Effense daling in brandstofpryse verwag, maar…

Argieffoto

Motoriste kan moontlik volgende maand ʼn effense daling in brandstofpryse verwag.

Die prys van petrol kan met nege sent per liter daal terwyl diesel na verwagting met sewe sent en paraffien met 12 sent kan daal.

Volgens die Outomobiel-Assosiasie (AA) is die moontlike daling in brandstofpryse te wyte aan die internasionale olieprys wat steeds onder druk bly.

Die rand het sedert die begin van die maand verstewig teenoor die dollar maar het sedertdien weer beduidend verswak. Die gemiddelde rand/dollar-wisselkoers het van R16,80 na R17,40 gestyg.

“Indien die rand egter verder teenoor die dollar gaan verswak, kan dit die prentjie verander. As die wisselkoers vir die res van die maand stabiel bly, kan motoriste slegs ’n geringe daling in brandstofpryse vir volgende maand verwag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Adri ·

‘n Daling in die brandstofprys is eerder te danke aan iets, as wat dit te wyte is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.