Familie rasend oor vermiste Alzheimer-pasiënt

(Foto: Verskaf)

ʼn Bejaarde man met Alzheimer se siekte is steeds vermis nadat hy Donderdag van ʼn versorgingseenheid in Noordhoek in Kaapstad verdwyn het.

Gus Thompson (70) se familie, talle vrywilligers en die polisie soek sedertdien onverpoos na hom.

James, Gus se seun en woordvoerder van die familie, sê sy pa is laas om 18:00 in die gebied om die betrokke versorgingseenheid gesien.

Kringtelevisie wat in en om Noordhoek verkry is, wys dat Gus die fasiliteit per voet verlaat het. Om 20:00 word hy weer by die Chapmanspiek-draaipunt gewaar waar hy in die rigting van Houtbaai stap.

“Gus ly aan Alzheimer se siekte en is waarskynlik deurmekaar. Hy sal ook moontlik vra vir Gigi,” lui ʼn verklaring deur die familie. Gus is sowat agt jaar vantevore met die siekte gediagnoseer.

Die familie het sedert sy verdwyning ʼn uitstorting van ondersteuning van lede van die gemeenskap gekry, maar terselfdertyd talle wenke ontvang wat op die ou end op niks uitgeloop het nie.

“Ons is so dankbaar vir die honderde vrywilligers wat die afgelope paar dae dag en nag gewerk het op soek na my pa. Die vrywilligers het elke telefoonoproep beantwoord, honderde leidrade nagejaag, ure se beeldmateriaal gefynkam en ons op elke moontlike manier bygestaan,” sê James.

Die soektog na Gus is intussen uitgebrei en nie meer beperk tot Houtbaai en Noordhoek nie, aangesien hy moontlik in ʼn motor geklim het en elders heen geneem is.

Gus is lank en skraal met kort grys hare en blou oë. Hy is laas gesien met ʼn swart donsbaadjie, blou gholfhemp, blou jeans, lemmetjiegroen sokkies en donkerblou drafskoene.

Die familie het lede van die publiek versoek om enige inligting wat in die soektog na Gus kan help, na 079 650 4814 te WhatsApp.

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Di ·

Tragies, hoe kry hierdie pasient dit reg om net so uit ‘n plek te loop? Iemand was nalatig

Swerwer ·

Maklik, die mense wat daar werk hou nie die hekke gelsuit nie want 99,9% is van die Nuwe Suid Afrika en volgens hul het die “pasiënte” die reg om vrylik te beweeg ongeag sy toestand. Dit het my van my kop af gedryf die tyd wat ek by so ‘n plek vrywillig uitgehelp het. Weereens kulture verskil. Ek kan my net indink in watter toestand sy familie moet wees, dit is hartverskeurend.

Swerwer ·

Sò sò hartseer. Mag ons Hemelse Vader hom veilig terugbesorg aan sy geliefdes.

Miena ·

My 80 jarige stief-ma ly ook aan gemendge gevorderde dimensie / alzheimer’s maar sy woon by my – ek het n persoon wat inbly en my help bedags kyk na haar as ek werk. haar 2 eie bloedkinders wil haar nie by hulle he nie – wil haar in n inrigting sit. ek sien mos nou 4maande na my pa se afsterwe gaan sy meer en meer agteruit. die neurossjirurg het gese wat ons te wagte kan wees. Ons hou die hek se remote weg van haar so sy weet nie waar of hoe om die hek oop te maak nie. Ek se nie alle plekke is dieselfde nie – maar sommige instansies gee nie n flenter om oor die bejaardes nie. En nee ek het dit nie breed om na haar om te sien nie – haar seun betaal maandeliks vir my n bedrag vir die versorger en haar You- tydskrif asook lekkerny en haarsny elke maand. So sy bly maar by my tot ons nie meer sal kan nie… Ek hoop regtig van harte julle vind hom vinnig – en in goeie kondisie.

Swerwer ·

Dankie Miena vir jou liefde en bystand, jy sal beloon word. Dit is nie maklik nie maar al wat hul nodig het is goeie versorging en liefde. Jy is ‘n Engel.

miche ·

Ek haal my hoed af vir jou, Miena. Jy sal inderdaad beloon word.

Janee ·

Is daar dan geen hekke nie? Ons bid dat hy gevind sal word…bitter hartseer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.