Einde van beurtkrag ‘op die horison’

Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit (Foto: Fikile Marakalla/GCIS)

Beurtkrag kan dalk vinniger as verwag word tot ʼn einde kom soos wat kragopwekking opgestoot word, het die minister van energie Sondag gesê.

Beurtkrag het 15 jaar gelede op ʼn lae vlak begin, maar hoë fases beurtkrag is verlede jaar ingestel waar verbruikers tot 12 uur per dag sonder elektrisiteit gesit het. Die kragonderbrekings het die afgelope paar weke egter dramaties gedaal tot ongeveer twee ure per dag.

“Ons sal beurtkrag oplos,” het Kgosientsho Ramokgopa aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Ek dink ons sal dit baie vinniger oplos as wat ons verwag het. Die datum is op die horison,” het hy bygevoeg, sonder om ʼn presiese datum te gee.

Volgens hom is meer as 100 van die beste kragopwekkerkenners van Eskom, die regering en die privaat sektor gemobiliseer en ontplooi by die kragstasies wat die swakste presteer om uitsette te verhoog.

Aanvraag het ook afgeneem danksy verbruikers wat elektrisiteit spaarsamig verbruik deur onnodige toestelle af te skakel. Beurtkrag het ook talle Suid-Afrikaners gedwing om alternatiewe kragbronne soos sonkragpanele te installeer.

Die spitsaanvraag in die winter, wat op 34 000 MW geprojekteer is, staan op ongeveer 30 000 MW, het hy gesê.

Hy het benadruk dat die land ʼn groot belegging in die elektrisiteit-transmissienetwerk benodig om nuwe kapasiteit te kan hanteer, en sodat onafhanklike kragprojekte – wat sowat 10 000 MW sal lewer – kan voortgaan.

“Ons het tans meer as 10 000 MW in die pyplyn uit projekte wat gereed is om te begin, maar transmissie bly ʼn probleem,” het hy gesê en daarna verwys dat Eskom die afgelope dekade slegs sowat 4 000 km se transmissielyne gelê het.

“Om nuwe opwekkingskapasiteit te kan akkommodeer, vir al hernubare elektrisiteit, moet ons oor die volgende 10 jaar sowat drie en ʼn half keer doen wat ons die afgelope 10 jaar gedoen het. Dit gaan natuurlik baie hulpbronne verg uit ʼn finansieringsoogpunt, maar ook uit ʼn tegniese oogpunt.”

Wat betref finansiering vir netwerkbelegging, het Eskom ʼn prioriteit gestel om 25 transformators aan te skaf wat ʼn bykomende 12 000 MW op die netwerk teen 2028 kan toelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

George ·

Al hoekom daar besparing op krag is deur gebruikers is omdat die helfte van die land se inwoners al solar panels en invertors laat insit het uit hul eie sakke uit! Jy is glad nie so slim soos wat jy voorgee nie Mnr. Minister.

WitBlits ·

100% korrek…. Orals waar jy ry, enige plek in die land is daar Panele op die dakke… Vernaam by verskeie winkelsentrums ook…. Dit glo ek vas is die hoof rede hoekom aanvraag by Eskom afgeneem het – meer en meer mense raak onafhanklik van Eskom…

Johan Tredoux ·

Dit sal nogal lagwekkend snaaks wees indien die krag skielik werk en selfs goedkoper word. Wat om te maak met al die sonpanele…

Kiepie ·

Die gebruik van “inverters” spaar nie krag nie, dit stoor bloot energie om later te gebruik en word weer uit die netwerk gelaai wanneer die krag aan kom. Sonpanele wel.

Kobus ·

Presies. Slegs ‘n voldoende batterysisteem verlig aanvraag van ESKOM-elektrisiteit.

piet ·

Daar was in 2006 reeds kragonderbrekings. Ek kan daai jaar goed onthou, so langer as 15-jaar al. Moet se dat daar verskeie jare tussenin was wat daar geen onderbrekings was nie. Gedurende De Ruyter se tyd het dit heeltemal in ‘n krisis ontaard.

