Enyobeni-treurspel: Ouers ingelig oor oorsaak van kinders se dood

Leë kiste is by dié gedenkdiens vir die slagoffers van die Enyobeni-taverne-tragedie uitgelê. (Foto: Phill Magakoe / AFP)

Die ouers van die 21 tieners wat einde Junie in die Enyobeni-taverne in Scenery Park in Oos-Londen dood is, is meegedeel dat hul kinders glo versmoor het.

Die Oos-Kaapse departement van gesondheid het die ouers Donderdag ingelig oor die oorsaak van hul kinders se dood. Die ouers is meegedeel dat hul kinders glo versmoor het weens die feit dat die taverne oorvol was. Hulle is egter toegang tot die toksikologieverslag geweier.

Xolani Malangeni se 17-jarige dogter, Esinako, was een van die slagoffers. “Dit is ʼn vals verslag,” het hy telefonies aan AFP gesê.

Ander ouers het aan plaaslike media gesê hulle is ook meegedeel dat versmoring die oorsaak van hul kinders se dood was.

Altesame 17 tieners is in die taverne dood en nog vier op pad na hospitale nadat hulle simptome soos ʼn toegetrekte bors, braking en kopseer begin ondervind het. Die kinders was almal tussen 13 en 17 jaar oud.

Die owerhede het in Julie gesê daar was klaarblyklik metanol en alkohol in die oorledenes se bloedstroom ten tyde van hul dood. Daar is bygevoeg dat daar nog nie afdoende bewyse oor die presiese oorsaak van die tieners se dood is nie.

Siyanda Manana, woordvoerder van die departement, wou egter geen besonderhede bekend maak oor wat aan die ouers gesê is nie. Volgens mediaberigte het Manana gesê dié inligting is vertroulik en dat die departement regsadvies oor die aangeleentheid ingewin het.

Die ouers van die oorledenes het die regering al verskeie kere gekap vir sy hantering van die saak.

Die eienaar van die Enyobeni-taverne is ná die voorval in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Kerrie ·

Industriele graad alcohol deponeer methanol in die bloedstroom wanneer ingeneem word, dis nie vir menslike gebruik nie….dit is dodelik….moenie punch met dit maak en dan gratis uitdeel nie.

Nie Verbaas ·

Stem saam. Versmoring nie die rede nie. Beslis nie die eerste keer dat die plek oorvol was nie.

annie ·

Skielik is die land vol geheime oor… drinkplekke, wildplase, mynhope… Die prez homself weet ook nie wat hy weet of nie weet nie en wag dat Cele hom inlig oor wat wat is en was en sal wees. Dít is hoekom Cele soveel hoede het. Die een wat die oggend na sy kop vlieg, lei hom na die waarheid van die dag en wat hy moet kwytraak voor daai hoed sy kop verlaat. Enyobeni se hoed hy es nôg by die waarse-êr-shop.

melaney ·

Goed gestel Annie. Dalk moet ons bly wees hy besit nie ‘n rooi kêps nie. Kan net dink watse twak hy dan sal kwytraak.

groenboer ·

Mens wil nie onnodig ongevoelig wees nie, maar as die ouers in die eerste plek hul ouerlike pligte nagekom het, sou hulle nie nou nodig gehad het om vies te wees vir die regering nie. Wat doen tieners in ‘n oorvol taverne?! Waar was hul ouers? Waarom het hul ouers nie geweet waar hul kinders is nie? Of het hulle geweet en nie omgegee nie? Daardie is vrae wat ek net so graag beantwoord sou wou hê as die vrae oor die regering se onbeholpenheid. Dit is immers nie die regering se werk om jou kinders groot te maak nie.

Snowball ·

Versmoor maar hulle braak en het kopseer! Die ouers mag nie die verslae sien nie? En net die tieners versmoor, geen ander volwassenes wat teenwoordig was nie? Wie gaan dié pot bollie glo? ‘n Blinde kan met ‘n stok voel dis ‘n gelieg.

Henri ·

Dis ‘n simptoom van ‘n siek samelewing waar ouers die blaam van hulle eie tekortkominge op iemand anders se skouers wil plaas. Daardie kinders moes nooit in ‘n kroeg gewees het nie.

Madeleine ·

Om nog te lieg aan ouers wat kinders verloor Het, is n Skande.

Nie Verbaas ·

Die Oos-Kaapse departement van gesondheid moet dink dat die res van die land net so onnosel soos hulle is. Wat soek sulke jong kinders in elk geval in n taverne?

Strandloper ·

Tragies, dit is siek om oor so iets te lieg. N cover up vir wat?

Karen ·

My 5 sent, maar dis nie die regering wat hulle dood veroorsaak het nie.

Herman L ·

Hoe lank dink hulle, kan hulle met hulle liegstories wegkom? Die kinders se ouers sal dit nie aanvaar nie. Die feit dat daar metanol in die drank was, lyk na ‘n baie meer logiese verklaring, m.a.w. vergiftiging.

Hennie ·

Dan moet daar baie gereeld (DAAGLIKS) swart mense wees wat versmoor in taxi’s! Die tavern eienaar het seker baie betaal vir die “gunstige” uits-lag!

Christine ·

Twak. Dis wat vir hartseer ouers gesê word om hulle stil te maak. n Skeiende skande. Die feit dat kinders nie in ‘n drinkplek hoort nie, is ‘n heel ander storie en het niks met hierdie saak te doen nie.

Perdeby ·

Versmoor? Hoekom net die tussen 13 en 17 jaar wat van al die ander mense wat daar was? Klink glad nie vir my reg nie. Hulle steek iets weg, kry ‘n hofbevel om die regte toksikologieverslag te kry.

Marelize ·

Moet alles altyd toe gesmeer word. Ek sou ook kwaad word as daar vir my gelieg word.

VaalDonkie ·

Seker een van Bill Gates se eksperimente. Hulle het hom mos weggejaag daar uit Noord Afrika.

Tania ·

ek wonder soms of hulle dink ons mense is dom?
die arme familie dit kon onmoontlik versmoring wees?
ek meen jy sal mos voel jy kry nie asem nie en buitentoe gaan jy gaan nie wag tot jy vlou val nie? nee man gee die arme ouers meer krediet as dit om vir hulle te jok en te verwag hulle moet dit glo

TO ·

Wat soek n 13- 17 jariges in n taverne. Ouers moet verantwoordelikheid begin neem vir hulle kinders

Swerwer ·

Beslis nie reg nie, daar is beslis weer ‘n toesmeerdery van iets omdat een of ander wese se identiteit weer beskerm moet word. Die vraag bly nog steeds staan, “Wat maak kinders tussen 13 en 17 ” in ‘n taverne. Hedendaagse kinders word groot gebore en wrang grootgemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.