EFF wil land tot stilstand staak

Julius Malema, leier van die EFF. Die party vra ‘n landwye staking as deel van pogings om van Cyril Ramaphosa as president ontslae te raak. (Foto: EFF/Twitter)

Die EFF beoog om die land tot stilstand te dwing in ʼn poging om pres. Cyril Ramaphosa uit sy amp te dwing en het ʼn beroep op alle ander “progressiewe” instellings gedoen om by die optrede aan te sluit.

Benewens die eis dat Ramaphosa die tuig moet neerlê, het die EFF Donderdag ook ʼn rits ander eise gestel. Dit sluit in ʼn einde aan beurtkrag en die onmiddellike ontbinding van Eskom se raad. Die EFF eis ook dat Eskom se ganse senior bestuur afgedank word. Die sukkelende kragvoorsiener moes nou al geruime tyd beurtkrag instel om die netwerk aan die gang te hou.

Die EFF se ander eise sluit in:

  • ʼn Verlaging in brandstofpryse tot op die vlak waar dit in 2018 was, sowel as ʼn meganisme om die prys te reguleer
  • ʼn Einde aan die privatisering van staatsbeheerde maatskappye en die onmiddellike bedanking van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings
  • ʼn Einde aan misdaad en die afdanking van die minister van polisie, Bheki Cele
  • Die inhegtenisneming van Ramaphosa sodat hy kan “verantwoording doen vir al die misdade wat hy op sy plaas Phala Phala gepleeg het
  • ʼn Einde aan “Westerse magte, veral Brittanje en die VSA, se inmenging in Suid-Afrika se energiebeleid en -rigting”

Die EFF sê die aard van sy beoogde optrede gaan nie een wees waar kerse vasgehou en wit vlae gewaai word nie.

“Dit gaan ʼn staking wees wat dit vir die regering duidelik gaan maak dat genoeg nou genoeg is. Ons kan nie ons arms vou en niks doen terwyl ons land aan die honde verkoop word nie,” sê Malema.

Die rooi barette het ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om by die optrede aan te sluit en die land terug te neem van ʼn “onbevoegde, rigtinglose misdaadsindikaat wat die beskerming van witmonopoliekapitaal en sy media geniet”.

Malema sê die land het dit tevore gedoen toe die [vermeende] Gupta-misdaadsindikaat probeer het om die land se soewereiniteit te ondermyn. “Kom ons staan op en beskerm ons land van hierdie handpop van plaaslike en internasionale kapitalistiese magte.”

Die EFF het ook opnuut sy steun aan die geskorste adv. Busisiwe Mkhwebane gegee. Die parlement is tans besig met ʼn proses om te bepaal of sy geskik is vir die amp van Openbare Beskermer (OB). Malema sê die rede waarom Ramaphosa so haastig was om haar te skors, was omdat hy nie vrae oor die voorval op sy Limpopo-wildplaas wou antwoord nie. Miljoene dollar is glo tydens die voorval in 2020 op die plaas gebuit. ʼn Ondersoek daarna is steeds aan die gang.

Die party steun ook ʼn mosie dat Ramaphosa voor die komitee moet verskyn om vrae te beantwoord oor waarom hy die OB geskors het, terwyl daar volgens die EFF ongetwyfeld ʼn botsing van belange is. Malema sê Ramaphosa se weiering om dit te doen sal neerkom op regterlike irrasionaliteit.

“Wie gaan die oppergesag van die reg eerbiedig indien die huidige staatshoof nie wette eerbiedig nie? Wie moet aan beleid oor buitelandse valuta voldoen indien die dienende staatshoof dit nie doen nie.

“Wie moet die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) eerbiedig en belasting betaal as die sogenaamde president dit nie doen nie? Wie moet wetstoepassingsagentskappe en Suid-Afrika se strafregstelsel eerbiedig wanneer ʼn staatshoof ʼn bendeagtige benadering kies om diegene te jag wat dollars, wat lyk of dit gesteel is, van hom gesteel het?”

