Eskom het Donderdag gewaarsku dat hoewel beurtkrag voorlopig Vrydag opgeskort sal word, gebruikers dalk volgende week nóg beurtkrag kan verwag.
“Die kragstelsel bly broos en terwyl dit die geval is, sal Eskom voortgaan met die inwerkingstelling van beurtkrag soos voorheen bekend gemaak. Dit sal Vrydag om 05:00 gestaak word.”
Eskom sê die opskorting van beurtkrag oor die naweek is omdat daar ʼn laer aanvraag verwag word.
Die moontlikheid bestaan egter dat dit volgende week weer ingestel sal word soos aanvraag weer verhoog.
“Eenhede by die Kusile- en Kendal-substasie het oor die afgelope 24 uur uitgeskop. Die eenheid by Kusile is egter weer van vanoggend [Dinsdag] in werking, sowel as die Camden-substasie waar vertragings vroeër ondervind is.”
Eskom sê hy sal oor die naweek water van die Ingula-pompopgaarskema in die rivierstelsel vrylaat om die druk op kapasiteit weens swaar reën te verlig.
“Dit sal verantwoordelik en in samewerking met owerhede gedoen word.
“Altesaam 6 042 MW is vir instandhoudingswerk beplan, terwyl nog 14 471 MW onbeskikbaar is weens onvoorsiene ineenstortings.”
Eskom waarsku dat verdere druk op kapasiteit moontlik nog beurtkrag sal noop.
“Ons moedig verbruikers aan om krag oor die langnaweek spaarsamig te gebruik sodat noodreserwes weer vir die komende week aangevul kan word.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
‘n Groot, eishhh !!!! Vir eskom.
Sit die ligte van parlement ook af, dat hulle voel
N Groot gemors Vir Eskom wish ,!!!!!!!!!!!!¡!
Wat maak dit saak, ons is gewoond daaraan.
My builteligte is alles sonkrag. Binne het ons ses ligte wat ook met sonkrag laai, En ek kan heeldag op battery krag werk. So ek is darem al daar. Eendag wil ek heeltemal skei van Eskom. En daai dag is amper hier.