Fase 3-beurtkrag oor naweek ingestel

Argieffoto

Eskom het Saterdag aangekondig fase 3-beurtkrag sal vandag vanaf 09:00 toegepas word tot Maandag om 05:00.

“Ondanks verskeie eenhede wat Vrydagaand teruggekeer het op die stelsel, sal fase 3-beurtkrag toegepas word weens die gebrek aan kapasiteit en om noodreserwes aan te vul,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

Die kragvoorsiener het sedert 06:00 ʼn gebrek aan 10 612 MW weens onbeplande onderbrekings en 6 574 MW weens roetine-instandhouding. “Die stelsel is kwesbaar en enige bykomende veranderinge op die stelsel kan op kort kennisgewing ʼn wysiging aan die fase meebring.”

Eskom het gesê hy vra om verskoning vir die kort kennisgewing. Die kragvoorsiener het Suid-Afrikaners ook daaraan herinner dat beurtkrag waarskynlik oor die volgende 18 maande sal voortduur terwyl kritieke instandhouding gedoen word.

Beurtkragskedules vir Eskom-klante is beskikbaar op Eskom se webwerf. Munisipale klante kan hul betrokke munisipaliteit se webwerf besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pierre ·

Kom ons raai, dit gaan aanhou tot hulle hul verhoging kry, en dan is als weer reg…

Strandloper ·

Sou pretig gewees het as dit Donderdag al gebeur het….dan kon ons Vrydag die gemors opgeruim het en weer n slag normaal asem gehaal het…dink net!

Hugh ·

The ANC has made our country a grotesque spectacle where the lights are kept on at all costs to enable an annual presidential delusion about bullet trains, only to be plunged into powerlessness once the ruler is safely back at his generator-powered mansion.

Jan ·

Hulle kon my in De Ruyter se hoogsbetaalde pos aangestel het. Al noemenswaardigheid wat hy nog kwytgeraak het was om te se ons gaan nog vir agtien maande 18 maande beurtkrag he.
Ek sou se ons gaan nog beurtkrag he totdat die stelsel heeltemal in duie stort. En ek dink my voorspelling is meer akkuraat as syne

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.