Malema sê die party gaan hom nie blind hou vir [beweerde] misdade wat Ramaphosa gepleeg het nie.

“Ramaphosa is nie verhewe bo die wet nie en hy sal nooit wees nie want ons sal dit nie toelaat nie.”

Die EFF sê hy nou lank genoeg op ander maniere probeer verseker dat Ramaphosa as staatshoof opsy staan en wil hê die president moet in ʼn staat van beskuldiging geplaas word.

Die party beoog ook om ʼn mosie van wantroue in die president in te stel en vra ander partye om sy versoek te steun.

“Ons waarsku hom om nie ons geduld te toets nie. Ons was veels te lank geduldig.”

Die party gaan ook die howe vra om die Reserwebank, die Inkomstediens en die Finansiële Intelligensiesentrum en Ramaphosa te dwing om eerlik te antwoord op vrae oor die Phala Phala-gebeure wat aan hulle gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Patch ·

My bekommernis is dat daar soveel van hulle is wat gaan luister na die hofnar want daar is geen gesonde verstand nie. Hulle besef nie dit wat hulle vernietig kos weer miljoene om op te bou nie en dat dit ons land net verder terugsit. Afbreek en verbrand is al wat sy kabouters ken. Hierdie nar en sy trawante moet in hul spore gestuit word. Rooikappie sê dat Ramaphosa nie verhewe is bo die wet nie maar hyself dink hy is.

Groen Ghoen ·

Dit sal werklik weinig verskil maak. Baie min werk nog, so sterkte vir jou, mnr. Malema!

Pietertjie ·

The difference between genius and idiocracy is that genius has limits.

Wondermaarnet ·

Eskom senior bestuur is nie die probleem nie. Die ANC is en die EFF mannetjie kan dit nie insien nie. Die manne op die vloer by eskom wat die werk moet doen is onbevoeg. Begin om eers die onbevoegdes weg te kry en stel mense aan met werklike kwalifikasies en ondervinding.

Elkè ·

Weet jy daar stem ek saam. My man werk by eskom maar hulle bevorder hom nie stel ander makers aan bo hom wat hom gereeld bel en vra verduidelik hoe werk die tester en dan het hulle glo ook hulle trade gedoen.

Waarnemer ·

Goeie besluit maar WIE gaan in cyril se plek regeer?Goeie vraag…..Is dit malema?Verkeerde besluit?Is dit John Steenhuizen?Moontlik ja…

Jywilwat ·

Kom dan na vore met ‘n oplossing: Wie anders kan SA regeer?

Leana ·

Nici ek stem volkome saam met jou, want net soos CR nie besluite op sy eie kan maak nie kan John Steenhuizen dit ook nie doen nie. Hulle is te lig in die broek.

Koos 100 ·

Zuma se belasting sake was/is ook onder verdenking. Lyk my dis die norm.
Die staking is nie ‘n probleem nie, die geweld wat daarmee gepaard gaan is die probleem.

Johan ·

Go vir dit, die land is klaar tot stilstand gerug deur die cANCer bende. Hoeveel stiller kan dit nou werklik nog raak. Om van die Weste ontslae te raak is nie n slegte idee nie, veral nie met hoe hul c19 hanteer het nie. Maar as hy nou sy staatsgreep uitgevoer het gaan hy seker na die plaaslike kapitaliste soek om hom uit die skuld te help….maar ek glo nie hy dink so vêr nie.

Wilhelm ·

Ja, kom ons hou almal op werk totdat ons bepaal het hoekom die ekonomie so swak is.

Vexed ·

As ons almal baie stil sit en baie hard dink is ek seker ons sal die by die antwoord uitkom… wat kan dit wees… aai tog.

