Eksterne aandeelhouding in Reserwebank sal uitgefaseer word

Cyril Ramaphosa. Foto: PresidencyZA/Twitter

Die regering sal die ANC se besluit, om van eksterne aandeelhouding in die Suid-Afrikaanse Reserwebank ontslae te raak, implementeer, het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag aan LP’s gesê.

Hy het reageer op ʼn vraag van die DA-leier Mmusi Maimane in die nasionale vergadering.

Ramaphosa het gesê daar is niks buitengewoon aan dié besluit nie, aangesien Suid-Afrika een van slegs ses lande in die wêreld is wat nog eksterne aandeelhouding in sy sentrale bank toelaat. Hy het verwys na die Verenigde Koninkryk se besluit om dié praktyk in die 1940’s op te skort en internasionale aandeelhouers uit te koop as ʼn voorbeeld hoe van ver Suid-Afrika agter internasionale denkwyses is in dié verband.

“Ek wil nie hê julle moet Suid-Afrikaners mislei en dink dat die ANC met dié mal program wil voortgaan nie. Dit word wêreldwyd gedoen,” het hy gesê. “Dit sal ons soewereiniteit bekragtig.”

Hy het bygevoeg die regering sal bepaal wat die beste manier is om die besluit te implementeer. “Ons sal natuurlik die prosesse volg.”

Daar is tans 770 eksterne aandeelhouers in die Reserwebank. Die ANC het die besluit reeds in 2017 geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
Bernard Hellberg

En wat van buitelandse aandeelhouers in TRAC wat tolpadmiljoene (N4) wegdra??

Koos de Meyer.

Zimbabwe hier kom ons.

Michael

Klink Cyril. vanmiddag soos. Malema en B L F ” The land what was stolen from our people” wys jou net wie en wat is hy.

Elize

Vanaand voel ek lus om De la Ray de la Ray van my woonhuis se dak af te sing tot die aarde bewe. Wat gaan in hierdie land aan dat ons net agteroor sit om van alle kant af geboelie en verneder te word, maar ons bly gee en gee en voeg by tot n bodemlose put. Dit is tyd dat 2019 vir ons n De la Ray moet oplewer. Mense sit en kerm op die forum, maar dit verander beslis niks nie. Jaag net mekaar se bloeddruk op. Kom ons staan saam en boikot alle staats beheerde organisasies. Ons… Lees meer »

John

Trevor Noah was toevallig in die gehoor. Hy sal die boodskap verhumoriseer… En die uitgeworpenes sal vergoed word… dit sal nie soos grondgrype gehanteer word nie. Ha, ha. Weet CR hoeveel geld hierdie mense belè het of sal Sjinese en Arabiese geld in hul plek as S-Afrikaans gereken word?