Elektrisiëns beseer toe kragboks ontplof

(Argieffoto: ER24)

Twee elektrisiëns het ernstige brandwonde opgedoen toe ʼn substasie in Vredehoek waaraan hulle gewerk het, ontplof het.

Die twee het Saterdagoggend gewerk om kragtoevoer na die gebied te probeer herstel, het Ross Campbell, woordvoerder van ER24, gesê.

Verskeie buurte sit sonder kragtoevoer ná Vrydag se sterk wind en swaar reën oor Kaapstad.

Die twee mans het brandwonde opgedoen toe hulle ʼn elektrisiteitsboks oopgemaak het, het Campbell gesê.

Een van die mans is in ʼn ernstige toestand.

Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie. Die Kaapstadse brandweer, elektrisiteitsdepartement, asook die polisie was op die toneel, het Campbell gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

TLC ·

Hier in daspoort omgewing ook nounet krag af
Laagwater brug het kragbox aan die brand geslaan
Sterkte aan mense wat beseer is

Bollie ·

Nog nie gehoor van arc flashing en beskermde toerusting nie?

fred ·

neem aan die personeel moet hulleself “earth”…selfde potentiaal as die box/ enclosure…..

Johannes ·

Is “kragboks” en “elektrisiteitsboks” die beste afrikaanse woorde?

Johann cb ·

Sou jy moontlik elektrisiteitvoorsienendekragomhulsel verkies?

Johannes ·

Nee johan.
Distribusie paneel klink baie beter.
Ek kyk boks op tv.
En ja die omhulsel voorsien nie krag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.