Familie sê daar is geen tienling nie

Die 37-jarige Gosiame Thamara Sithole van Tembisa het vandeesweek glo aan 10 babas geboorte geskenk. Langs haar sit haar man, Tobogo Tsosetsi. (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency/IOL)

Die Tsotsetsi-familie het Dinsdag by hul familiehuis in Tembisa vergader. Uitgebreide familielede en nabye vriende het ook die byeenkoms bygewoon en ʼn verslag gekry Gosiame Sithole se kêrel, Tebogo Tsotetsi.

Tebogo het bevestig dat hy nog nie die tienling gesien het nie en op sy meisie se inligting staat gemaak het wat hom gebel het om te sê die tienling is gebore. Hy het ʼn paar keer probeer om sy meisie en die babas te besoek, maar sy wou nie sê waar hulle is of wat die toestand van die babas is nie.

Maroela Media het vroeër berig daar hang talle vraagtekens oor die geboorte van ’n tienling in Gauteng wat glo ook ’n nuwe Guinness-wêreldrekord laat spat het. Die nuus dat die 37-jarige Gosiame Thamara Sithole van Tembisa op 7 Junie aan sewe seuns en drie dogters geboorte in “’n Pretoriase hospitaal” geskenk het, het die volgende dag soos ’n veldbrand versprei. Die storie is deur Pretoria News gebreek en spog met foto’s van ’n hoogswanger Sithole by haar kêrel, Tobogo Tsosetsi. Dit het egter geblyk dat niemand, selfs nie die regering nie, geweet het waar om dié egpaar en hul spruite op te spoor nie. Daar is ook nooit enige foto’s van die babas gepubliseer nie.

“Die huidige onsekerhede en gesprekke deur die publiek oor die tienling is ʼn groot kommernis vir die familie, veral in die lig dat daar geen bewyse is dat die tienling wel bestaan buiten telefoniese en WhatsApp-boodskappe van die ma nie,” het die familie nou in ʼn verklaring gesê.

Die familie het tot die besluit gekom dat geen tienling gebore is nie, tot ander inligting ontvang word. Hulle vra om verskoning vir enige ongerief en verleentheid.

Die familie het gesê hulle waardeer en erken die ondersteuning van Piet Rampedi, redakteur van die Pretoria News wat die storie oor die tienling gebreek het, tydens die swangerskap laat verlede jaar.

“Tebogo Tsotetsi het Pretoria News en Piet Rampedi in kennis gestel van die tienling, gebaseer op inligting wat hy van sy meisie ontvang het. Die familie het nooit beweer dat hulle die tienling gesien het nie en hulle het staat gemaak op die telefoniese en WhatsApp-bevestigings van die meisie,” lui die verklaring.

Die familie het kontak verloor met Gosiame Sithole, die ma van die beweerde tienling, en omdat haar selfoon afgeskakel is, het hulle ʼn saak van ʼn vermiste persoon aanhangig gemaak. Pogings om haar en die babas te sien was alles tevergeefs.

“Die saak bly sensitief en kommerwekkend, veral omdat ons nie weet waar Gosiame haar bevind nie. Ons doen ʼn beroep op die publiek om nie verder enige geld te skenk of geld in enige bankrekening in te betaal vir die tienling nie.”

Die familie waardeer die publiek se belangstelling en ondersteuning vir die tienling, maar met geen bewyse van hul bestaan nie, glo die familie dit is in die belang van almal om tot die slotsom te kom dat hulle nie bestaan nie – totdat daar anders bewys kan word.

“Ons sal nou ons aandag daarop toespits om Gosiame op te spoor terwyl ons bid vir haar veilige terugkeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

anniekiewiet ·

Die familie se woordvoerder wat met ander media gepraat het, moet maar uitsluitsel gee. Die kêrel wat langs haar op die foto sit, kan nie nou net skouers optrek nie. Maar ek glo lesers hier sal begrip hê vir die familie se bekommernis en geen afbrekende kommentare plaas nie.

Nie Verbaas ·

Wys mens hoe ver hulle dink, asof dit iets is wat mens kan wegsteek.

