Entstof dalk binnekort verpligtend vir Maties

universiteit-stellenbosch

Universiteit Stellenbosch. (Foto: Facebook)

Die Universiteit Stellenbosch (US) ondersoek die moontlikheid om Covid-19-inentings vir alle personeel en studente verpligtend te maak.

Die sogenaamde inentingsreël sal bepaal tot watter mate personeellede en studente by die universiteit kan werk en studeer na gelang van hul inentingstatus.

Solidariteit Jeug het vroeër vandeesmaand gesê hy sal namens sy lede stappe doen teen enige universiteit wat poog om Covid-19-inenting verpligtend vir studente te maak. Dit volg nadat die Universiteit van Kaapstad (UK) ook voorgestel het dat inenting dalk verpligtend gemaak moet word.

“Staatsuniversiteite se doel is om tersiêre studie vir almal in die land toeganklik te maak. Deur entstofpasse by hierdie instellings in te stel ontneem universiteite sekere studente en voornemende studente die reg om onderrig te kan ontvang,” het Paul Maritz, bestuurder van Solidariteit Jeug, gesê.

“Hulle ken ook meer regte aan ander toe op grond van daardie studente se mediese toestand. Hierdie growwe skending van regte kan onder geen omstandighede toegelaat word nie.”

Volgens prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die US, het die universiteitsraad die bestuur gemagtig om aan die dringende ontwikkeling van ʼn reël oor verpligte inenting vir studente en personeellede vir die nuwe akademiese jaar te werk.

“Personeellede en studente kan gerus wees dat behoorlike prosesse ten opsigte van oorlegpleging en risikobestuur gevolg sal word voordat dié reël in werking sal tree.”

De Villiers sê dat die moontlikheid om die entstof verpligtend te maak ʼn institusionele prioriteit moet wees en dat alle personeellede en studente teen Covid-19 ingeënt moet word.

“Entstowwe is veilig en red lewens. Om die inenting te ontvang is die verantwoordelike ding om te doen, daarom moedig ons almal aan om die entstof te ontvang,” sê hy.

Altesame 518 personeellede, 2 236 studente en 1 472 lede van die publiek is sedert 10 Augustus by die US se inentingskliniek op die Lentelussportterrein in Hammanshandweg toegedien. Talle ander mense is glo reeds elders teen die koronavirus ingeënt.

Die universiteitsraad sou aanvanklik sy besluit oor die reël op 2 Desember, tydens sy laaste vergadering van die jaar, bekend gemaak het. Dié sal nou glo vroeër plaasvind.

“Aangesien dit ʼn saak van lewe of dood is, het die raad ingestem dat sy uitvoerende komitee so gou moontlik ʼn besluit mag neem om enige vertragings in verband met personeel en studente se inentingstatus te verhoed,” het George Steyn, voorsitter van die raad, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hendrik Marthinus ·

Wonderlike nuus
Kampus lewe moet vir studente onvergeetlik lekker wees
Sodoende Sal Hulle Meer aktiwiteite Kan bywoon
Dus die tyd van jou lewe wat jy net 1 keer Kan he
Well done Maties, hopenlik volg Meer instansies julle voorbeeld

Boerkind ·

Snert! Absolute snert! Het jy ENIGE bewyse dat verpligting en inenting besig is om te werk? Wat het van doodgewone natuurlike immuniteit geword waardeur “herd” immuniteit geskep word? En dit vir ‘n siekte met ‘n herstelkoers van 98% kom jy met jou verdelende denke…???

Rooikopheks ·

Ek stem saam Casper, doen die verantwoordelike stap om jouself te beveilig, kry die inenting en hou op om jou ore vir onwaarhede uit te leen!!!

KB ·

Die grootste onwaarheid is dat die entstof “veilig” is…dit is in eksperimentele fase. Geen nugterdenkende persoon/instansie mag dit op mens afforseer nie – dít is teen die reg wat mense het om self te mag besluit of jy deel van ‘n eksperiment wil wees.

Karel Kobus Kruger ·

Sonder inenting, ivermektin, en wat ook alles, is my statistiese kans op oorlewing steeds meer as 99%. Dis meer as voldoende vir my, dankie.

VaalDonkie ·

Thom, jy moet ophou jou nuus by Max Du Preez kry. Ivermektien word al vir JARE lank as anti-virale middel voorgeskryf. Gaan lees maar hoe dit in Indie met groot sukses gebruik word.

Owlie ·

Inentings is net nog n verskoning vir ander se foute. Hierdie is nie in inrnying nie maar wel n eksperimentele indpuiting wat met rlke wave aan gepas moet word. Geen inspuiting kan covid voorkom as die mensdom in alle areas nie hul ssmewerking gee nie en as daar nie konsekwente eerlkheid te alle tye bekend gemaak word nie Elke men’s het n reg tot eie keuse en daar is altyd n 50% kans vir alles

Bernard ·

Stel voor dat TB-lyers en HIV-positiewes ook soortgelyke passe dra.

Hardekwas ·

Sommer veroordeelde gevangenes ook. Tatoeërmerk op die voorkop.

Leeuwyfie ·

Dis malligheid. Mens verplig nie iets wat nog nie die toets van tyd deurstaan het nie.

Stefaan ·

Verpleegster Iris Adams wat die eerste persoon was wat die “jab” gekry het is oorlede aan Covid. Niemand berig daaroor nie.

Dirk Mostert ·

Ai, nes ek dink my alma mater kan nie nog laer daal nie word ek verkeerd bewys. Dit troos effens dat die ikeys net so verrot is. Standaarde daal oral, ongelukkig ook in wetenskappe.

Saartjievandiebosveld ·

Wat het geword van.. ”NIEMAND GAAN VERPLIG WORD”
Met of sonder Die .”JAB” kan jy Covid kry…die volgende persoon aansteek…in die hospitaal beland…en jy kan nog steeds dood gaan.
Ek is ge-JAB…het met Covid..vir 8dae in die hospitaal beland…so…HOE NOU?

Blikkies ·

Eers Afrikaans as moedertaal word weggevat, nou jou reg om vir jouself te besluit word weggevat!!
Wat bly oor? Moet almal nou ‘n pasboek dra soos in die ou jare om te wys jy het die reg tot bestaan?

Gerhard ·

Dit is seker elkeen se reg of hy/sy ingeent pf nie te wil hê nie

Harley Davidson ·

Dit is seker ‘n goeie ding maar sou daar nagevolge wees wie vat dan die verantwoordelikheid vir die reël?

Belinda ·

dis jou menslike reg om nee te se maar hulle forseer jou op ander maniere om dit te moet neem. nou moet jy deur jou eie regte benadeel word omdat jy nie kan leer as jy nie die spuit geneem het nie?
wat van as mense soos vliee begin doodneerslaan agv die spuit en daar is niemand meer oor nie want almal was geforseer om dit te neem wetende dat dit alles nog in proef is?
niemand weet wat die long term newe effekte gaan wees van dit nie. oor n paar jaar gee almal se organe in en wat dan? geen dokters oor, geen onderwysers, geen jong mense ens nie… wat dan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.