Fase 5-beurtkrag is terug!

(Foto: Natsuki via Unsplash)

Eskom het aangekondig dat fase 5-beurtkrag vanaand vanaf 22:00 tot môre 05:00 ingestel word.

Dit is ten einde opgaardamvlakke oornag aan te vul en om voldoende noodopwekkingsreserwes te handhaaf, sê die kragvoorsiener.

Fase 4-beurtkrag sal van Dinsdag om 05:00 van krag wees tot verdere kennisgewing.

“Eskom sal verbruikers inlig indien enige verdere veranderinge plaasvind.”

Eskom het Sondag gesê altesaam 16 646 MW is tans nie beskikbaar nie weens tegniese foute. Altesaam 5 107 MW is afgeskakel vir beplande instandhouding.

Oor ʼn tydperk van 24 uur word geen krag van Cahora Bassa ingevoer nie, weens beplande instandhouding. Dit sal na verwagting Maandagoggend na normale vlakke terugkeer.

Gedurende dieselfde tydperk is ʼn eenheid by Tutuka-kragstasie afgeskakel vir herstelwerk en ʼn eenheid elk by Duvha, Kendal, Kriel en twee eenhede by Arnot weer in diens gestel.

Die vertraging om ʼn eenheid elk by Hendrina, Kendal, Matimba en Matla weer aan te skakel, het bygedra tot die huidige beperking in kapasiteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

SjN ·

Minister van elektrisiteit, hoe nou? Jou oddend en aand praatjies stem nie ooreen nie, diesel seker ook klaar, pateties. Viva

Danie ·

Sien en daar lieg die minister van energie alweer. Hy is die enigste een met “krag” Krag om te lieg soos al hul meelopers

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Tring-tring-tring . . . Is dit die presidente daar van al die BRICs lande daar? Dis die Marxistiese ANC hier. Stuur asseblief dringend Eskom-oplossings aan jul Afrika-genoot suid-afrikatjie. Die 2024 Algemene Verkiesings is op hande. Stuur ook baie BRICs valuta vir ons verkieseingveldtog. Amandla! Viva BRICs,

KB ·

Jy kan mos nie ʼn land se bevolking inperk sodat die”ewig slapende” regering sy agterstallige/swak bestuurde werk mag doen nie.

Bolandse Nooi ·

Droom voort indien julle dink dat 2023 se verkiesings vry en regverdig sal wees en ook dat daar NIE volkskaalse burgeroorlog sal uitbreek NIE, as die ANC nie die volstrekte meerderheid kry nie. Droom voort as julle dink die ANC sal ‘n koalisie-regering van opposisie-partye toelaat om te regeer. Droom voort as julle dink hulle sal toelaat dat die Wes-Kaap afstig of dat sekere nasionale verantwoordelikhede afgewentel sal word tot op provinsiale vlak. Droom voort as julle dink SA het ‘n toekoms!

etienne ·

Gelukkig het hulle weereens n verskoning vir die beurtkrag verhoging. Daar was n buitengewone kouefront wat die land getref het.

Bolandse Nooi ·

Is jy seker dit was nie die steenkool wat natgereën het nie?

Hendrik Marthinus ·

Al ooit gewonder of die minister nie probeer regmaak wat de Reyter nie kon doen nie

Cassie Carstens ·

Nee wat, iemand wat nou nog die Minister van kerse en die ANC glo oor beurtkrag, moet sy kop laat lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.