Eskom-raad skop De Ruyter dadelik uit

André de Ruyter. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

André de Ruyter, hoof van Eskom, hoef nie Donderdagoggend vir werk op te daag nie.

Die kragvoorsiener het Woensdagaand laat in ʼn kort verklaring bekend gemaak dat De Ruyter sy pos onmiddellik sal verlaat. De Ruyter het einde verlede jaar bedank maar sou tot einde Maart in sy pos aanbly.

“Ná die sameroeping van ʼn spesiale raadsvergadering Woensdag, het die Eskom-raad en uitvoerende groephoof ʼn gemeenskaplike ooreenkoms bereik om sy kennistydperk tot 28 Februarie aan te pas.

“Die raad het besluit dat daar nie van De Ruyter verwag sal word om die res van sy kennistydperk te werk nie en dat hy dadelik uit sy posisie vrygestel word,” lui die verklaring.

Eskom sê ook reëlings oor ʼn waarnemende groephoof sal in oorleg met die minister gemaak word en sal “binnekort” bekend gemaak word.

De Ruyter het die afgelope week in ʼn onderhoud erken dat hy misluk het om beurtkrag in Suid-Afrika te verhoed en onder meer verwys na wat hy beskou as korrupsie wat in die regering en die bestuur van Eskom ingegrawe is.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het De Ruyter as ʼn “hedendaagse held” bestempel.

“Hy was in ʼn stelsel waar daar nie plek is vir harde werk, oplossings en eerlikheid nie. Eerlikheid was die finale strooi vir die korrupte stelsel. Dit word nie geduld nie en hy moet onmiddellik loop.

“Ek salueer vir Andrè.”

  • Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Esme ·

Ek dink nie dit is ‘n senuwee nie – ek dink die volle waarheid behoort nou uit te kom. Wyle Hendrik van der Bijl het Eskom vir Suid-Afrika opgerig – nie vir korrupte Regerings nie.

Prikkie ·

Die waarheid kom altyd uit en dan maak dit meestal baie seer.

Seker dat SA’ ners jou in die komende dae en maande gaan mis Andre.

Sterkte vir jou en jou gesin.

Lillian ·

Nou is donkerte ons voorland! Sy onderhoud op TV het duidelik nie goed afgegaan met die korrupte lot nie.

Esme ·

Ek was bevoorreg om saam met Andre de Ruyter te werk en Raadsvergaderings is gebruik vir Openbarings en ek weet dat Andre nou saam met sy vrou en gesin sal wees en ja, skryf daardie boek. Ons bid God se beskerming op jou en jou geliefdes.

Danie ·

Ja kyk die waarheid maak seer. Nou weet ons sommer dat hy die waarheid gepraat het.
Dankie vir die harde werk en eerlikheid

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Rusland se regerende kommunistiese party en die ANC-leierskap ruik baie dieselfde. Die ANC-leierskap het ‘n goeie mentor in die Russiese kommunistiese leierskap gehad. Hulle is bedrewe in persepsiologiese oorlogvoering en die bedryf van die Groot Leuen om staatsmag te sentraliseer en te misbruik.

Nie Verbaas ·

Godongwana het mos nou geld gegee en nou moet dit vinnig geplunder word en de Ruyter is in die pad. Krag se herstel is n klug want kyk waar is ons nou al. ANC gemors.

Kalla ·

Sterkte meneer De Ruyter, jy het jou alles gegee. Niemand kan wen teen die korrupsie wat heers nie.

Harley Davidson ·

Hoekom het hy nie al lankal uitgekom met die waarheid nie?

Hannes ·

Gee vir Andre n kas Bells. Jys n yster en nog steeds trots Afrikaans met waardes!!!

Magda ·

Watter ONBEVOEGDE, KORRUPTE ANC KADERAANSTELLING gaan nou hier plaas vind. Nag Nella Vir SUID Afrikaners.

Ronel ·

Ja en nou gaan hy die skuld kry vir alles wat verkeerd geloop het en nog vir dit wat die volgende 29 jaar gaan verkeedd loop by Eskom. Hierdie onbevoegde en korrupte regering gaan alle blaam op hom plaas en agter hom wegkruip – lekker man, lekker????????????

groenboer ·

Ja, De Ruyter en Van Riebeeck gaan mekaar opdraande gee oor wie die meeste skuld dra. :-)

Samuel ·

Mnr. De Ruyter, jy is ons held. Die eTV onderhoud was net wat die ANC níe wou hê nie. Jy het’n senuwee blootgelê wat eina is. Nou weet ons verseker dat die hele regering korrup is en vreet by die Eskom-krip. Sterkte vir die toekoms.