Marcello ·

Wanneer gaan julle ophou om De Ruyter te blameeer, het jy al ooit vir jouself gevra: Hoekom,??, die antwoord daar het sabotasie plaasgevind gedurende De Ruyter se bewind. !!!!!!!!

Koen ·

Geen verskoning nie. De Ruiter was in beheer en verantwoordelik. Hy kon nie die sabotasie stop nie.

Nie Verbaas ·

Ek wonder nou net so by myself of daar n ooreenkoms met sindikate aangegaan is.

Aggie ·

In ekonomie word daar van VRAAG EN AABOD gepraat. – NIE AANVRAAG NIE.

JvR ·

Eskom, was nooit n onderneming nie. En die probleem het groot geword toe hul dit soos n onderneming bestuur het.

Sue ·

Ai siestog. Portugal lewer reeds 100% groen elektrisiteit. As die regering nie so behep was met ras nie was ons lankal daar.

Janice ·

Nie net ras nie, maar ook korrupsie. Geld is die enigste taal wat ‘n gierigaard verstaan.

JvR ·

How much of Portugal’s energy is green?
Portugal has also achieved high shares of renewable energy, which covered 30.6% of gross final energy demand in 2019. Thanks mainly to hydropower and wind generation, renewables covered 54% of electricity generation and there is high use of bioenergy in industry and buildings.

JvR ·

What is the main source of energy in Portugal?
Portugal mostly uses hydroelectricity and wind to produce electricity, with wind power being the largest. However, Portugal is still heavily dependent on imported coal for electricity production.

Loun ·

Beurtkrag se einde is op die horison….na 2024 verkiesing sal daar geen krag wees nie dan sal niemand n beurt kry nie…..

JvR ·

Mense wat dink verkiesings het die afgelope 40 jaar verskil gemaak, is taamlik spesiaal

kommentaar ·

Eerstens. Onthou om vir Andre de Ruyter te bedank vir alles wat HY gedoen het sodat JY hierdie kan sê. En tweedens, ek glo jou nie

Daisy ·

Hy reken daar is ‘n laer aanvraag omdat mense krag spaarsamig gebruik. Haha
Dis omdat soveel meer mense hulle eie sonpanele het en hulle eie krag opwek.
Eskom gaan naderhand sit met ‘n handjievol betalende gebruikers en die gratis gebruikersdiewe

JvR ·

Ai. Dink jy werklik die konomie laat toe dat soveel mense sonpanele opsit? Ja. Dalk is aanvraag laer. Ek weet ek gebruik BAIE minder. NIe omdag dit versoek word nie. Maar omdat ek bv nie geyser of yskas wil verloor nie.

Harley Davidson ·

Dit sal baie naïef wees om te glo maar ek hoop van harte dit is die geval.

Yvonne ·

Vreemd dat die ‘oplossings’ nou so maklik gekry word……wat sou die motiveering wees?????

Johan Tredoux ·

Die horison is maar taamlik vêr. En ook taamlik dieselfde “afstand” hoe verder jy vorentoe beweeg.

Johan Tredoux ·

Klink soos die koortjie van n liedjie. Leuens, leuens, lieflike leuens ♪♪♪

OMW ·

My raad aan ons Suid Afrikaners wat dit kan bekostig : kry daardie sonpanele en inverter. Eskom laat my ongemaklik voel.

JvR ·

Dink jy Suid Afrikaners wat dit kon bekostig, het nog nie? En selfs al het jy panele. Die water werke is nou n groter probleem glo. Altans dit is wat die media se

Janice ·

Die beste geval van toesmeerdery in die geskiedenis van RSA en niemand vra wat aangaan nie. Letterlik 6 maande gelede was dinge so beroerd, ons het gedink ons gaan elektrisiteitsloos deur die winter moet gaan en die infrastraktuur is so voos, dinge kan enige minuut inmekaarval en nou word ons vertel beurtkrag is amper op ‘n einde. Ek glo in wonderwerke, maar hierdie een is verregaande.

JvR ·

Toe DR gewaai het, het almal verkondig dit gaan erger word. Toe dit beter word, word dit n verkiesings foefie genoem. Een ding van die afrikaner. Hy sal met niks tevrede wees nie.

