Eskom gekap oor ‘onbillike ontslag’ ná beurtkrag

Die Medupi-kragstasie. Foto: JMK/Wikimedia Commons

Solidariteit het ʼn aanmaning aan Eskom oorhandig waarin die kragvoorsiener versoek word om onmiddellik die “onbillike ontslag” van een sy werknemers terug te trek.

Eskom het Johan Dempers, ʼn projekbestuurder by die Matimba- en Medupi-kragstasie, op 18 Oktober summier uit die diens van die Eskom-filiaal Rotek se diens ontslaan.

Die kragvoorsiener voer aan dat Dempers die uitvoer van sy pligte verwaarloos het en dat dit daartoe gelei het dat drie eenhede by die Medupi-kragstasie opgepak het. Dit is as een van die redes aangevoer hoekom beurtkrag weer van 16 Oktober af ingestel is.

Eskom voer in die ontslagkennisgewing aan dat Dempers daarmee getaak was om te verseker dat 1 500 ton se steenkool-invoer per uur gehandhaaf word.

Daar word aangevoer dat Dempers versuim het om dit te doen en ook nagelaat het om die saak by senior bestuur aan te meld toe hy sien dat die teikens nie gehaal gaan word nie.

Solidariteit versoek Eskom om Dempers se “onbillike ontslag” teen Dinsdag terug te trek.

Anton van der Bilj. Foto: Reint Dykema

Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se regsdienste, voer aan dat nadat die steenkool-vervoerband op 12 Oktober onklaar geraak het wat tot die onlangse kragonderbrekings gelei het, Dempers aangesê was om toesig te hou oor die herstelwerk aan die vervoerband.

“As deel van die noodmaatreëls wat ingestel is terwyl die band herstel moes word, moes 1 500 ton steenkool per uur per trok na die kragstasie aangery word.”

Volgens Van der Bijl voer Eskom Rotek aan dat Dempers versuim het om die 1 500 ton steenkool per uur aan Medupi volgens hul instruksie te lewer.

“Dit is skokkend, om die minste te sê. Dempers is sonder enige waarskuwing ontslaan vir iets wat nie sy verantwoordelikheid was nie, en dit ten spyte van die feit dat hy sy plig om toesig te hou oor die herstel van die vervoerband doelgerig en uitstekend uitgevoer het,” het Van der Bijl gesê.

“Dit is jammer dat dit ʼn tendens geword het vir wanbestuurde staatsinstellings om hul werknemers as pionne te gebruik om hul eie onbevoegdheid te probeer verdoesel.

“Ons het hier te make met ʼn geval waar ons lid baie meer gedoen het as wat van hom verwag is, en nou as die sondebok voorgehou word vir die onlangse kragonderbrekings,” het Van der Bijl gesê.

Van der Bijl sê voorts dat indien Eskom Rotek nie Dempers se ontslag teen Dinsdag teruggetrek het nie, Solidariteit genoodsaak sal wees om dringende regstappe te doen.

“Ons glo en vertrou dat Eskom Rotek ʼn les in die hof sal leer,” het Van der Bijl afgesluit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anoniem ·

Ek weet ons moet ophou maar ongelukkig kan ek nie want dit is alweer n witman wat die skuld kry. Sies ESKOM

jakes ·

Dis belaglik. Dank eerder die 30,000 oortollige werkers af wat geen posbeskrywing het en elke dag werk toe gaan en in die kantiene rondhang. Asook die bestuur wat miljoene rand elk per jaar verdien onm Eskom verder oor die afgrond te stoot.

Wondermaarnet ·

Om te slaap tydens werk ure by Eskom is vir hulle nie ‘n oortreding nie en niemand word eers daaroor aangespreek nie. Eskom, skrik wakker en raak ontslae van mense wat net daar is vir die salaris en voordele. Julle het mos te veel werkers, daar is dus nou ‘n kans om die personeel uit te dun deur slapers te ontslaan.

JV ·

Dit gaan n tendens by Eskom word. Hulle het nie geld om mense skeidings pakkette aan te bied. Die maklikste manier en met die minste koste is om hul personeel te “fire”.

