Egpaar, kinders oorval; met die dood gedreig

(Argieffoto: pixabay)

’n Egpaar en hul ses kinders is vandeesweek in die vroeë oggendure op hul kleinhoewe in die omgewing van Bronkhorstspruit, oos van Pretoria oorval, vasgebind en beroof.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, sê aan Maroela Media Hugo Prinsloo het Maandag omstreeks 04:00 wakker geskrik van sy vrou wat skree. Hy is toe begroet deur ’n man met ’n tuingraaf in sy hand.

Volgens Makhubele het die man die tuingraaf in Hugo se rigting gewys, waarna die ligte van die huis afgegaan het. Prinsloo het daarna vyf onbekende mans in die huis opgemerk wat hom en sy vrou beveel het om plat op die grond te lê.

“Die egpaar is met kabelbinders vasgebind en beveel om saam te werk, anders sou hulle verkrag of doodgemaak word,” sê Makhubele.

Die verdagtes het op kontant en ’n vuurwapen aangedring. Prinsloo het dit oorhandig en die rowers het met die buit op die vlug geslaan.

Volgens Makhubele het Prinsloo dadelik na die kinders gaan soek en hulle vasgebind in ’n ander kamer aangetref.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Michael ·

Nog n vuurwapen in die hande van n rower wat met n graaf gekom het ,verstaan mense die woord paraatheid en voorsorgmaatreëls.

Ann ·

Wat moes hulle doen? Die klomp sou nie 2x gedink het om almal sommer met die graaf dood te slaan nie!

Agter die skerms..... ·

My bloeddruk styg sommer – hoe slaap ‘n mens net normaal as mens moet in jou gedagte dink dalk net dalk is dit ons vanaand. Hierdie mense gaan gevang word en dan – dan word hulle net uitgelaat – maar hulle besef nie wat het hulle aan hierdie gesin gedoen nie.
Die kinders gaan nou net nagmerries he – hene hene tog wat gaan aan in hierdie land van ons.

Raakvatter ·

Nou praat jy waar. Daar was ‘n gewapende roof oorkant ons huis so paar jaar terug. NIE ONS nie, net oorkant ons. My kinders het nagmerries daarvan gekry en wou vir lank nie in hul kamers slaap nie. Wat nog te meer as so iets met jou gebeur.

Frank ·

Ja, nee, kom met ‘n graaf maar gaan weg met ‘n wapen…

Porseleintjie ·

Net nog n statistiek. Die regering is nie by magte om die land te regeer nie. Misdaad is buite beheer en aan die orde van die dag.

Charl Albertus ·

Hoekom slaap julle nog met ń vuurwapen in die kluis. As jy dit nie wil gebruik nie gaan gee dit in by die polisie. Ten minste kan dit dan nie teen die res van ons gebruik word nie.
As jy dit dan nou wil stoor, stoor dit sonder die slagpen. As jy nie weet hoe om die Slag pen te verwyder nie, vra, of gaan handing jou wapen in.
Met die Slag pen uit kan die wapen nie vuur nie, maar dit lyk normaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.