KatjieDeKat ·

Ek dink nie dis n geval van tevrede of ontevrede, ek dink dis omdat daar op hierdie punt, absoluut zero vertroue in Eskom is, en a million degrees below zero in die regering. Persoonlik vertrou ek nie dat hierdie skielike vordering standhoudend gaan wees nie. Doesn’t feel authentic to me. I hope that i’m wrong.

Shakespeare ·

Ek glo dit. 2024 verkiesing op hande. Die ANC het al hul saboteurs, kartelle, korruptes en verwoesters onttrek om sodoende as die gepeupel se “heroes” opgehef te word.

etienne ·

Die ANC speel hierdie politieke kaart weer baie goed, ek hoop net nie die kiessers val weereens vir leuns nie.

Papsak ·

Ag asb niks is naby aan einde nie wat krag asn betref julle einde moet in sig wees se dit liewers dan klink dit na nuus

Wondermaarnet ·

Bla-bla-bla – dit is net heuning om die mond smeer om stemme te werf vir die ANC.

madels ·

Hmmmmm eienaardig dat dit nou skielik amper uitgesorteer is?? Seker omdat alles op die lappe gekom het oor Eskom en sy bedrieglike werkers

Yolandie ·

Dis soos ‘n April fools grap die, dat die mense dink Suid Afrikaners glo ‘n woord wat hulle sê. Nee jitte hierdie krag storie is ‘n nagmerrie wat nou maar net nie einde nie. Gelukkig het die Bokke die naweek gewys hulle het meer krag as Eskom.

KatjieDeKat ·

Die Bokke…hoekom kom die idee van n pot lensiesop in my gedagtes.

hpven ·

Onder ‘n bevoegde regering sou daar geen beurtkrag gewees het nie! Maar onder die huidige regime waar korrupsie en “ons mag maar skep, eet en plunder” sal beurtkrag se einde eers by die regime se einde op die horison verskyn.

domheks ·

Maak gou jong! die verkiesing is volgende jaar, dan moet die krag aan wees…

Hendrik ·

Ons het nog nooit beurt krag of beurt water gehad nie. Miskien is ons meester ‘preppers’…

M ·

Lees gou vandag ,10 Julie se kennisgewings van ESP !!!! Mos gesê … die horison kom toe haastig en vinnig nader !!!!

Aggie ·

Ja ek het ook opgemerk. Daar val alles toe weer plat. Hy moet nou eers weer die Raad bymekaar roep om ‘n nuwe verskoning uit te dink.

My siening ·

Ek het lanklaas so gelag vir die stand up komediant, Trevor het kompetisie, daar is, daar gaan nie wees, dis nou die koue, nee voor Desember, ons maak vordering, ek dink nie meer nie, en ek glo niks wat DIE ANC sê nie klaar!

Rocco ·

Vertel ons meer van die voorste kragopwekkenners wat by die kragsentrales ontplooi is – wie is die wyse manne en vroue. Hoeveel sekerheidspersoneel is ontplooi, om skade, en diestal aan infrastruktuur te beskerm?
Meneer Ramokgopa – die regering is nou besig om die foute en probleme, wat deur meneer André de Ruyter uitgewys is, aan te spreek en te beheer.
Wat word gedoen aan die elektrisiteitwanbetalers, en hul skuld?
Ek kan net nie die kloutjie by die oor bring, dat Suid Afrika vir soveel jare met beurtkrag sukkel, die ekonomie vernietig word, en nou ewe skielik sien jy die einde van beurtkrag in die nabye toekoms nie. Dan was die ekonomie mos doelbewus vernietig – die inwoners van ons land deur onnodige ongerief gesit, werksgeleenthede ontneem ens. Wanneer word die aangekla wat dit veroorsaak het vir hoogverraad? Ek dog staatskaping was erg, maar hier is die ANC regering en al sy ministers betrokke, om die land en sy mense te vernietig.

SomeOne ·

2024 verkiesing nie te ver nie, dis al hoekom beurtkrag skielik einde se kant toe staan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.