ʼn Man is twee keer geskiet en sy vrou met ʼn breekyster aangerand in ʼn aanval op ʼn kleinhoewe in die noorde van Pretoria.
Die voorval het verlede Vrydag in die vroeë oggendure plaasgevind.
Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê die rower/s het ʼn venster gebreek en só in die huis ingekom.
Die man is in die hand geskiet en deur ʼn tweede skoot skraps in die bors getref.
Die egpaar het eers ure later by plaaswerkers op ʼn aangrensende kleinhoewe om hulp gaan aanklop.
#FarmAttack 3/1/2020: Strydfontein, Gauteng. Couple was attacked on their smallholding. Male victim was shot twice, in his hand and chest. Female victim assaulted with a crowbar. Male victim taken to hospital. Phones and household items stolen. pic.twitter.com/b7iISvuG6z
— Ian Cameron (@IanCameron23) January 10, 2020
Die man is na ʼn hospitaal geneem, waar hy na verneem word ʼn operasie aan sy hand moes ondergaan.
Die boosdoeners het met selfone en ander huishoudelike items gevlug.
Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gerig en wag op terugvoer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Dinge raak nou regtig gevaarlik hierso.
Wag vir die polisie vir terugvoer… Die “terugvoer” wat julle sal kry is dat daar nog niemand in hegtenis geneem is nie. Net soos hulle president is alles maar lippetaal en lee beloftes. En die gepepel val daarvoor.
Ek kan nie verstaan dat hoewe en plaas mense (self een) nie paraat met wapen in die hand alles doen nie. Dan wil die hoedjieman boonop wettige wapens konfiskeer. Dan sal dit soos skape tot slagting wees. Sheeple!!
Mense op kleinhoewes moet woonstelle aanbou en uitverhuur sodat daar meer mense bymekaar is. Die inbrekers gaan inbreek maar al wat ons kan doen is om dit moeiliker vir die boewe te maak om te kan inbreek.
Quintus, ek stem saam met jou, maar ongelukkig is dit nie so maklik met al die reels en regulasies nie.
Mense word wakker, die meeste van ons het instrumente wat lood rondstrooi. Hou dit beiderhand en gebruik dit om jou en jou geliefdes te beskerm.