Kobus ·

En dit terwyl jy in weelde leef? Kamtig om arm mense te motiveer ? Sal jy beter vaar as uitvoerende hoof van Eskom? Waar was jy 14 jaar gelede toe beurtkrag begin het? Ek stem egter saam oor Gordhan en Cele. Indie brandstofpryse gaan verminder, waar dink jy gaan al die toelaes vandaan kom? Juis jou arm mense waarvoor jy so veg gaan nog swakker daaraan toe wees. Jy wil nou maar eenmaal hierdie land soos Zimbabwe in die afgrond dryf

Alex ·

Ek het gewonder waneer hier dalk ook n revolusie gaan uitbreek waar die armes hulle voete gaan neersit en sê genoeg is genoeg. Oor n populis gaan dit nie lekker smaak nie, maar iets moet gedoen word

Strandloper ·

Mal ema vat raak met rampoker en sharrup, so effe met die petrol prys. Alles op n tak uitgebroei?

Stephanus ·

Lyk my die mannetjie het weer nuwe lewe gekry na sy buitelandse reis. Dalk praat die babelas nog. In teenstellig met van die ander kommentare, dink ek nie sy voorstel is n goeie idee nie en vra dieselfde vrae as Waarnemer. Help nie om CR te verwyder en met ander ANC kader te vevang nie.

Leon ·

Ek eis ook dat beurtkrag moet ophou en dat die brandstof prys moet af kom en dat misdaad moet einde kry. Dan eis ek ook sommer dat elke Suid Afrikaner ‘n miljard rand kry en dat die Springbokke alle wedstryde wen en dat die gepeupel wakker skrik!

Murg en been ·

Die probleem in die land is die stert wil die hond waai! Wanneer gaan mense begin besef dat mense regte met baie verantwoordelikhede gepaart gaan. Dit gee jou nie die reg om te doen wat jy wil nie. Persoonlik dink ek mense wat glad nie belasting betaal nie moet glad nie stem nie, want die belasting betalers dra die land. Hulle moet tog die meeste sê het. Enige besigheids persoon wil ‘n opbrengs op sy belegging kry, wat se opbrengs kry ons belasting betalers. Populistiese narsiste, massa stakings?

Tante Toekie ·

Hoe is hierdie ‘n politieke party? Dis ‘n terroriste organisasie, niks anders nie.

Esme ·

Seker ‘n doel tot ‘n middel maar wie gaan oorneem?
Ek het gister ‘n oproep van die DA kantore ontvang en ek het vir die dame gese, dat John Steenhuizen nie ‘n sterk genoeg leier is nie. Ek het Phaala Phaala genoem, en sy was nie bewus waarvan ek praat nie. As ondersteuners so min weet, gaan die leierskap probleme kan aanspreek.
Ek staan nog agter Action SA – nou wel ‘n minderheidsparty maar ‘n party met visie.

Hayntjie ·

Moes hierdie dreigement van Malema nie onder die hofie “VERMAAK” geplaas gewees het nie? Die twak hoort sekerlik nie onder nuus nie. LOL.

Nici ·

Malema self glo hys bo die gereg verhewe en sal soos Mugabe regeer.

Althes ·

Sy eie mense gaan op sy landerye soos slawe werk en hy sal hom soos n koning gedra. Hy en zuma is van dieselfde stoffasie

Anel ·

Praat een van die grootste skelm! Wat van die sake teen hom? Dink hy mense gaan hom in stem? Hy moet maar weer dink. En hoekom die bestuur van Eskom afdank, omdat daar ‘n blanke is wat probeer regmaak wat in 30 jaar af gebreek is? Pleks word die werkers en misdadigers tot orde geroep, al die korrptes, hy in kluis. Ek stem dat niks meer werk in die land nie, maar om verder chaos te saai, gaan niks verbeter nie. En ons weet wat gebeur as die rooies staak! Verniet en brand alles wat voorkom! So, nee, ek staan nie saam met jou nie, ou malles!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

En die einste Malema was verlede week in Spanje. Lekker kreef geniet saam met ‘n sigaret mafiabaas.

Geert ·

Malema jy is self al n paar keer aan korrupsie verbind hoekom gee jy nie n paar antwoorde nie. Sou interesant wees om te weet wie almal in die ANC en EFF is inderdaad eerlik. Ek glo ook nie daar is enige iemand in die twee partye wat geskik is om Suid Afrika op die herstel pad te kry nie.