Eerlik ·

Daar was alreeds soveel bydraes gemaak vir hierdie “tienling”. Pa is werkloos, en ek is seker die Ma ook. Indien hierdie storie wel n klug is hoop ek die hele familie word aangekla vir bedrog!

piket ·

wonder waar is die miljoen, gaan die skenker dit nou terug eis?

My siening ·

Die skenkers wou moes so gou op die banwagon spring, verloor die les in van die lewe!

Rita ·

Ek glo nie sy is werklik vermis nie; sy lê laag nadat daai tienling ballon i haar gesig opgeblaas het. Ek hoop van harte die storie kry nou n einde aangesien sy nou haar moment of fame gehad het. Sy behoord van bedrog aangekla te word. En die ergste is dat mense met so n mentaliteit mag stem!

Keelvol ·

EK’t dit stilweg vermoed. Dit wys weer net eens net Noor vinnig die media n storie plaas sonder om eers al die gegewe feite te bekom. Mense moet versigtig wees om sommer net donasies te maak. Daar word van jou goedhartigheid misbruik gemaak.

piet ·

Korrek, die verslaggewer het ‘n twiet gesien en toe net die storie geplaas sonder om die egtheid na te gaan. Groot stories in ander media oor sy onprofessionaliteit. Natuurlik is die betrokkenes by die aangeleentheid self nie onskuldig nie want hulle speel toe al te lekker saam nadat die twak geplaas is. Noudat die paw-paw die fan geslaan het, is almal kwaad vir mekaar.

Hydi ·

Hahahahaha!!!! In ons donker dae in Afrika was hierdie ‘n ligpuntjie gewees. Hoop die meisie is ok.

annie ·

Nee wat 10/10 vir ‘n weerspieèling van die chaos en deurmekaar inligting aan die pers en die res. Nou weet ons presies… nie wat aangaan nie. Nie die familie of amper-familie of die regering, al die hospitale en minister Chele en die kritici van diè artikel en ek ok nie… Dis volle die waarheid.

koos10 ·

Kan die pers onbutman asb die storie van die koerant ondersoek. Duidelik was iemand lus vir aandag.

Daizee ·

Waar is die Dept van Maatskaplike Werke?! Hulle het dan kwansuis laat weet die ma met die vraggie babas is in hulle sorg tot verder kennisgewing???!!!!

isabelle ·

BEDROG! dink ook sy kort dalk hulp :( wow nou sien die wereld ALWEER wat gaan aan in Suid-Afrika aaai tog

Mariana ·

Als gaan oor geld en hoe maklik dit uit goedgelowige mense gekry kan word. Hier is weereens bewys dat mense te maklik glo wat aan hulle opgedis word en dat die media nie altyd seker is van hul feite voor hulle die stories die wêreld instuur nie. Daai vrou moet ook gaan vir sielkundige waarneming as sy nou dink dat die liegstorie deur almal geglo sou word. Gierigheid is ‘n lelike ding.

piet ·

Hierdie storie moes nooit die media gehaal het nie. Die verslaggewer het blykbaar op ‘n tweet staatgemaak en nooit die storie self geverifieer nie. Groot storie oor sy onprofessionaliteit op ander mediablaaie.

Cora ·

Wat gaan eerste gevind word? Die Kruger Miljoene of 10 kinder met dieselfde DNA en geboorte plek en datum

Anya ·

Hulle plan was nie mooi deurdink nie. Dit het gestop by al die skenkings…
Toe begin intelligente mense vrae vra.

marius ·

Ek moes my bestuurders lisensie hernieu en het amper veertig krokodille gekraam toe hulle na ure se gestaan vertel hulle het nie vorms nie .

JohanR ·

Daai maag lyk asof hy een van daai “bouncing balls” in het wat jy op oefen in die gym, of jy gebruik hom by die werk in plaas van ‘n stoel. Lekker gelieg maar dit is die ANC se Afrika soe lieg is nou “second nature!” En daar het ou Iqbal Survé het’n miljoen rand aan die pa gegee!

