat hulle moet dink jy was 1ste …
Ek wonder wie gaan die Solidariteitsfonds bestuur ???
Ek sê/vra maar net !!!

Anin ·

SAMWU sê sy lede sal nie skenk… Hoekom sny hul nie die topbestuur (Munisipale Bestuurders en direkteure) se salarisse nie? Hul verdien miljoene per jaar.

Dr Pieter ·

Die EFF se “mag” lê in al die publisiteit wat hulle kry. Talle politici het aangebied om hulle salarisse te skenk en dit is prysenswaardig, maar hoekom word EFF uitgesonder vir ‘n berig in MM?

pieterweskaap ·

Onthou tog net: Daar’s ‘n hengse verskil tussen salaris ONTVANG en salaris VERDIEN!

Moet dus nie so maklik sê iemand verdien ‘n groot salaris nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.