Fase 3-beurtkrag duur voort tot Donderdag

(Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

JONGSTE: Die kragvoorsiener het Sondagmiddag om 16:00 gesê dat fase 2-beurtkrag tot Maandagoggend om 05:00 ingestel sal word. Fase 3-beurtkrag geld daarna tot Donderdag om 05:00. 

Eskom sê weens volgehoue kragopwekkingsprestasie en die herwinning van noodreserwes vir die komende week, sal fase 4-beurtkrag nie meer Sondagmiddag om 16:00 ingestel word soos vroeër gekommunikeer nie.

Fase 3-beurtkrag sal nou tot Donderdag, 18 Januarie 2024 om 05:00 voortduur.

Die kragvoorsiener sê sy kragsentralebestuurders en hul spanne werk onverpoosd om seker te maak dat 2 721 MW van kragopwekkingskapasiteit teen Woensdag in diens gestel word.

Altesaam 8 843 MW is tans nie beskikbaar nie weens beplande instandhouding. Altesaam 13 981 MW is nie beskikbaar nie weens onbeplande kragonderbrekings.

Eskom monitor die stelsel noukeurig en sal inligting verskaf sodra beduidende veranderings plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

electricmango ·

Net so, julle gaan dalk aan bewind wees tot Jesus kom maar daar gaan beslis nie krag wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.