Einde van Ace se ANC-pad

Ace Magashule (Foto; ANC/Twitter)

Ace Magashule, voormalige sekretaris-generaal van die ANC, is amptelik uit die party geskop.

Die ANC se nasionale dissiplinêre komitee het Maandag bevestig dat Magashule versuim het om terugvoer aan die komitee te gee nadat hy sewe dae gegun is om redes voor te lê oor waarom hy nie uitgeskop moet word nie.

Die eens invloedryke leier is vroeër skuldig bevind dat hy die ANC in oneer gebring het nadat hy, sonder magtiging, probeer het om pres. Cyril Ramaphosa uit die party te skors. Magashule het die president op 3 Mei 2021 uit die ANC “geskors” kort nadat hy self geskors is hangende die finale uitslag van die strafsaak teen hom. Verskeie aanklagte van korrupsie staar Magashule in die gesig. Dié saak is hangende.

Hy is ná die skorsingherrie ook beveel om die president en partystrukture om verskoning te vra, maar het dit nie gedoen nie.

“Gevolglik het die nasionale dissiplinêre komitee as ʼn finale sanksie besluit om kameraad Ace Magashule uit die ANC te skop,” lui ʼn verklaring van Mahlenig Bhengu-Motsiri, die ANC se nasionale woordvoerder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Kokerboom ·

Begin van disintegrasie van ANC.
Kry hom nounet in oranje oorpak asb!

Errol ·

Die spook sal nooit n’ oranje oorpak aantrek, hy is mos n’ “comrade”.

Blomkool ·

Hy moet S. A se mense om verkoning vra. En hier kom nog n politieke party.

Aries ·

Kyk nou net hoe draai die wiel- Ace se EIE ANC COMRADES het sy tjank vir hom afgetrap- al wat nou nog kort kom -Ace moet nog net sy oranje pakkie aantrek en pak en waai tronk toe

Vonkprop ·

Hy is net so min geskors van die ANC as ek. Dit is deel van die groter prentjie van die ANC. Die ANC “skors” hom, hy vorm ‘n nuwe party wat die mense trek wat nie vir die ANC en EFF val nie en volgende jaar smelt almal saam en die ANC is weer tops. Hy word nog net so mooi na gekyk deur die ANC as toe hy nog deel was.

miche ·

Die EFF lek seker hul lippe af.
Nóg ‘n ANC kader in hul sak en dit so reg voor die verkiesing boonop.

Nefie ·

Moeilik om woorde te kry oor die vent wat mens nie in die moeilikheid sal bring nie

Iwan ·

Hy en Carl N gaan nou hul eie partydjie begin.
“Ace and the hasbeen”

Chris ·

Careltjie, het alreeds sy eie party, wat weier on die stem as deel van die volkslied te sing. So sal al die wash-outs bymekaar kom om die cANCer te back!

Papsak ·

Kry hom nou net in n oranje pak nou verstaan ek hoekom die vrystaat so lyk. Maak plan met almal van hulle wat so vrylik rondloop nog

annie ·

Hulle wil hê Ace moet op sy knieë voor Cyril omverskoning vra. Groot onrus wag want Zuma en Ace het hul messe uit vir Cyril wat self agter die deur staan. Ongelukkig sal die sakewêreld weereens die spit moet afbyt onder die Marxistiese bewind. Afrika glo nie dat daar nie ‘n grot vol goue munte iewers is wat hul kan gaan plunder wanneer ‘n luis hul gebyt het nie.

Theresa ·

Alles n rookskerm, niks niervan is waar nie, bloot taktiek wat toegepas word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.