EFF woedend ná voorval by Curro-laerskool

Die EFF buite die Curro Academy Protea Glen in Soweto. (Foto: Twitter)

Die EFF in Gauteng dring daarop aan dat die uitvoerende hoof van die Curro Academy Protea Glen in Soweto afgedank én strafregtelik vervolg word ná ’n beweerde voorval van rassisme hom enkele maande gelede by dié laerskool afgespeel het.

Die party doen ook ’n beroep op die Menseregtekommissie (MRK) om ondersoek in te stel na voorvalle van rassisme by dié private onderwysgroep aangesien hierdie voorvalle volgens hom nie geïsoleerd is nie.

Die EFF beweer dat die uitvoerende hoof van die Curro Academy Protea Glen op 3 Junie vanjaar ’n onderwyser by dié skool “’n aap” genoem het. Die onderwyser het glo die voorval by die skool aangemeld en ’n formele klag ingedien, maar volgens die EFF het daar dadels van gekom.

“Dit kom as geen verrassing nie, want Curro-skole maak gedurig opslae vir hul onberouvolle rassistiese gedrag,” sê die party nou.

Fergus Sampson, woordvoerder van Curro, het in reaksie op die bewerings gesê die private onderwysgroep is bewus van ’n voorval by die Curro Academy Protea Glen “wat aantygings deur ’n onderwyser behels dat ’n senior personeellid op ’n neerhalende en diskriminerende wyse met haar gepraat het”.

Volgens Sampson neem Curro die bewerings baie ernstig op en het hy reeds ’n ondersoek van stapel gestuur. “Die besonderhede van hierdie saak is egter kompleks. ’n Eksterne bemiddelaar is aangestel om by te staan,” sê Sampson.

Sampson het voorts gesê die Curro-groep verafsku rassisme in al sy vorme.

Die EFF het egter op ander voorvalle van beweerde rassisme gewys. “In 2015 het die ouers van Curro-skole in die Noord-Kaap die strate ingevaar en Curro van segregasie beskuldig het. Curro Roodeplaat naby Pretoria is in dieselfde jaar ook van segregasie beskuldig.

“In 2018 is Curro Waterfall van rassistiese arbeidspraktyke beskuldig en in 2019 is skoonmakers by Curro Oakdene na bewering deur ’n onderwyser ape genoem terwyl hulle middagete in die personeelkamer geëet het.

“Die Curro-groep word besit en bestuur deur onberouvolle rassiste wat terugdink aan die ou dae van apartheid. Tot op datum is daar geen daadwerklike optrede teen die Curro‑groep gedoen nie,” sê ’n woedende EFF.

Verskeie lede van die EFF het Maandag na die Curro Academy Protea Glen opgeruk.

Die Curro-groep het te midde van die herrie bykomende sekuriteit bekom om die veiligheid van personeel, onderwysers en die leerders te verseker.

“Ons vra dat die saak in vrede en met behoorlike proses van regverdigheid opgelos word, sonder geweld of die dreigement van geweld van enige aard. Ons het met mense en kinders te doen,” sê Sampson.

Sampson het ook benadruk dat die Curro-groep verbind is tot eenheid, rassamehorigheid en waardigheid vir almal. “Ons keur geen vorm van diskriminasie, afknouery, onverdraagsaamheid, haatspraak of neerhalende taal wat menswaardigheid aantas, goed nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Laksman ·

Haai outjies…….moenie dit so letterlik opvat nie…….se julle mos.

Anel ·

Het die eff niks beters om te doen nie? Wat van die sing van sy moord liede? As jy nie van ‘n skool hou nie, gaan na ‘n ander een. En dit is nou weer skole wat nie vir gewone mense beskore is nie. As die ouers kan betaal, los die kinders. Maar gaan kyk wie is die kinders in die private, duur skole. En dan roem hulle daarop dat hulle agtergeblewenis is. Wil nie by hul eie onderwysers klas kry nie, want daar kom hulle nie met hul streke weg nie!

Blomme ·

AAP? Van wanneer af is dit rassisme? Is ons dan nie almal mense nie… Hoe belaglik kan ons nog raak?

Althes ·

Wat van Kill the Boer, Kill the farmer liedjie? Volgens my is dit rassisties en lankal uitgedien. Apartheid is meer as 30 jaar verby.
En jul worry oor die naam aap?