Aggie ·

Waar sal ‘n mens die TV onderhoud kan sien? Ek het dit gemis!

Pieter ·

De Ruyter, die beste wat ESKOM tot en met hede gehad het van 1994 af. (Net jammer soveel, so laat). Ek saluut Mnr. De Ruyter!!!

Blomkind ·

Hou maar dop…N week as dit ni gouer is nie, dan sit ons in die donker…

Pieter ·

SA kort n totale reset . Wat dit ookal beteken, maar so kan dit nie aangaan nie. Alles moet tot nuut gaan, sodat daar van voor af begin kan word, dat ons kinders weer n toekoms kan he in die land.

Truman Burbank ·

Wel. Die wereld is in n reset. Wat nie vermag was met die 2020 plaag nie, word nou gepoog met n wereldwye energie krisis. Hoop julle het veiligheids gordels. Bumpy ride ahead.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jammer Pieter, jou kinders sal nie ‘n toekoms in hierdie land hê nie.

Strandloper ·

Ek haal my hoed af vir jou! Ons weet jy het jou alles ge-gee

Truman Burbank ·

En gevat. Wonder hoekom hy destyds by SASOL as mr Coal bekend was

groenboer ·

Nou ja, dit is nou maar die ANC se kenmerkende patroon: val die fluitjieblasers en kritici aan eerder as om die problem aan te spreek.

Harley Davidson ·

Ek verneem die minister van Escom is Dr Swelli mikize dieselfde een wat minister van gesondheid was en betrokke en geïdentifiseer was as ‘n oneerlike minister,so ek kan net sê sterkte Escom.

Gerhard ·

Oh no…..regtig. Dit is ‘n gemosrs. Hy is dan reeds uit sy pos oor korrupsie. O aarde, hier kom groot gemors vir ons indien dit waar is.

Piet ·

Dit maak baie sin met die masiewe hoeveelheid geld wat nou in eskom gepomp gaan word:
Fase 1 is gee so gou moontlik vir André de Ruyter die trekpas.
Fase 2 is om hierdie “nuwe” eskom koei weereens so gou moontlik deeglik te melk deur al die kaders en weg te kom daarmee!
Fase 3 is om mense soos André de Ruyter te blameer vir alles sodra die regering se laksheid weer uit gewys word.
Fase 4 die korupte regering kom weer weg daarmee en ons het net nog meer ekonomiese ineenstorting elke dag.
Fase 5 almal smile weereens by SONA2024 met hul fancy dress en karre op die red carpet asof niks gebeur het nie.

Snowball ·

Êrens is die senuwee raakgeboor in daai onderhoud. Polisie wat nie optree nie, die comrades wat voordeel trek en inmeng…. die hele ou stink vrot spul moet aan die groot klok gehang word in nog ‘n onderhoud.

Wendy ·

Dankie Andre nou sal ons sien wat kom jy het darm nog die ligte aangehou ons salueer jou ek kan net nie verstaan dat SAkaners hierdi snert vd regering nog verdr duld nie !!!!

Matmiet ·

Hy het sy bes probeer, maar niemand kan wen teen die oormag wat ‘n korrupte kultuur toelaat en self daarin deel.

Matmiet ·

Hoeveel gaan dit kos om ‘n standbeeld vir hierdie held van die land op te rig?

Yvonne ·

Nou is die pad weer op vir grootskaalse bedrog…daar kom mos weer geld….hoe bitter tragies…. Andre sterkte vir jou en jou gesin vir n paar jaar van ergste spanning denkbaar!!

Truman Burbank ·

Daar was grootskaalse bedrog onder sy leiding ook.

Jay ·

‘n Skerp forensiese ondersoeker sal die Eskom pad van korrupsie tot in ‘n minister(s) se kantoor bloot lê!

Dus, Andre de Ruyter ‘n hedendaagse held – gewis so!
Andre de Ruyter praat en die waarheid maak seer – gewis ook so!

En absoluut gewis so, met de Ruyter en Oberholtzer (binnekort) se vertrek is daar nou groot probleme aan’t kom. Erge donkerte is voorland – gewis so!

Republikein in die Wes Kaap ·

ANC lede sal skotvry voortgaan om te plunder.

miraclealigner ·

Jy beter jou persoonlike sekuriteit opskerp Mnr de Ruyter. En noudat jy nie meer onder die dekmantel van ‘grootbaas’ hoef te skuil nie kan jy mos maar meer vrylik praat – wie is almal betrokke? As die DA alewig kan dokumente aanvra onder die PAIA – wetgewing kan jy en ons almal mos maar ook, sodat ons êrens kan begin en self die gemors regmaak, dis mos mos maar altyd wat ons doen?!

