Fase 6 nou eers weer later ingestel

(Argieffoto: GCIS)

Fase 6-beurtkrag sal nou eers later Vrydag ingestel word nadat Eskom sy noodreserwes genoegsaam kon aanvul.

Fase 6-beurtkrag sou Vrydag van 05:00 af ingestel word, maar volgens Eskom sal dit nou eers van 16:00 tot 22:00 geld.

Fase 4-beurtkrag word tans geïmplementeer en sal tot 16:00 voortduur.

Die kragvoorsiener het geen nuwe inligting bekend gemaak oor watter fases oor watter tye oor die naweek toegepas sal word nie. Eskom het wel vroeër gesê ’n minimum van fase 4 sal oor die naweek ingestel moet word.

Die voortslepende staking, wat Eskom nou reeds dae lank lamlê, het hom genoop om weer fase 6 in te stel.

Eskom sal vandag amptelik sy jongste aanbod aan die vakbonde ter tafel lê. Numsa en NUM het berigte dat hulle reeds ʼn loonooreenkoms van die hand gewys het, as onsin afgemaak.

“Numsa en NUM sal Vrydag met Eskom by die sentrale bedingingsforum onderhandel oor die voorstel wat Eskom ter tafel gelê het. Enige berigte of bewerings in die media wat daarop dui dat ons ʼn aanbod by Eskom óf aanvaar óf verwerp het, is vals,” het die vakbonde in ʼn verklaring gesê.

Lede van Numsa en NUM staak al vir langer as ʼn week nadat loononderhandelings ʼn dooiepunt bereik het. Die betogings het voorvalle van intimidasie en die versperring van paaie na kragsentrales ingesluit.

Eskom het Dinsdag aangekondig die kragvoorsiener en vakbondleierskap het in beginsel saamgestem oor die pad vorentoe wat betref loononderhandelings en dat Numsa en NUM sy lede gemaan het om dadelik terug te keer werk toe.

Hoë vlakke van afwesigheid onder personeel en intimidasie van werkende werknemers by sommige van die kragstasies het egter voortgegaan wat sake bemoeilik het om roetine-onderhoud en ander bedryfsvereistes uit te voer.

Die kragvoorsiener was om dié rede nie daartoe in staat om sommige kragopwekkers in diens te stel nie en het gesê hy is dus verplig om ongekende stappe te doen om noodopwekkingskapasiteit te bewaar en die kragstelsel te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Antie Sarie ·

Nie net is die deurmekaar fases amper gelyk aan fase agt nie. Dit is ook erger as level 5 lockdown vir die ekonomie

Henri ·

Verskonings, verskonings. Die situasie raak net erger met geen oplossing vir ons kragprobleme in sig nie. Die gaping tussen beplande onderbrekings en onbeplande onderbrekings hou ook net aan met verwyd. Pateties.

Elizabeth ·

Dit is net verregaande!! Verwag ESKOM van ons om elke flippen aand kos te koop. Ons kan beswaarlik kop bo water hou met die duur brandstofpryse, ons kry nie verhoging nie en dan sit ons in Northmead nog gereeld met watershedding ook, BELAGLIK verby. Gaan ESKOM ons uitbetaal vir ons toestelle wat oppak?
Nes SAPD, Weermag, Medici, ens is ESKOM ook noodsaaklike diensste. Toe die werkers begin staak het moes hulle al ‘n plan gemaak het. Nou moet ons ly agv hul stupidgeite

Di ·

Geen mens kan byhou met hierdie veranderings wat kort kort aangekondig word nie. Sit alles af totdat die staking verby is en kry klaar

Sons ·

Eskom lieg so deur hulle tande, hulle glo hulleself!!! Eskom, julle het die land gefaal…. kry julle huis in orde!!! Julle is pateties!!!!!

krodedil ·

Elke kragstasie moet meer as 2 weke plus se reserwes “on-site” opberg vir onbeplande probleme wat kan opduik. Ek ruik ‘n rot en dit wil voorkom of Eskom die staking onnodig as verskoning gebruik vir Loadshedding en Eskom Bestuur se te kortkomings.

Andre ·

Waar is die weermag wat veronderstel is om sleutelpunte te beskerm? Ek ruik iets snaaks, iets soos “groen energie”.

Duane ·

Fase 1, Fase 2 of Fase Dingaansdag……Eskom het nie meer ‘n idee hoe, wat of wanneer nie. Ek stem met ander opinies – De Ruiter moet maar gaan, hy kon nie die gemors reg stel wat deur Eskom se voorgangers veroorsaak is nie. Eskom moet maar hulle deure toemaak ” and call it the end of businnes” ….. dit is in elk geval wat gaan gebeur. CR se swaer Motsepe sit juis gereed met sý maatskappy wat elektrisiteit aan alle Suid Afrikaners wil verkoop. Hierdie land van ons word regeer en beheer deur gangsters en rampokkers.

Nie Verbaas ·

En vertel ons bietjie hoekom is niemand nog aangekla vir sabotasie van die infrastruktuur nie. Slapgat regering, dit is hoekom nie. Die ekonomie kan maar ten gronde gaan. Besef hulle watter deur hulle nou oopmaak vir Eskom werkers?

SjN ·

Andre de Ruyter se suster, Genna Reyter gaan nou die job oorneem.

Witbaard ·

So goed soos fase 10 want fase 4 volg op fase 6 sodat ons nou 5 ure aaneen beurtkrag het en dan net 4 ure voor die bolgende een begin

Jr ·

EN RAAI WIE GAAN VIR HULLE INCREASES BETAAL? EK EN JY DIE VERBRUIKER. HULLO

krodedil ·

Jy is reg, dis waarom ons baie krag verhogings sien. SA se krag is tans spotgoedkoop. Dis is ongeveer 55% van wereld krys prys markte. Die ANC sal dit verseker uitbuit

Piet ·

Hoe wonderlik sou dit nie wees om “Beurt-politiek” toe te pas. Elke keer as Eskom se beurt-krag inskop skop beurt-politiek outomaties in waarby die regering glad betaling mag ontvang nie.
Wonder hoe vinning die amptenare dan sal saamwerk.

Owlie ·

Net nog n grap wat hulle probeer vertel…..
Stakers is nie n verskoning nie.
Die publiek betaal ten duurste vir patties dienste.
Privatiseer Eskom
Vervang stakers met eerlike hardwerkendes
Sny onwettige krag af
Sny krag van wan betalers af
Vat al die groot salarisse weg
Staan in eerlikheid op vir die betalende verbruikers
HOE MOEILIK KAN DIT TOG WEES

Keelvol ·

Vandat Andre de ruyter oorgeneem het by eskom dat load shedding alhoemeer hand uit geruk het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.