Andries ·

Dis pas di eff om hierdie ‘insident’ aan te blaas en wys op Geen ‘optrede’ teen curio in verlede.
Dis ‘wonderlik’ maar is effe lanklaas geraas en blaas (deur eff) oor vbs, marikana, isedimeni, ‘pay back the money’ ens ens

Carl ·

Hoekom is dit ooit in die nuus? Die EFF kry heeltemal te veel aandag.

Truman Burbank ·

Ek stem. Maar die media moet die stories wakker en lewendig hou. Anders gaan mense nie kwaad bly vir mekaar nie.

KB ·

Dan mag ons seker ook vir hulle die swernoot in raak vir wat hulle sing en doen. Gaan weex eerder ʼn ordentlike pa vir jou 17 jagige belhamel…

Porseleintjie ·

Raak ontslae van dié voorloper – en SA is bevry van rassisme.

Susanna ·

Baie fyn gevoelig. Wat doen julle wat positief is, julle is vinnig om op band wagon te spring met so iets, maar waar in julle 10 jaar geskiedenis het julle iets na die tafel gebring wat Suid-Afrika kan opbou.

Patch ·

Ai ou Julius….blah-blah-blah-blah. Jy wil tog so graag die nuus haal en die nuusplatforms is te gretig om vir die man ‘n spasie te maak.

Truman Burbank ·

En die nuus is maar te gretig om dit te plaas. Sonder die media is hy niks

ES ·

Die EFF raak darem maar by als betrokke waar hulle van absoluut geen nut is nie – doen bietjie iets in julle gemeenskap, soos om spoeltoilette the installeer en paaie reg te maak.

Maar dis mos makliker om rassisme te skree en emosies op te sweep. Dit vat niks moeite om ‘n skare bymekaar te kry en bande te brand en klippe te gooi nie. Daar is geen politieke party wat rassisme so gereeld skreeu soos die EFF nie. Jy kan nie ‘n hele instansie blameer vir een persoon se swak gedrag nie.

Curro skole is buitendien privaat skole en het niks met die regering of politieke partye te doen nie. Laat hulle hul dissiplinere stappe volg en gaan doen bietjie iets nuttig in jul gemeenskap.

Papsak ·

Ag asb pluk by Malemma en kaders hoekom gaan hy nou so te kere oor die ou woordtjie AAP hulle nou woedend daaroor maar ek kan hom dit verseker ons is meer woedend as hy oor sy haatspraak liedtjie wat hy sing oor kill the farmer kill the boer mag niksaan hulle verkeerd doen nie maar is oraait wat hulle aan ons doen

Kuver ·

Die eff is baie vinnig om oor skole te kla, waar is die skool wat malemma belowe het om in Alex te bou…. vra maar net

Dewald ·

Dit is opvallend hoe hy nou oor Curro voel nadat sy eie kinders by n Afrikaanse Curro in Limpopo was.

Willem ·

Wat kan ek sê, ek is oorgewig, nee ek is vet maar: feite bly feite…. en die waarheid maak seer.

LIEZL ·

So Rassisme is onaanvaarbaar, maar Moord op onskuldige boere is aanvaarbaar

SwartBees ·

Die meerderheid leerders in daai skole is in elk geval kwaad stokers en die kinders van die “fyn gevoelige” eff en anc wat net daar is om op moeilikheid aan te stook.

Adam ·

As jy rassisme saai Sal jy dit maai. Die eff bla bla bla ……. gaap.
Hulle dubbel standaarde maak hulle totaal irrelevant.

Daisy ·

Ek het ‘n maklike oplossing
Bou julle eie skole, kry julle eie onderwysers, onderwyseresse en skoolhoofde, vat julle kinders en bly uit die rassistiese skole uit
Probleem is hulle kan niks opbou nie, net afbreek, brand en pluncer

Blikkies ·

MRK sal hulle nog ondersteun ook, al weet ons die MRK kan maar slegs hulle eie gevoelens aanbeveel.

Amelia ·

Ag tog, wat hoor ons nou weer skielik so gereeld van die EFF se doen en late. Die stilte was hemels.

Martie ·

Ag asseblief, ek dink die mense wat so aanmekaar rassisme skree moet eers die betekenis van die woord gaan naslaan. Hulle het geen benul wat dit beteken nie. Rassisme = rassehaat , nou waar kom ras nou voor as ek jou ‘n aap noem, ek verwys geensins na jou ras nie. Rassisties = rasgevoelig, dis as iemand vir jou se jy is swart of wit of bruin en daar is iets fout met jou oor jou kleur. Lees ‘n slag ‘n woordeboek voor julle iets se.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.