EFF: ‘Springbok-rugby ʼn simbool van wit oppergesag’

Faf de Klerk vier fees ná die Springbokke met Engeland afgereken het (2 November 2019) (Foto: AP Photo/Christophe Ena)

Die EFF het weer Dinsdag geweier om die Springbok-rugbyspan geluk te wens en gesê daar sal geen rasse-enigheid in Suid-Afrika wees voordat rykdom nie eweredig verdeel word en die land teruggegee word aan dié van wie dit gevat is nie.

Lede van die parlement het Dinsdag gedebatteer oor of hulle ʼn mosie moet aanvaar om die Springbok-rugbyspan geluk te wens met die sege in die Wêreldbeker-rugbytoernooi. Tydens die debat het die EFF-LP Mbuyiseni Ndlozi gesê die oproep om die nasionale span te ondersteun is ʼn vorm van mishandeling van swart mense. Dit is omdat hulle gevra word om ʼn sportsoort heilig te verklaar, wat steeds tekenend is van wit oppergesag.

“Die Springbok as simbool is soortgelyk aan ‘Die Stem’ en beklemtoon die wit oppergesag in ons samelewing. Dit is hoekom ons rugbyspan oorheers word deur wit mense. Dit reflekteer die feit dat wit mense die afgelope 25 jaar verandering in ons samelewing teenstaan,” het Ndlozi gesê.

EFF-woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi. (Foto: Facebook)

Hy het ook gesê die feesviering met die Bokke se terugkeer was nie eg nie, omdat dit van swart mense verwag het om deel te word van ʼn nagemaakte idee van transformasie.

Ndlozi het verder gesê dat Springbok-kaptein Siya Kolisi ʼn wit skool (Grey High School in Port-Elizabeth) moes bywoon om aanvaar te word in die span. “Daar is meer swart mense in die Oos-Kaap as wat daar wit mense in Suid-Afrika is,” het hy gesê.

Hy het ook verwys na die klag van haatspraak teen Bokslot Eben Etzebeth. “Hoekom moet ons hierdie span ondersteun wat, as hulle bymekaar is, ons bobbejane noem?”

In teenstelling hiermee het pres. Cyril Ramaphosa die span weer eens gelukgewens met hul inspirerende voorbeeld van wat Suid-Afrika kan vermag wanneer verskillende rasse met mekaar saamwerk.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Gielie Hill ·

Die EFF weet al manier hoe hulle stemme kan kry is as die mense ongelukkig, honger en sonder werk sit. Sodra daar samewerking, sukses is rn dinge verbeter in hierdie land. Gaan hulle steun verloor.

Madelein Ferreira ·

Jy is heeltemal reg. Ek is oortuig daarvan dat ons nie goed gedoen het met die wêreldbeker nie, sou die embleem nie eers genoem gewees het nie.

S smith ·

Hoekom moet alles altys oor rasse uit draai??? Sie bokke het gewen, wow, yay, geluk, gun dit vir die span, geen blanke gaan aan oor die kaptein nie n blanke is nie, want ons gun dit vir hom… Eks al so moeg dat mens n klip optel en daar word bespiegel oor n rasse kaart, die duiwel sit ook onder die klip, maar wat sien EFF en daai partye… Net die ras.

Bokkie ·

Die EFF is soos ‘n klomp kinders wat deur niemand ernstig opneem behoort te word nie!! Hulle behoort geen publisiteit te kry nie!!

Michael ·

Ek stem saam Bokkie. Daar sou nooi n eff gewees het as dit noe vir die media was nie. In plaas daarvan dat redakteurs hul berriggewing opdeel in 50% positief en 50% ,negatiewe nuus besluit hulle dag na dag dat 99% negatiewe nuus al is wat die moeite werd is. Dink net hoe ons land sal begin vorentoe gaan as ons meer positiewe nuus elke dag kry soos wat die geval was die afgelope paar weke met die bokke. Hou op die rooi rassiste n platform gee. Julle as media doen meer skade in die land as wat julle opbou! Hier by maroela media wil ek GLAD NIE lees oor daai rassiste nie. Waar is die positiewe kommentaar van die ander partye gister? Hoekom die idiote se kommentaar gee? Julle as media moet begin besluit of julle deel wil wees van die opbou tit die land of die val van die pragtige land. Skaam julle

Arrie ·

Bobbejaan klim die berg, om die boere te vererg….ek hou van die liedjie.

Leon Pit ·

Hoekom bou die eff nie hul eie AllBlack Span nie . En los die huidige Bokspan uit.

Peet ·

Stupid behoord strafbaar te wees.
EEF hoe werk Bafana vir julle.

Piesang ·

As ons goed is, is ons goed! Vreeslik jammer dat ons julle minderwaardig laat voel.

Viervoetvier ·

Die EFF se grootste probleem is hulle kleingeestigheid- iets moet van ander weggevat word sodat hulle beter kan voel.

Oorheersende haat vir wittes se sukses.
Ongelukkig kan geen titel of pos inbors koop nie.

