Eskom mik vir fase 3 dié week

(Argieffoto: Dall-E)

Beurtkrag sal deur die loop van die week geleidelik tot fase 3 verminder word.

Eskom het Sondagaand gesê fase 4 sal nog tot Maandag 16:00 geld voordat beurtkrag tot fase 5 verhoog sal word. Dié fase sal verwagting tot Dinsdag 05:00 ingestel word voordat fase 3 in werking sal tree.

Fase 3-beurtkrag sal na verwagting Dinsdag en Woensdag vanaf 05:00 tot 16:00 geld. Fase 4 sal egter dié twee dae tussen 16:00 en 05:00 ingestel word.

DagFase Duur van fase
Maandag400:00 – 16:00
 516:00 – 00:00
Dinsdag500:00 – 05:00
 305:00 – 16:00
 416:00 – 00:00
Woensdag400:00 – 05:00
 305:00 – 16:00
 416:00 – 00:00

 

Eskom sê ʼn opwekkingseenheid elk by die Arnot-, Grootvlei-, Kendal-, Medupi- en Tutuka-kragstasie is die afgelope 24 uur weer in diens geneem. ʼn Eenheid elk by die Camden-, Majuba- en Matimba-kragstasie het egter terselfdertyd die gees gegee en moet nou herstel word.

Die vertraging in die herstel van ʼn eenheid elk by die Arnot-, Hendrina-, Kendal-, Medupi- en Tutuka-kragstasie dra by tot die huidige kapasiteitsbeperkings.

Vier oopsiklus-gasturbines by Ankerlig is boonop tot 15 Maart 2023 buite werking vir beplande instandhouding.

Boonop is elektrisiteit-invoer vanaf die Cahora Bassa-hidroskema in Mosambiek tot 600 MW gehalveer weens ʼn toringonderbreking op een van die lyne van dié land.

Altesaam 4 757 MW is tans nie beskikbaar nie weens beplande instandhouding, terwyl ʼn massiewe 16 870 MW weens onbeplande onderbrekings nie beskikbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Nie Verbaas ·

En ons mik om van die hele ANC sindikaat regering ontslae te raak en n regering met integriteit in beheer te kry.

Harley Davidson ·

Escom se baie dinge net soos die ANC regime maar doen min as dit by noodsaaklike dinge kom.

Jack ·

Nee wat.Soos wat ESKOM nou bestuur word glo ons nog minder.Soos die man wat vir sy vrou verseker dat hy haar nie verneek nie maar sy hemp hang by sy broek uit en lipstiffie pronk op sy nek.

Burgermeester ·

Dit is hartseer om te dink dat dié standaard so verlaag het, dat ‘n mens opgewonde raak oor laer beurtkrag fases.

hpven ·

Laaste stuiptrekkings voor die doodslag of tot die diesel opraak…

Snowball ·

Goeie artikel in Daily Maverick oor Eskom se 4 misdaad sindikate – laat mens nogal lag oor Eskom se voorspellings en doelwitte, want Eskom is so min in beheer soos die man in die maan. Sy toue word op ander plekke getrek…

Janice ·

Hoe wil Eskom ons op fase 3 kry met so massiewe tekort? Wil hulle nou die laaste bietjie MW wat nog oor is ook maan toe stuur? Tipies, breek net en se “sorry”.

Elma ·

Kyk mooi na die tye. Wissel mooi af tussen fases om maksimum onderbrekings in te stel. Hulle lag al die pad vir ons wat nou kastig dankbaar moet wees vir al hulle harde werk.

kragaap ·

Net voor fase 3 inskop sal iets breek of gesaboteur word terug na fase 6.

Papsak ·

En ons mik om van die korrupte anc regering ontslae te raak want hulle kan niks reg kry of hou nie shame so jammer

Alex ·

Nodat die beans gespil is kan alles skielik regkom. Die saboteerders onttrek sekerlik skielik hulle plunder net om nie gevang te word nie….

Mieke ·

Pragtig!! Een van die dae
gaan Eskom weer perfek werk noudat De Ruyter uitgesmyt is….

Casper ·

En al gaan André die inligting bekend maak rakende die hoës wat by korrupsie betrokke is sal daar dadels van kom.Die polisie wat by megawatt park geplaas is,is juis om die kaders te beskerm teen vervolging.

Willem ·

Kan iemand vir my sê watse fase nour geldig is? My Ma in Johannesburg het geen krag vir die laaste 14 uur.

Jakez ·

Lees die berig in Daily Maverick – Eskom is beslis nie in beheer nie

Carel ·

Ek neem aan Eskom Diewe het hulself boeglam geskrik vir de Ruyter se openbarings. Hulle het seker nou diefstal & sabotasie so bietjie ” opgeskort” totdat die stof gaan lê het . . . . nadat de Ruyter in die openbaar tot “Enemy of the State” gereduseer is . . . sal die plunder tog voort gesit word

Manie ·

Hoe kan Eskom reeds die skedule vir die res van die week bepaal terwyl hulle nie weet hoeveel lyne van diens af gaan en gaan bygevoeg word nie? Is dit ‘n geval van duimsuig en mog et troffe?

DieKriek ·

Maar Fase 3 in die dag en 4 in die nag is dieselfde as pal Fase 4. En Fase 4 is hierdie week PRESIES dieselfde as Fase 5. So hoe baat ons? Hulle bly maar skelm.

Elma ·

Dankie man. Ek sien op die ESP app, die fases word so pragtig afgewissel sodat die daaglikse 3 x per dag onderbrekings maar net nie wyk nie. Julle dink ons is net so dom soos julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.