Die uitvoerende hoof van die Drakensberg‑seunskool is vandeesweek met verskeie steekwonde in ’n hospitaal opgeneem.
Greg Brooks en sy vrou, Carmen, is in hul huis op dié skool se kampus op Winterton in KwaZulu-Natal aangeval.
Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die Brooks-egpaar is Dinsdag omstreeks 20:30 in hulle huis oorval terwyl hulle televisie gekyk het.
Naicker vertel dat vier onbekende verdagtes toegang tot die egpaar se huis verkry het waarna hulle op kontant aangedring en die huis geplunder het.
Brooks in die proses verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek.
The Witness berig hy is 14 keer met ’n gebreekte glasbottel gesteek.
Volgens Naicker het die verdagtes met twee selfone, ’n kluis met twee vuurwapens en juwele in die egpaar se motor op die vlug geslaan. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die skool het Vrydag die voorval in ’n kort verklaring bevestig. Luidens die verklaring gaan dit sedertdien beter met Brooks. Hy en sy vrou ontvang tans traumaberading.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Dit is vir my kommerwekkend hoeveel kluise word beroof met vuurwapens binne in die kluis. Ek sou dink dat as jy een koop vir selfverdediging jy dit op jou sal hê op alle tye.
Ek wens hulle ‘n vinnige herstel toe, fiesies en geestelik.
Vuurwapens in die kluis????. Ai tog wanneur gaan die mense begin luister…en paraat word?
Sterkte, ek hoop jul gaan okei wees.
Hoekom is die vuurwapen IN die kluis, en seker toe gesluit? As jy ‘n wapen het dra die ding aan jou persoon. Ons lewe in die ANC Suid Afrika, waar jy ter allertyd moet reg wees – cocked and loaded – om te skiet.
Hoe lyk die verdagtes? Ek hoef seker glad nie te raai nie!!!!