Fase 6-beurtkrag weer Sondagmiddag ingestel

(Foto: Bruno/Pixabay)

Eskom het gesê fase 6-beurtkrag sal weer van 16:00 Sondagmiddag ingestel word tot 05:00 Maandagoggend.

Fase 4- en fase 6-beurtkrag sal dan om die beurt deur die week geld. Dié patroon behels fase 4-beurtkrag wat daagliks van 05:00 tot 16:00 geld en fase 6-beurtkrag wat tussen 16:00 en 05:00 ingestel word.

Die kragvoorsiener sal inligting verskaf sodra enige beduidende veranderings plaasvind.

Altesaam 18 016 MW kragopwekking is tans nie beskikbaar nie weens meganiese probleme. Altesaam 3 987 MW is afgeskakel vir beplande instandhouding.

Tydens die afgelope 24 uur is ʼn kragopwekkingseenheid by Kriel-kragstasie aangeskakel.

Twee ander kragopwekkingseenhede by Kriel en ʼn eenheid by Matla moes egter tydens dieselfde periode afgeskakel word toe dit onklaar geraak het.

Daar is ook ʼn vertraging om eenhede aan te skakel by Arnot, Camden en Kendal en twee eenhede elk by Hendrina- en Tutuka-kragstasies.

Die span werk onverpoosd om seker te maak dat die eenhede so vinnig as moontlik weer in diens gestel word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter ·

Hoe kan jy wat jou krag aankoop beroof word deur om dit nie kan gebruik nie …..Eskom beroof ons….hoe lank is ons in ‘n nuwe Suid Afrika en kon nog nie nuwe kragstasies opgerig nie….dis om van naar te word

melaney ·

Ons area sit nou al 15 ure sonder krag. Elke week sit ons ‘n volle 2 dae (aaneen) sonder krag. Watter fase is dit, as ek mag vra?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.