Truman Burbank ·

Dankie Leon. Darm iemand wat nie die ou se voete wil was nie. Mense vergeet wat gebeur het by SASOL en NAMPAK. NAMPAK se aandele het met 84%geval onder sy leiding. En mr Coal gaan aan. Gereeld op een of ander gravy train

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit kan gedoen word, met buitelandse hulp.

Elize ·

Ag Leon weet jy. Wat gaan jy doen wanneer jou lewe in die weegskaal is?

My siening ·

Dankie mnr De Ruyter jy het probeer maar die korupte ANC het net een waarde en dit is kriminele beginsels, en wys duidelik self verryking. Ek spoeg op die ANC en baie trots op jou de ruyter!

Astrain ·

Alle nugter denkende SAners bewonder jou moed, vasbyt en deursettingsvermoë! Die albatros is van jou nek af – jy wou jou land help en dis net onmoontlik gemaak vir jou. Die oormag sal enige iemand breek…beste wense vir ‘n blink toekoms in die privaatsektor. Begin jou eie krag verskaffing maatskappy!

Hoekom ·

As ons almal toelaat om ‘n “bietjie te eet” gaan daar niks van die land oorbly nie en dan kan ons afskeid neem van vooruitgang en ontwikkeling. Die ANC is ‘n ekonomiese ramp, om dit ligtelik te stel. Dit is ‘n jammerte dat hulle aan die stuur van ons land is en bly…

Elize ·

Vlug mnr de Ruyter. Jy weet te veel!! Jy se maar net wat ons almal lankal weet

Kokerboom ·

Dankie vir jou diens Andre. Ons het nie ‘n idee onder watter omstandighede hy sy werk moes doen!Die ANc is ‘n vloek!

Juanita ·

Ek het geen twyfel dat Andre ‘n sukses sou maak as hy 10 jaar terug al aangestel was as die hoof. Ongelukkig kan een eerlike man nie op sy eie ‘n stelsel wat reeds so gebroke is herstel nie nie. Hy het probeer.

Sonblom ·

Ek salueer jou ook Mnr De Ruyter! Ek het baie respek vir jou omdat jy nie geskroom het om die waarheid te vertel nie.

Marilize ·

Die aanstelling sal defnetief ‘n korrupte kader wees. Geen eerlike mens met integriteit sal daardie pos aanvaar nie. Sodra jy die waarheid ontbloot en dinge probeer regstel, kry jy sianied in jou koffie en word summier afgedak.
Fase 8 is ons voorland, totdat alles in duie stort.

Marcello ·

O Genade !!!!!!!!! Nou is ons in ons “thops” in, ons gaan Andrè mis. Daar was weer hoop vir ons binne en buite dat die “skip” omgedraai gaan word. Maar die Raad en die Regering het bang geword vir dit wat hy uitgekrap het, en nog ontbloot. Ek wens Andrè net die beste toe, vir die toekoms. Hy was ‘n leier en staatmaker vir ons binne en buite..

Perdeby ·

Hy het ‘n baie sentitiewe bekendmaking gemaak van ‘n Minister. Ek dink die ANC spring nou wild rond op daardie warm plaat. As ek Andre is hy en sy familie op die 1ste vlug na ‘n onbekende land, want hulle gaan hom uithaal verseker!!!!

Esme ·

Andre, jou werksloopbaan is ‘n getuienis van wie jy is. Jy is daardie leier wat van vooraf lei en jou werksmag volg jou. Ongelukkig is Eskom nie ‘n werkgewer nie, maar ‘n Mafia Organisasie wat deur korrupsie gedryf word. Gierigheid en vergrype is so deel van Eskom en geld wat onder matrasse weggesteek word, word nie eers bevraagteken nie.
Dat ‘n Boerseun ‘n hele Regering kan aanvat is net ‘n bewys dat daar nog massa’s is, met integriteit.
Ons is trots op jou.

skurweberg ·

Die grootste hofsaak sedert 1994 verskyn op die horison. Pas julle bewysstukke en regsgeleerdes maar goed op, terwille van reg en onreg wat nou duidelik teenoor mekaar te staan gaan kom. Soos die simboliek in ons landsvlag.

anko ·

Nuwe persoon gaan n giftige sisteem erf. Gebreekte goeters gaan nog steeds baie lank neem om te herstel wat baie duur is. Privatiseer die hele Eskom. Hopelik sal boeke balanseer

Veronika ·

Hoekom omdat hy die waarheid gepraat het, uiteindelik uitgekom het met jul korrupsie!! Dit help niks ons weet nou klaar van alles!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.