Cecilia ·

Was sy ooit swanger. Hkm verdwyn sy nou net?
Was n slim set om geld te kry.
Hoop hul vang hasr en sluit haar toe vir bedrog!
SIEK MAN

Danie ·

Hahahaha daai was al daai komberse van haar wat sy onder daai rok gedruk het.

Althes ·

Die omroeper moes eerder die feite verifieer het voordat hy daardie glips gemaak het deur net aan te neem sy het ñ tienling.
Sy het haar naam, die omroeper se naam en SA met ñ plank geslaan.

Spook ·

Iqbal Surve het vir die “pa” ‘n miljoen rand, seker van die OBK af, gegee. Gaan nou seker sy geldjies terugvra?

Danie ·

Dit is nou weer n lekker skelm streek. Wat word nou van al die geld wat al in hul rekeninge betaal is. Hou seker lekker vakansie.

Jerry ·

Hierdie storie was van die begin af maar vol gate. Duideluk net n klomp twak, net jammer die media eet dit soos soetkoek op!

Tubac ·

Hierdie is beslis n eerste om geld by mense te kry. Verreweg die beste korrupte plan nog.

AH ·

Seker in dronkenskap uitgedink, want hulle moes mos dink dat die wêreld sou belangstel om die 10 babas te sien en hul vordering en oorlewing dop te hou. As dit die waarheid was was dit een vir Guinesses Book Of Records. Kon hulle nie dink dat die geverifieer sou word nie?? Siestog, toe maar 2+ 2 nie 10 nie!

Tewis ·

Ek lees al die berigte oor die vrou se stories en al wat ek net kan sê is dat dit bedrog is !!! Want “daardie ” babas sal verseker nie eers 800 gram elk weeg nie so watter plek het sommer net10 breikaste vra maar net???

DIABLO ·

Ek het van dag een af gedink, sy het net die braaivleis saam met die Weber opge-eet. Hehehe

Elinette ·

Ha-ha-ha!!!! Ja, dit lyk nogal na ‘n Weber wat onder daai rok versteek is – sy het seker maar net die pote laat afsaag.

Blikkies ·

Sy moet eerder haar van verander na ‘Tsotsi’ want sy weet hoe om te lieg..

Klipkop ·

Waar anders as in Afrika sal jy hierdie snert kry wat as nuus verkoop word.

Piet parys ·

Bedrog dagvaar hulle
Wie is in elke geval stupid om geld te skenk .

Winnie ·

Hoe weet die kêrel nie wat aangaan nie. Hy deel dan bed met haar. Hy sou mos agterkom as haar kollesale maag skielik plat is. Duidelik was hierdie scam om geld uit goedgelowige mense te wurg. Skaam julle

Yolandie ·

Ek het geweet hierdie storie is onwaar. Net bly ek het nie vir die bedrogspul geval nie, want daar is geen manier dat ek mense subsidieer wat onverskilliglik soveel kinders in die wereld bring met die wete dat jy nie vir hulle kan sorg nie. As daar nog mense is wat geld aan die bedrieers betaal dan is dit hulle eie verlies.

Elinette ·

Flip weet, daar is ook geen einde aan hierdie mense se vermoë om hulle tot bedrog en korrupsie te wend om geldelik voordeel te trek nie. NATUURLIK is daar geen tienling gebore nie … ek bedoel, regtig? Sou ons dan nie immers al met verloop van tyd gehoor het van die vrou wat TIEN babas verwag, wat sonder mediese ingryping swanger geraak het met ‘n tienling, nie? En intussen het die mense geld geskenk, want die vrou het onomwonde verklaar dat sy nie vir die tien babas kan versorg nie. Ek hoop sy EN die “boyfriend” word van bedrog aangekla, vervolg en gevangenisstraf opgelê.

Anoniem ·

Nou toe nou, daar het jul dit! Gedink dit is te dik vir ‘n daler.

Ria ·

Ek kan nie glo daar is mense wat dit geglo het nie. 10 Babas sal nie sonder hospitalisasie kan oorleef nie, want hulle sal almal geïnkubeer moet word. Dan lieg die hospitaal mos saam

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.