‘Ent julle in’, versoek vakbond polisie

Die vakbond Popcru het ’n beroep op alle lede van die Suid-Afrikaanse polisiediens gedoen om hulle teen Covid-19 te laat inent. (Foto: SAPD/Facebook)

Die vakbond Popcru het ’n beroep op alle lede van die Suid-Afrikaanse polisiediens gedoen om hulle teen Covid-19 te laat inent.

Dít volg na die aankondiging dat meer as 180 000 polisiebeamptes van Maandag af teen die koronavirus ingeënt sal word. Dié inentingsprogram word deur genl. Bheki Cele, polisieminister, en genl. Khehla Sithole, polisiekommissaris, gelei en sal in Soweto in Gauteng afskop.

“Ons glo dat die 108 inentingsentrums wat reg oor die land vir dié doel geregistreer is, voldoende sal wees om te verseker dat die proses vlot verloop,” sê Richard Mamabolo, Popcru se woordvoerder.

Volgens Mamabolo is polisiebeamptes baie kwesbaar vir Covid-19 weens die onvoorspelbare omstandighede waaronder hulle werk.

Hy sê dat die Covid-19-pandemie reeds sy tol op polisiebeamptes geëis het, met meer as 30 000 infeksies en meer as 680 Covid-19-verwante sterftes.

“Ondanks hierdie ontstellende syfers gaan ons mans en vroue in blou voort met die bemanning van padblokkades en werksaamhede onder onbekende, onbeheerde omstandighede om te verseker dat inperkingsregulasies nagekom word.

“Hoewel die proses vrywillig is, sal dit bydra om gesonde personeellede in die polisiediens te help verseker wat hulle beter in staat sal stel om die nodige diens aan die publiek te lewer,” sê Mamabolo.

Maroela Media het ook berig dat werkers in die sekerheidsektor en weermaglede benewens die polisie volgende in die inentingsry is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hennie ·

Wat het geword van vryheid van assosiasies en keuses! POPCRU se stert man!

Samuel ·

Bheki en polisiekommissaris moet eerder aandag gee aan die gemors by Nkandla ens. Doen julle werk en laat julle dan inent.

Is die inenting regtig vrywillig? Nee, die wat nie ingeënt wil word nie, sal emosioneel afgepers word totdat van hulle tog sal ingee.

Fritz ·

Ek is neutraal oor inenting. Tomato tomato. Potato potato. Ek het al covid gehad. Vir my was dit soos n middelmatige verkoue. So ek sien persoonlik nie die noodsaak vir inenting nie, en gaan dit dus los. My vel is so dik dat emosionele afpersing geen effek op my het nie.

Hendrik Marthinus ·

Die kantoor mense werk van Hulle huise af of hulle aan virus blootgestel word of nie.
In my opinie is Hulle Kan se om die virus te kry Baie Meer, want Hulle shop rond.
Maar die wat met die onbekende publiek werk moet elke dag by die werk wees, hoe verstaan jy dit.
Hoe Saps een gedeelte van Sy werkers net laat dood gaan en Ander beskerm verstaan niemand nie
En die by huis kry verniet af volle salaris en Steeds Hulle verlof, nee management dus verkeerd

Hendrik Marthinus ·

Die by huise Sal seker nog n dag of 3 af gegee ook word nadat Hulle ingeent is
En die Arme werkers op skofte gese word jy werk vanaand

Anel ·

Nou hoekom het alle polisielede en oudpolisielede dan vitamines gekry? 5 maande se voorraad van onbekende afkoms? Dan is die inenting mos nie nodig nie? Of is die pille maar net oëverbindery? Gelukkig is ek op pensioen!! Gaan in elke geval eers môre seker maak of pille doeltreffend is. Vertrou niks en niemand meer nie. Sou my ook seker maar ontslaan het as ek nog werksaam was. Die virus het deesdae ook ‘n groter stigma as vigs en TB. Niemand mag weet jy het een van die 2 siektes nie, maar jy is erger as melaats as net jou neus loop. En dan weer lyk dit vir my dit is ‘n prestasie om positief te toets. Verder, mense wat nou regtig siek word, het ander onderliggende toestande, en jammer om te sê, maar kyk bietjie die gewig.!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.