Fase 4 en 5 tot verdere kennisgewing

(Argieffoto: Dall-E)

Weens die ineenstorting van opwekkingseenhede by drie kragstasies oor die afgelope 24 uur geld beurtkrag fase 4 en 5 tot verdere kennisgewing.

Fase 5 is Maandag om 16:00 ingestel wat tot Dinsdag om 05:00 voortgeduur het. Die beurtkragfases sal daarna tot fase 4 afgeskaal word, wat tot Dinsdag om 16:00 geld en deur fase 5 vervang sal word.

Dié skedule sal dan tot verdere kennisgewing voortgaan.

ʼn Opwekkingseenheid elk by die Arnot-, Tutuka- en twee eenhede by die Duvha-kragstasie het die afgelope 24 uur onklaar geraak.

Die herstel van opwekkingseenhede elk by die Medupi-, Matla- en Tutuka- en twee opwekkingseenhede by die Hendrina-kragstasie is boonop vertraag.

Volgens Eskom sal die herstelwerk aan die beskadigde torings by die Cahora Bassa- hidroëlektriese skema in Mosambiek eers teen volgende week voltooi wees.

ʼn Opwekkingseenheid elk by die Camden-, Lethabo-, Kriel-, Majuba- en Matimba-kragstasie is suksesvol herstel en weer in werking.

Altesaam 4 659 MW is tans weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 17 622 MW weens onbeplande herstelwerk nie beskikbaar is nie.

Eskom versoek lede van die publiek om hul kragverbruik te verminder en elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ek sal nie verbaas wees indien ons fase 10 vanjaar 2023 gaan beleef nie. Niks in Mzansibabwe kan my meer skok nie. Maar die Ekonomiese Wêreldkompeteerbaarheid Draak gaan die beoordelaar wees van die doen en late van die ANC en sy kuiken, die EFF.

Snowball ·

Hou moed, Ram(b)okgopa is klaar oppad, ek het die bloulig- brigade vroeg vanoggend hier sien verbygaan op die onttolde R21 – daai man gaan vir hulle wys wat is die lêktriek daar by Megawattlose Park.
(Of dalk was dit net Lindiwe se stoet van 17 wat kom blyplek soek in Tembisa?)

Gerhard ·

Ha ha ha…..Eskom versoek dat ons kragverbruik moet verminder en krag spaarsaming gebruik…..watse krag, julle is deur die dinges. Ons krag is sulke lang tye af dat ons nie krag het om spaarsaming te gebruik nie en as die krag wel aan is, dan maak almal kos en kry alles reg wat hulle moet regkry terwyl hulle wel krag het, hoe op aarde moet ons dan nog krag verminder. Ek moes gister aand weer vars produkte in my yskas weggooi wat netnie dit maak nie. Besighede kan nie hierdie druk wat Eskom veroorsaak hanteer nie. Ag, ek weet nie meer nie, maar moet asseblief nie met die snert kom dat ons kragverbruik moet verminder nie, waarheen moet ons dit verminder????

TruthDealer ·

Hulle bedoel seker ons moet gasstowe gebruik vir kook. En water vir skottelgoed en lywe was, op daai gasstoof kook. Of buite oor die vuur soos in die ou dae. Hulle verwag seker ook ons moet generators koop en diesel daarvoor. Sodat wanneer daar krag is, ons dit net gebruik vir phone charging. Kerse vir lig. Terwyl gasstowe en generators in Die land n baie goeie idee is, is dit duur om alles so aan die gang te hou. En hoeveel kerse moet mens dan koop? Ai ja nee wat ek weet nie jong…soos die oumense altyd gesê het: “Jaaa jong, Dis nou maar n sad storie die”. Dit was die beleefde manier om eintlik iets anders te sê.

Amelia ·

Ons moet minder gebruik dat hul meer kan gebruik moet seker maak is meer as r50000 ander verloor hul mos elektriese toe laag wat tax payer moet betaal

KB ·

Waar kom die opwekkingseenhede se onderdele vandaan? Taiwan, China, Indië, Korea , Kuba of Rusland…die goed hou net eenvoudig nie.

Nie Verbaas ·

Eskom moet ons nie maan om krag spaarsamig te gebruik nie. Raak ontslae van al die onwettige verbindings sodat die betalende verbruikers krag kan hê.

Koen ·

Dit breek dalk as klippe in pleks van kole “verbrand” word. Of hulle sit die goed sommer af. ‘n Lekker speletjie.

Martin ·

Die kragnetwerk in Suid Afrika het alreeds ‘n paar mannde gelede ineengestort. Die enigste manier waarop ons land tans ons netwerk aan die gang kan hou op sekere plekke vir sekere tye is om beurtkrag toe te pas. Dit is ongelukkig ‘n korttermyn oplossing en dit sal definitief nie 2 jaar duur om die kragnetwerk uit te sort soos Eskom amptelik gesê of afgekondig het nie. Indien julle begroting dit toelaat en julle dit kan bekostig moet julle kyk na alternatiewe oplossings hetsy dit deur ‘n hybrid stelsel of sonkrag stelsel is om stelselmatig selfvoorsienend te raak en stadig maar seker weg te beweeg van ons regering se patetiese infrastruktuur. Ek wil nie ingaan die redes waarom ons kragnetwerk ineengestort het nie ons almal weet… Fase 8 beurtkrag is net ‘n kwessie van tyd en ek hoop en bid dat dit nie tot op daardie vlak sal gaan nie.

Koen ·

Uhmmm, daardie kort termyn oplosssing is al meer as tien jaar in plek. Dis nou beurtkrag.

Samuel ·

Eskom sal nou spoedig reggeruk word deur die nuwe minister van lêktrieks. Ek kan nie my gebruik van elektrisiteit verminder nie; waarheen?

Papsak ·

Die ANC regering en kaders moet ontslae geraak word van dan sal Eskom regkom en hierdie hele land maar solank hulle aan bewind bly gaan alles ten gronde by die uur hier sal vinnig in getree moet word as hulle nog iets wil red

Republikein in die Wes Kaap ·

Te laat. Ons is reeds verby kantelpunt.

Republikein in die Wes Kaap ·

Metros is reeds op fase 8. Langer beurtkrag as geskeduleerde fases 4 en 5 word amptelik toegeskryf aan probleme by substasies of kabeldiewe. Dis liegstories om nie paniek te veroorsaak nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Andre de Ruyter se laaste advies aan Allan Winde was om die Wes Kaap so vinnig moontlik van die netwerk af te kry want Eskom sink vinnig. Winde, stig ‘n energie agentskap hier en stel De Ruyter aan as CEO.

Wynand ·

Kerse en wag staan beurte is ons voorland Eskom sonder om negatief te wees se dae is verby

Peter ·

Lekker julle patete, ou spoegbek en trawante mos gedink dis Andre De Ruyter se skuld dat ons load shedding het

Elma ·

Gaan google asb Andre de Ruyter at Nampak dan lees jy na hoeveel “sukses” die man wat skielik almal se held geword het, daar behaal het. Sy track record is NIE GOED NIE.

hantie ·

Die advertensie van Eskom op radio wat sê kabel diewe moet aangemeld word, hulle beroof ons van krag vir wie weet wat als terwyl Eskom self ons beroof daarvan om krag te hê….daardie advertensie maak my sommer siek. Dis blatante blame shifting!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.