Njerts ·

Solidariteit soek net media vriendelike sake. Wat van die blanke mynwerkers wie se loopbane op 55 beëindig word wat hulle nie verdedig het nie? Van die manne sit al 7jaar sonder werk. Die pensioen polisse wat heelwat minder uitbetaal het as wat hulle op 65 sou kry is al opgeleef terwyl hulle ander werk gesoek het. Al wat hulle nou het is R1790 pm sassa om van te lewe. Tog gee niemand n m.o,r om nie. Waar het jy al gehoor n boilermaker werk op n leer? Dan word hy afbetaal omdat n leer in die middel van die workshop staan! Die my bakkie se veiligheidsgordel tafel uit en dan word die fitter wat dit gebruik afbetaal. dis mos nie sy skuld die myn dien niks daaraan nie. Die veiigheidsharnasse is nie opgevou nie en die elektrisier word gefire al gebruik hy dit nie. Die verslae is nie deur die aflos voorman gedoen terwyl voorman op verlof was nie. Voorman word eerste dag terug by die werk gefire. Al wat die manne geneem het is dat hulle wit en oor 55 is. CCMA sê eenvoudig “the employer’s has every right to fire a worker.” Hoeveel 55+ers het weer ander werk gekry? Dalk 1/10 teen n gedeelte van die salaris wat hulle voorheen verdien het. Solidariteit haal skouers. Vir jarelange lidmate.

Ig ·

Solidariteit sal nie n saak vat wat hulle nie n redelike goeie kans het om te wen nie. Njerts dit sluit jou saak in. Maklik om droog te maak maar sodra jy vasgevat word is dit mos altyd n ras aangeleentheid.

GL ·

Maklik om te praat as jy niks weet nie lg. Ons op die myne sien wat gaan aan. Ek sien nie dat hy dit ras gedrewe of sy eie ondervinding noem nie. Sowat drie jaar gelede was ses mans by ons ingeroep eenvoudig vertel “Julle raak die jaar 55. Aanvaar die pakket wat binnekort aangebied gaan word, of…..” Weet jy wat lg? hulle was as ses wit. Dit gebeur net eenvoudig te gereeld om droogmakers te wees.

Swanna ·

ESKOM is nie die enigstes wat slaap tydens werks ure nie gaan kyk net agter die bosse waar spoed kameras langs die paaie geplaas is hoe slaap daai klomp, want die kamera doen mos die werk. Dan is daar sommer vier persone wat saam snork in die voertuig. Die hele nuwe suid afrika slaap gedurende werks ure. Dit is hulle reg om dit te doen want hulle is MOEG van die vorige aand se gejol en nou moet hulle rus, Eskom is die nuwe suid afrika want dit is hoekom iemand die skuld moet kry soos appartheid die skuld moet kry vir al hulle gemors wat hulle aanvang Sies man, MAN-UP.

Pieter ·

Ons blankes wil nie standpunt in neem nie so hou op kla dit gaan niks help nie die ANC lag vir ons en hulle gaan vir nog baie lank vir ons lag teen die trant wat ons blankes nou aan gaan

Bert ·

Regtig mense, as hy drooggemaak het moet hy waai, maak nie saak of hy wit of swart is nie.
Ons wil mos kundige mense in die posisies sien.

SjN ·

Hy word onmiddelik ontslaan, nie geskors of geleentheid gegee om redes aan te voer hoekom hy nie vervolg moet word nie, iets is nie reg nie, hoop hul kry bloedneus in die hof en laat die skuldiges aan die pen ry.

aj ·

Wie moes toesig hou oor Johan Dempers?

Sy toesighouer dra mos ook verantwoordelikheid vir die werk wat gedoen moet word?

Martin ·

Hy het nie die toestand by senior bestuur aangemeld nie. Wie sou weet om toesig te hou in die verband? Hy is self ‘n bestuurder.

Martin ·

Van wanneer af is Rotek verantwoordelik vir die “conveyer belts” vanaf die bunkers na die boilers toe, dit is gewoonlik die kragstasie se eie onderhoud span se werk. Rotek se werk strek sover ek weet net tot die Stoom turbines en verwante toerusting en het niks te doen met die boilers en steenkool vervoer na hulle toe nie.

Martin ·

Kyk wat staan in die berig. Hy is getaak om toe te sien dat 1500 ton /uur per trok aan die stasie gelewer word. Dit is mos sy werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.