Chris dupreez ·

En jy dink die hele land gaan jou ondersteun, wat n grap. Miskien n paar van Magashule en kopdoek en siggaret smokkelaar se ondersteuners,

Pietertjie ·

En as die land tot stilstand kom, wat gaan hulle dán doen? Of dink hulle nie so ver nie?

Althes ·

Hoekom bly Malema stil oor Zuma se aandeel in die ekonomie wat verwoes is deur hom?
Lyk my hy is bang vir zuma

Papsak ·

N groot JA vir Mnr John Steenhuizen maar v flippe groot NEE vir EFF hulle gaan net nog verder hierdie land breek

agnes ·

TWEE ANC PRESIDENTE WAT KORRUP REGEER . BEWAAR ONS TEEN DIE DERDE EEN. SEDERT DIE ANC REGEER HET ALLES AFDRAAND GEGAAN VIR DIE LAND EN IS ALLES IN N STAAT VAN VERVAL.

Henri ·

Hoekom sluit Twitter nie die eff se rekening nie? En hy was, is en sal altyd zuma se êppie wees.

Leon ·

Miskien moet hy eers al die geaamtes uit sy eie kas verwyder. (VBS Skandaal) Dit hang oor sy kop, maar die ene Ramaposa wat hy so aanval doen niks daaroor nie.

Papsak ·

Ag die idiot van n juluis malemma dink nou seker as hy dit se ons gaan nou agter hom staan en stem dat hy minister moet word hy het nie ordentlike skool ondervinding nie nee ook tyd ook nie hy nie

Perdeby ·

Malema jy gaan nie president word nie, maar beslis iemand van die DA. Passop dat jy nie in die tronk beland deur hierdie staking aan te vuur nie, jy moes al lankal in die tronk gewees het vir die stroping van die VSB bank.

Pannies ·

Die man is dommer as wat ek gedink het.
Kan hy nog nie sien dat alles wat die regering oorneem in n gemors verander nie.
Kry n nuwe gedagte Malema.!! Hierdie gedagtes kom nog uit die apartheidsjare.
Is daar iets waarteen jy nie is nie??

Toy ·

Hy homself is net so groot probleem, die een probleem dink hy gaan die ander probleem oplos.

Mallie ·

Ja hulle wil CR uit he en dan? Is dit dan Magashule se beurt??????

marius ·

Die hool is al dekades in tru rat . Staak maar . Dit sal geen verskil maak nie .

Marcel ·

Hoe is dit dat Maroela Media soveel “kykerstyd” aan die EFF gee? Selfs slegte advertensie is goeie advertensie vir hulle. Kry hulle uit die media uit en smoor hulle so. Hoe meer julle aandag aan hulle gee deur hulle “manifes” te “adverteer” hoe meer steun julle hulle.

yahneh ·

Die pas waarteen ons mooie land agteruitgaan laat my wonder of ons in grotte gaan opeindig…

Groen Ghoen ·

Dit sal werklik weinig verskil maak. Baie min werk nog, so sterkte vir mnr, Malema!

AJ ·

Wie het vir Zuma op die presidentsoel geplaas? (… wat SA vernietig het?)

Antwoord:

Julius (‘I’ll die for Zuma’) Malema! (en Zwelinzima Vavi!).

Toe skreeu Malema die hardste van almal op Zuma . .. PAY BACK THE MONEY!

Sedertien skreeu Malema enige iets wat die breindood media sal publiseer … solank hy GRATIS PUBLISITEIT kry.

Ons steur ons nie aan die belaglike AANDAG SOEKER nie!

Anthony ·

Ek stem nogal saam hom oor n paar van die punteek moet eerlik wees…nie almal nie ….net n paar

Voilet ·

Alles gaan weer brand en winkels geplunder word. Nes laas !

Jakes ·

Ek sal liewer stilbly as ek Malema was want mense in die grondboontjie galery moenie gehoor of gesien word nie. Ek sal eerder teruggaan laerskool toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.