Dries ·

Baie dankie EFF. Dit is hoekom die Springbokke die beker gewen het…

Thelsa ·

Laat die EFF ‘n span kies wat volgens hulle verteenwoordigend is. Laat ons ‘n wedstryd reel teen die Southern Kings. Laat ons dan kyk. Praat nie eers van Internasionaal meeding nie. Kom niu ou Grootbek.

Markus ·

Die Eff het darem die moed om n ding te sê soos hulle daaroor voel,al is dit meestal nonsens ,die afrikaners is te bang om asem te haal

Johan ·

Afrikaner word van haatspraak aangekla as hy net dalk n bietjie hard dink. So jou stelling is nie so mooi deurdink nie.

Stiks ·

Hulle het nie n idee waaroor die sport gaan nie. Kyk gerieflkheidshalwe verby alles wat reeds vermag is in rugby oor die laaste 25 jaar

jakes ·

Die agbare lid moet homself liewer by n sielkundige gaan aanmeld wat hom dan verder sal verwys vir 30 dae waarneming.

Vonkprop ·

Ons is seker die enigste land waar ‘n mosie in die parlement aangehoor moet word om mense geluk te wens. Snaaks dat ‘n klein groepie soveel mag het. As die president moet hy hulle net ignoreer en doen wat reg is. Die EFF probeer so hard om relevant te wees. Gaan hulle nog werk hê om te kla as alles in hierdie land swart is soos hulle dit wil hê?

maria ·

Nou as Rugby ‘n witmens sport is hoekom word kwotas stelsels op dit afgedwing?

Pollie ·

Kom ons gee hulle n kans? Kyk hoe suksesvol is Bafana Bafana met die regte spelers. 80ste In die wêreld? Well done!!

marous ·

Skouer hoog dra sal nie eendag vir hom of sy gesante beskore wees nie .

lion ·

Nou hoekom worry ons of die EFF ons spring bokke geluk wens of nie??laat hulle maar huil en doen wat hulle will,dit traak my nie

John Ferreira ·

….en wat van sokker……..hoe lyk die spelers daar? Daar is nou ‘n sport wat transformasie nodig het !

Willie ·

EFF Rugby- scrum- gooi die VBS geld bal in, scrum skakel paas lyn toe, en weg is hulle met die geld-bal… Almal uit oor le….

Regtig ·

Ek het nuus vir die EFF. Hierdie werld behoort nog steeds aan God en het altyd aan Hom behoort – Hy het net vir die mens in Genesis die reg gegee om die land te bewerk en die nasie te bou – dis al maar op die einde behoort die werld nog steeds aan ons lewende God. Die bybel se ook moet nie met n lewende God speel nie . N lewende God wat weer eendag gaan terug kom. Hy leef Hy leef!!!

Ant ·

Wys jou net, na al die ” goed ” wat die wen gebring het en beteken vir die land, bied die EFF niks posetiefs nie, net anargie en negatiwiteit

Pampoen ·

Elke keer wat die EFF iets sê, gee ons hulle gratis lugtyd. Kan ons hulle nie maar ignoreer nie?

Wildeman ·

Dankie Sias jy het EFF gewys hoe doen mens dit ,die skile moet net van hul oe afval , blind geborenes

D ·

Dankie Pampoen… mag die media kennis neem. Hoe kry mens dit tog onder hul aandag?

Lollie ·

EFF soek nie meer swartes in die rugby span nie, hy soek die hele span swart. Jaloesie is darem maar ń lelike ding!
Kyk na die sokker span, oorheersend swart en hulle kan geen hond haar-af maak nie! Hulle bereik niks.
Met “mense” soos die in EFF sal daar nooit vrede wees nie. Hulle floreer op haat, negatiwiteit en baie hoë dink van hulself.

TRP ·

Dit moet vreeslik harde werk wees om altyd so suurgat te wees. Genade, eerstens ken die man nie sy geskiedenis nie, die springbokke het JUIS ontstaan onder die moeilikste omstandighede denkbaar vir die mans wat gevangene gehou was. As jy ongelukkig wil wees heeltyd dan sal jy wees, hoekom wil hy ‘n skadu gooi oor dit wat mooi is?

Foxi ·

Okay….okay….. kom ons raak nou tegnies. As die EFF in bewind was en waar die springbokke nou gewen het, wat sou die eff se reaksie DAN gewees het? Goeie vraag nê.
As n krokkedil warm kry, gaan sy bek oop……en brommers hou daarvan.

Madelein Ferreira ·

Die probleem is dat hulle weet dat die AllBlack span net so sleg sal vaar soos die sokkerspan. Hulle verpes dit dat enige blank persoon by is wanneer daar sukses behaal word. Kyk bv. na Richard Branson se goeie werk met die opheffing van entrepreneurs. Maar wat gebeur? Hulle het hulle monde vol oor die foto wat geen swart persoon op het nie. En hy vra ewe oordentlik om verskoning …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.