Fase 4 en 5 weer ingestel

(Argieffoto: Unsplash)

Fase 4- en 5-beurtkrag sal van Maandag af weer Suid-Afrikaners se voorland wees.

Fase 4-beurtkrag sal Sondag om 16:00 vir 24 uur ingestel word. Fase 5 sal dan daarna volg en van Maandag om 16:00 tot Dinsdag om 05:00 van krag wees.

Die beurtkragfases sal daarna tot fase 4 afgeskaal word, wat tot Dinsdag om 16:00 geld en deur fase 5 vervang sal word.

Dié skedule sal dan tot verdere kennisgewing voortgaan.

Oor die afgelope 24 uur is ʼn opwekkingseenheid by die Arnot-kragstasie in diens gestel en ʼn opwekkingseenheid elk by die Kriel-, Medupi- en Tutuka-kragstasie het in dieselfde tydperk onklaar geraak.

Die herstel van opwekkingseenhede elk by die Duvha-, Medupi- en Tutuka-kragstasie en twee eenhede by die Hendrina-kragstasie is vertraag.

Volgens Eskom sal die herstelwerk aan die beskadigde torings by die Cahora Bassa- hidroëlektriese skema in Mosambiek eers teen volgende week voltooi wees.

Altesaam 4 600 MW is tans weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 17 008 MW weens onbeplande herstelwerk nie beskikbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nie Verbaas ·

En die sindikate floreer. Die belastingbetaler se geld vloei in die sakke van die hopeloses in.

Casper ·

Nou wat gaan nou aan,wie gaan Mantashe nou die skuld gee want de Ruiter is mos nou weg of het hy net iemand gesoek om die sondebok te maak om die ANC se eie mislukkings te verbloem. Hulle het toevallige die gemors veroorsaak by eskom.

Republikein in die Wes Kaap ·

Moenie bekommerd wees nie. Die kragminister het ‘n vyf punt plan.

SjN ·

Hulle is so deurmekaar, krag word ongeskeduleerd aan en af gesit, weet hul ooit hoe werk die fases?

Frederik ·

En daar begin die bose kringloop alweer. Geweet dit is te goed om waar te wees. Eskom kan maar net sowel die liggies permanent afsit. Die mense dink hulle verskaf inligting aan 4 en 5 jarige kinders, en al die inligting gaan soos soetkoek op ge eet word. Weereens wat kan ons as belasting betalers daaraan doen? Absoluut niks!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Eintlik is die burgers maar soos kleuters.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.