Engelse krieketspeler se drama in Tafelberg-kabelkar

Tafelberg-kabelkar (Foto verskaf deur dei Tafelberg-sweefspoormaatskappy (TMACC))

Die Engelse krieketspeler Danni Wyatt het Donderdag die “angswekkende” oomblik onthul toe kragtoevoer na die Tafelberg-sweefspoor onderbreek is. Die kabelkar het hoog bo die grond bly hang.

Wyatt en haar spanmaats het by toeriste aangesluit op die rit wat 1 000 meter hoog na die plato bo Kaapstad strek.

“Daar was ʼn paar tegniese kwessies wat my ietwat senuweeagtig gemaak het voor ons ingeklim het. En toe het die karretjie besluit om effens te daal en te swaai,” het die 31-jarige gesê. Die sweefspoor het kragtoevoer verloor tydens beurtkrag.

“Dit was angswekkend. Ek dink nie ek sal gou weer met ʼn kabelkar daai berg opgaan nie. Volgende keer vat ek die trappe!”

Wyatt is in die land om deel te neem aan die vroue T20-wêreldbeker.

Die Tafelberg-kabelkar het in 1929 sy deure oopgemaak en vervoer ongeveer 900 000 mense per jaar.

Tafelberg is Vrydag die agtergrond waarteen Wyatt en haar Engelse spanmaats teen Suid-Afrika te staan kom in die halfeindstryd op Nuweland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Samuel ·

So veroorsaak Eskom onnodige angs by toeriste omdat die krag onderbreek word. Wat ‘n treurige prentjie en die beeld wat dit by toeriste agterlaat?

melaney ·

Stem saam met Danni Wyatt. Ek het ook ‘n klompie jare gelede dieselfde rit onderneem. Volgende keer sal ek óok die trappe vat. Bo gekom, het ek nóg ‘n baie onplesierige ervaring gehad, maar sal eerder nie hierdie platvorm gebruik om uit te brei nie.

JohanR ·

Ek is seker al die ander mense rondom jou was heel kalm. Tafelberg kablekar is een van die veiligste in die wereld soe miskien moes jy ‘n venster opp gemaak het, ‘n sigaret op steek en jou boek gelees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.